Skiet vanaf 'n Bipod

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Armand Steenkamp wrote:Arnold, daar is min manne wat so van n bipod af kan skiet!! Ge dan daar vir ons n paar tips man, wat moet jy in gedagte hou as jy goed en konstand van n bipod af wil skiet?
Ek het so deur die afgelope paar jaar orals gelees van ouens wat 'n bipod suksesvol gebruik. Die geheim, soos ek dit verstaan, is consistent bipod loading
Verkeerde laai van die bipod of om nie die bipod te laai nie beinvloed die recoil siklus en het gewoonlik bipod hop tot gevolg. Jy kan nie suksesvol vanaf 'n bipod skiet met die tegniek wat jy vanaf 'n benchrest gebruik nie.

Natuurlik het die spesifieke bipod wat jy gebruik ook 'n invloed op jou resultate en jy moet oefen met dit wat jy het !!!

Daar is baie om te sien op youtube ... 'n reeks video's wat vir my regtig goed is is die van Magpul.
Ek kan sê dat Tod Hodnett, van Accuracy First, my geleer het maar dit sal nie waar wees nie. Die videos is egter excellent vir die ou wat begin:




Ek kry sommer hoendervleis as ek weer hierna kyk en om dit self te kan doen is amazing!!!


Hier is my geweer in aksie, terwyl ek 'n vriend so bietjie coach. Kyk mooi na die bipod, die posisie van die bene en hoe die geweer terugkeer na sy posisie na recoil. Die geweer recoil sonder dat die bipod se voete beweeg. (die bipod is 'n versapod en dit werk vir my, alhoewel ek 'n verandering sal laat maak sodat die spigot waarop hy mount in die kolf onder die loop sit. Het klaar die spigot hiervoor gekoop)




Hier skiet ek die geweer met die muzzlebrake op, op 1km, merk op dat ek die geweer nie wurg nie en amper na die skoot vang (torque agv die loop se twist) om hom weer terug op teiken te kry. Hierdie werk, maar omdat ek nou sonder die muzzlebrake skiet hou ek hom bietjie meer vas om te help met die recoil en dat ek vinniger weer op teiken is. Mens moet maar self die dinge ook bietjie toets en sien wat werk vir jou ... hoe kan jy dit doen dat dit maklik is om dit elke keer presies dieselfde oor en oor te doen.




Ek het nog baie om te leer en is besig met die proses :)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by LUAN »

Hier is ook n klein stukkie oor die tegniek wat die ou gebruik (http://www.6mmbr.com/308win.html)

Froggy's Tips on Shooting from Bipod

Q: Whats the best technique for shooting a .308 from bipod? Does Free Recoil ever work?

Froggy: Free recoil will not produce the desired result with a .308. I tried that more than a couple of times. No dice. My technique works for me. But I won't argue with the way Tony Boyer shoots a 6PPC.

And don't even think of shooting free recoil off a bipod. It just doesn't work because you don't want those legs bouncing backwards out of control.

When shooting with a bipod it is essential that the bipod be adjusted properly for elevation and cant. The bipod must be of good quality. I like Harris swivel bipods with notched legs. When the bipod is set up properly, and if you push slightly forward with the rifle to firm up the 'pod's legs, excellent results can be realized with lots of practice.

Q: You've mastered the "hard-hold" shooting style. How do you grip and steady the stock?

Froggy: I use a classic wrap-around grip on the stock, similar to that of most professional tactical shooters. The rifle is pulled hard back into my shoulder and the tip of the pad of my right index finger on the lower part of the trigger.

90% of my focus after I'm dialed in is in the trigger pull. The other 10% is in the cheek weld and the crosshair to target relationship.

Again trigger pull will kill you if the correct technique is not employed. The trigger must be squeezed gently straight back; any twisting, pushing or moving side to side will put you out of business. I practice in the dark by dry firing repeatedly. Most of my feel training is done in a dark room, no distractions, my sensitivity and muscle memory are greatly enhanced.

Q: What is best advice to newbies looking to improve their accuracy?

Froggy: The most accuracy that you can get out of a .308 (or any centerfire rifle for that matter) will always be by handloading your own ammunition. You can tune the load to your gun and realize its full potential.

My suggestion to a new shooter would be to get some good instruction from a pro, take a class in precision shooting, read everything you can about all of the shooting sports and get on the internet if you have access and talk to forum groups. Most of these guys will give you tons of
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Froggy wrote:if you push slightly forward with the rifle to firm up the 'pod's legs

The rifle is pulled hard back into my shoulder
Ek het al die stuk gelees en soos als is daar goeie en slegte info. Wat hier bo staan is taamlik teenstrydig en wat baie skuts doen is om die bipod te laai en dan die geweer terug te trek in hulle skouer en so is die bipod dan nie meer gelaai nie.

Die geweer moet nooit terug getrek word nie, jy moet jou lyf vorentoe skuif as die posisie nie reg is nie. Die opstel van jou posisie is net so belangrik soos om die voorste en agterste rus op 'n bench op te stel.
Die probleem wat inkom as jy die geweer terug trek is indien hy dan op teiken is laai jy nie weer die bipod nie want anders skuif jy weer van teiken af. Indien die bipod nie altyd dieselfde gelaai word nie is die recoil siklus nie altyd dieselfde nie en jou POI verander.

Wat die skrywer sê en wat hy doen is dalk effens verwyder van mekaar in die sin dat soos hy sê hy die geweer agtertoe trek is die geweer eintlik reeds in sy skouer en die geweer self beweeg nie agtertoe nie. Mens moet dit so lees anders gaan jy sukkel.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by LUAN »

Ja ek het ook gesien dat jy moet in hom le anders hop hy.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by PWV »

Arnold
Verskoon nou maar die dom vraag, maar as mens nie antwoorde op jou dom vrae kry nie, leer jy niks.
Wat bedoel jy met die "laai van die bipod"? Is dit hoe die geweer op die bipod lê? - elke keer in dieselfde posisie - selfde gewig op bipod?

Dan sien ek ook in bogenoemde dat jy nie die geweer so styf vashou nie, terwyl Foggy dit styf teen sy skouer druk.

Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Geno »

Pieter Willem Vorster wrote:Arnold
Wat bedoel jy met die "laai van die bipod"? Is dit hoe die geweer op die bipod lê? - elke keer in dieselfde posisie - selfde gewig op bipod?
Laai beteken dat jy die bipod onder spanning sit, MAW die geweer vorentoe druk, en sodoende die bipod se bene onder spanning sit.

Kyk teen watse hoek is Arnold se bipod:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Bipod.png
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

presies soos Geno sê. Oom Pieter, lees mooi wat ek skryf en ook wat froggie sê oor recoil. Ek het met die MB geskiet en daarom was daar min recoil. Ek skiet nie meer so nie omdat ek nie meer die MB gebruik nie en hou die geweer nou bietjie stywer vas.

Mens moet baie versigtig wees met hoe jy die geweer vashou en dat jy nie ongewenste spanning op die geweer sit nie. Hoe minder inspanning van jou kant af hoe beter want dit makliker om te dupliseer as wat jy geweer vashou en wurg met 'n death grip.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Soos Geno mooi uitwys let op die bipod se bene voor ek skiet en dan gedurende recoil. Die geweer beweeg sonder dat die bipod hop. Indien jy nie die bipod laai nie is die beweeg ruimte vir die bene te min en dit noodsaak dat die bipod hop en jy bont skiet.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by PWV »

Arnold wrote:presies soos Geno sê. Oom Pieter, lees mooi wat ek skryf en ook wat froggie sê oor recoil. Ek het met die MB geskiet en daarom was daar min recoil. Ek skiet nie meer so nie omdat ek nie meer die MB gebruik nie en hou die geweer nou bietjie stywer vas.

Mens moet baie versigtig wees met hoe jy die geweer vashou en dat jy nie ongewenste spanning op die geweer sit nie. Hoe minder inspanning van jou kant af hoe beter want dit makliker om te dupliseer as wat jy geweer vashou en wurg met 'n death grip.
Ek het dit gelees, maar dit wil vir my voorkom asof Froggie die geweer té styf vashou. Soos jy sê, hoe minder inspanning van jou kant af, hoe beter - daar is 'n optimum van spanning wat beter stabiliteit verseker.

Dankie vir die inligting. Om op 100 meter te skiet verg gladnie soveel tegniese aspekte as om op 800 meter te skiet nie en as jy die tegnieke vir langafstandskiet op korter afstande toepas, kan jy net verbeter.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by FHM »

Interressante pos!

Stel julle skerpsutters julle bi-pods los - om te kan swivel na die kante toe, of draai julle dit vas (rigid)?

Ek het Harris op wat kan los of vas stel
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Kallie Fernhout »

Arnold en Geno
Julle manne wat nou almeer die bipod tegniek onder die knie het watter tipe fabrikaat of maak sal jul voorstel
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Kallie Fernhout »

goeie vraag FHM sal graag ook wil weet wat daai antwoord is
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by WitWillem (Charl) »

Ek het nou sommer daai manne se DVD bestel !
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by LUAN »

Ek stel myne se swivel redelik styf vas maar hy werk homself los na n tyd. Ek gebruik die Caldwel Xla 9-13". Hy het "notched" bene wat goed is om te he. Hy kan cant maar nie van links na regs beweeg. Die fancy harris bipods het seker al daai ekstras.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Carl »

Dankie Arnold. Ek besef nou waar my probleme is. En nog baie oefening.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Die versapod is nice want jy kan tilt en pan. As jy onbewustelik pan met n harris kan dit tot gevolg hê dat jou bipod spring gedurende recoil. Mens moet oefen met wat jy het om seker te maak wat die beperkinge op jou stelsel is.

Indien die bipod styf genoeg gestel is om hom maklik te laat beweeg maar dat hy tog sy posisie behou maak dit die opstel van jou posisie makliker. Met my opstelling is my bipod taamlik los maar soos ek die bipod laai raak hy stywer. As ek dus nie die bipod laai nie val die geweer na n kant toe so dit help my eintlik.

Ek hou van hoe vinnig die versapod van die geweer kan afhaal en opsit. Dit werk vir my maar Harris werk ook vir baie ander ...
Daar is ander bipods beskikbaar maar teen n koste en hulle is ook minder bekend net soos die taktiese tipe skiet ook maar onbekend is.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Piet Pille »

Baie dankie vir 'n interresante post Arnold. Ek skiet ook vanaf 'n Harris bi-pod op my .270Win, maar let wel - nie langafstand nie ! (slegs tot op 300m vir jagdoeleindes). My Bipod kan ook nie kantel en swivel nie. Ek stem egter saam met oom Pieter- dit sal goed wees om die regte tegniek aan te leer, selfs vir korter afstand toepassings ook.

Ek het agter gekom dat die groepe swakker is (selfs op 100m) sodra die bi-pod "spring" tydends recoil. Ek het egter nog nooit gehoor van die bene "laai" nie en sal dit graag wil probeer. Wat ek wel agter gekom het is dat die groepe beter lyk as ek die geweer voor op die basis van die bi-pod vasshou met effense afwaartse druk terwyl ek skiet. Ek reken dit is maar bloot omdat dit keer dat die Bi-pod "spring" en siende dat ek met 'n KD op skiet is die recoil van die .270 reeds min.

Is dit beter om die voorste hand heel weg te hou van die geweer af (soos op die video) of kan dit help om die geweer meer stabiel te hou en die "wip" te verminder?
Last edited by Piet Pille on Wed May 15, 2013 3:10 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Doomslayer »

Ek het baie sinvolle inligting gekry oor skietpsosisies en "laai" van die bipod by snipers hide se online training seksie.

My enigste irritasie is die harris bipod se standaard rubber pote skuif rond op 'n harde oppervlak soos 'n klipplaat in die veld. Dit maak dit vrek moeilik om die loading reg te doen. Ek is nog op soek na engieering firma wat vir my skerppunt pote kan draai vir my bipod.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Dit kan help om die geweer voor vas te hou en so moet jy eksperimenteer om te vind wat vir jou werk. Die loop wip kan baie toegeskryf word aan kolf ontwerp en daarom word die kolwe vir langafstand skiet so ontwerp dat recoil reguit agtertoe oorgedra word.

Wat Doomslayer sê oor die skuif van pote is baie waar en daarom is dit so moeilik om vanaf n concrete bench met n bipod te skiet. As jou bipod skuif laai hom ook dalk teveel, hy moet net net nie skuif nie.
Anders kan jy kyk na die tipe pod-claws, ek vind egter die rubber voete is n goeie kompromie. Ek twyfel egter sterk oor ski-feet op n bipod wat gelaai moet word.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by PWV »

My ondervinding van die geweer met die los hand êrens na die voorpunt toe vashou, is dat daar nou nog 'n paar spiere is wat gespanne is en op die geweer inwerk. (Nou nie dat my ondervinding watse is nie). Daar is tog 'n mate van polsslag wat dan ook op die geweer oorgedra word.
Ek wil so min ander faktore op die geweer laat inwerk as moontlik tydens die skietproses. Maar as dit vir iemand anders werk, dan werk dit! So, Pieter, as jy die bok laat val terwyl jy die voorpunt op die bipod vashou, dan werk dit!

Arnold, ek leer baie hier. Jy moet nog vertel!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

oom Pieter, party gewere noodsaak jou om hom voor vas te hou. Hierdie sou ek egter nie onder die draad bespreek nie aangesien die kombinasie van kaliber en kolf ontwerp die geweer ongeskik maak vir herhaalbare langafstand prestasie.

Dus, dit is n algemene jag geweer wat moet gebruik word onder sa jagters se reëls en bepalings van hoe vêr jy etiese skote op wild mag vat ;)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by swc-tr »

Hier is praktiese resultate wat verkry is vanjaar tydens die F-TR proewe gehou in Bloemfontein, om die SA Protea F-TR span te kies wat in Augustus in die VSA vir die F-Klas wêreld langafstand kampioenskap gaan meeding.

Dit is 7 skote geskiet op 900m met 'n .308 vanaf 'n bipod, die groep meet ongeveer 135mm of .52MOA.
F-TR_900m group.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Arnold »

Schalk, ek trek nie die manne se vermoë in twyfel nie maar hulle skiet darem van ander tipe bipods af as wat hier van gepraat word (die meeste elkgeval).
Die meeste FTR bipods sien ek meer soos 'n bewegende voorste rus as 'n bipod.
Help asb as ek onder die verkeerde indruk is.

Steeds bly die ouens se prestasies merkwaardig en ek stem saam met Schalk dat as jy regtig wil leer gaan praat bietjie met die manne en speel saam. Toe ek die eerste keer op 600m saam met die ouens skiet het my wiele heeltemal afgeval (308). Toe ek weer gaan saam skiet met die 260 kon ek nie lekker regkom op 500m nie, so deur die skiet het die manne gekyk hoe ek daai geweer benader en hulle raad het my resultate op 600m dadelik verbeter en ek het beter op 600m geskiet as wat ek sonder hulle hulp op 500m kon doen ...
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Gerhard »

Arnold,

Dankie vir die video clips van Magpul

Ek het dit nou baie geniet...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Skiet vanaf 'n Bipod

Post by Jean Marais »

Skuus, ek vra ook seker nou 'n dom vraag, maar hoe werk hierdie beginsels soos hierbo bespreek is op 'n wapen met heelwat skop, soos bv my 308Norma, of 'n 300 Winmag. Soos ek dit verstaan moet hierdie wapens stewiger vasgehou word. Is ek reg in die aanname?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply