Ek het so deur die afgelope paar jaar orals gelees van ouens wat 'n bipod suksesvol gebruik. Die geheim, soos ek dit verstaan, is consistent bipod loadingArmand Steenkamp wrote:Arnold, daar is min manne wat so van n bipod af kan skiet!! Ge dan daar vir ons n paar tips man, wat moet jy in gedagte hou as jy goed en konstand van n bipod af wil skiet?
Verkeerde laai van die bipod of om nie die bipod te laai nie beinvloed die recoil siklus en het gewoonlik bipod hop tot gevolg. Jy kan nie suksesvol vanaf 'n bipod skiet met die tegniek wat jy vanaf 'n benchrest gebruik nie.
Natuurlik het die spesifieke bipod wat jy gebruik ook 'n invloed op jou resultate en jy moet oefen met dit wat jy het !!!
Daar is baie om te sien op youtube ... 'n reeks video's wat vir my regtig goed is is die van Magpul.
Ek kan sê dat Tod Hodnett, van Accuracy First, my geleer het maar dit sal nie waar wees nie. Die videos is egter excellent vir die ou wat begin:
Ek kry sommer hoendervleis as ek weer hierna kyk en om dit self te kan doen is amazing!!!
Hier is my geweer in aksie, terwyl ek 'n vriend so bietjie coach. Kyk mooi na die bipod, die posisie van die bene en hoe die geweer terugkeer na sy posisie na recoil. Die geweer recoil sonder dat die bipod se voete beweeg. (die bipod is 'n versapod en dit werk vir my, alhoewel ek 'n verandering sal laat maak sodat die spigot waarop hy mount in die kolf onder die loop sit. Het klaar die spigot hiervoor gekoop)
Hier skiet ek die geweer met die muzzlebrake op, op 1km, merk op dat ek die geweer nie wurg nie en amper na die skoot vang (torque agv die loop se twist) om hom weer terug op teiken te kry. Hierdie werk, maar omdat ek nou sonder die muzzlebrake skiet hou ek hom bietjie meer vas om te help met die recoil en dat ek vinniger weer op teiken is. Mens moet maar self die dinge ook bietjie toets en sien wat werk vir jou ... hoe kan jy dit doen dat dit maklik is om dit elke keer presies dieselfde oor en oor te doen.
Ek het nog baie om te leer en is besig met die proses

