http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130515_101549_zpsd8383ac8.jpg
By STS gearriveer het ons vinnig als af en uitgepak en na 'n koppie koffie en beskuit, is ons uit veld toe. Ons het net twee en 'n half dae gehad om te jag, so ons moes elke minuut benut. Ons het ook besluit om te jag en te stap so ons is diep in die duine ingevat en dan sou ons stadig terugwerk blyplek se kant toe.
Met die intrapslag het ons op 'n spannetjie springbokke afgekom, net onder teen die duin waaroor ons gekom het, maar daar wees geen ramme in die troppie nie en ons is af teen die duin, deur die "straat" en op uit teen die volgende duin. Nog 'n straat verder en ons het op blouwildebeeste afgekom en daar was een op my lysie ! 'n Vinnige hande viervoet en toe 'n "leopard crawl" bekruip het ons bo-op die duid tussen gras laat eindig met die blouwildebeeste so tussen 150m en 180m weg van ons. Die bul wat ek wou vat, het agter kameeldoring gaan staan en ons moes wag. Die res van die trop was rustig en baie het nog rondgele in die warm winter sonnetjie. Die bul het uiteindelik nader gestap en uit agter die boom uit. Ek was reg vir hom met die geweer wat op my rugsak gerus het, afstand was omtrent 175m. Die bul het effe na my toe gestaan en met die klap van die skoot het ek geweet dis raak... maar die bul het te sterk gelyk na hy so 50m gedrafstap het. Deur die verkyker kon ek sien dat die skoot agter die blad getref het, maar met die hoek het die 180gr NorthFork punt, die vitals gemis en is uit by die pens.
Dis hier waar ek begin sweet het. Ek het al gesien hoe ek die res van die middag agter die gekweste wildebees gaan aan hardloop deur die duine. Die bul het egter nie ver daarvandaan weer onder boom gaan staan. Hy het nie wel gelyk nie, en die res van sy trop het in die teenoorgestelde rigting verdwyn oor die duin. Ons is op ons boude in die sand af teen die duin, versigtig om soveel moontlik bosse en bome tussen ons en die bul te hou. Nader en nader het ons gekom tot onder 'n kameeldoring. 'n Boomwortel wat skeef in die grond gegroei het, het 'n welkome rus gebied vir waar ons nou op meer gelyke grond gaan sit het. Die bul het met die skoot net op die plek geval en omgerol en doodgegaan. Die skoot was hoog op die skouer en het die rugwerwel uitgehaal. Die punt het beide blaaie en rugstring gepenetreer en net onder die vel aan die verste kant gesit. Die skoot is om 165m gemeet.
http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/1_zps0170ec90.jpg
Die 180gr NorthFork, het hom nog nie geweeg nie, sal more die gewig plaas. 162.4gr geweeg
http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130520_071355_zps48c2480a.jpg
http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130520_071436_zps6e12e75e.jpg
Die res van die eerste middag het ons agter gekweste springbok aangeloop, wat ek te hoog en deur die kamme geskiet het, ons het daai bok ongelukkig nie gekry nie en dit was dan ook my eerste bok wat ek "verloor" het.
Dag 2 en met my gemoed op bietjie van 'n laag na gister se gesukkel, is ons agter my hoofdoel aan ... 'n elandbul. 'n Trofee bul was nie op die lys nie, net 'n jonger bul vir vleis. Ons is afgelaai en die lug het geruik na bietjie reen. Ons het begin stap en ons het nog gestap en teen 11u het ons nog nie 'n eland van 'n dag oud gesien nie. Ek was maar redelik moeg maar nog nie moedeloss terug by die huis vir middagete. Die middag terug in die veld het ons darem 'n trop koeie en kalwers raakgeloop, maar nog niks van die berugte 5 bul trop gesien nie. Ons het baie gemsbokke en springbokke verby gestap op soek na die elande. Ons moes daardie dag met lee hande terug gaan huistoe.
Volgende oggend het ons bietjie langer op die voertuig gebly en het na sowat 'n halfuur die elande op duin gewaar. Hulle was wakker en het nie van die bakkie gehou nie. Ons is eers terug om van die anders jagters te gaan aflaai en is toe terug in die rigting waar die eland troppie behoort te wees. Ons is so paar duine weg afgelaai en ons het begin stap. Daardie oggend was seker die koudste oggend van die hele week en ons het omtrent gebibber, maar na die eerste 100m of so, het die bloed darem weer begin vloei en het ons bietjie opgevang met die elande, of so het ons gedink.
Die eerste keer wat ons die elande gesien het, was hulle in 'n straat ver onder en voor ons. Ons is terug na die anderkant van die duin en het bietjie vinniger probeer stap. Die wind was in ons gesigte en het nie enige probleme voorsien nie. Weer terug op die kruin van duin het ons weer gesoek na die elande, hulle was nie daar waar ons gedink hulle gaan wees nie. Iets op die duin het egter my oog gevang en deur die verkyker kon ek die bul se boud tussen bosse sien, seker so 300m voor ons, 'n sekonde later was hy weg en ek kon net die punte van sy horings sien beweeg bokant die bosse uitsteek. Stadig het ek weer opgestaan en deur my verkyker gekyk, niks ! Hulle is weg, het hulle ons gesien ? Ons is stadig vorente en op hulle spore gekom waar hulle 5 minute vroeer beweeg het. Onder in die straat kon ons hulle nou sien en hulle het rustig verder gewei maar was op pad in die rigting van die droee Kuruman rivier. 'n Troppie springbokke met 'n paar wakker ramme, het dinge vir ons moeilik gemaak en die elande is rivier toe. Ek dink nie hulle het ons ooit gewaar nie, maar die onrustigheid van die springbokke, het hulle dalk beitjie vinniger laat beweeg as wat hulle plan dalk was.
Met die springbokke agter ons, het ons nou redelik vinnig tot binne skietafstand van die elande gekom. Hulle het egter aanhou beweeg en met die klomp bome langs die rivierloop, het ons nie maklik 'n skoot gekry nie. Na nog 'n bietjie rondbeweeg en agtervolg het ons ons kans gekry. 'n Effens wal het vir ons wegkruipplek gebied en ons het bo op die wal gele en wag. Die elande het verby gekom op so 175m en die skoot het geklap... Die bul het so 50m verder omgeval.
http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/2_zps0be16c66.jpg
Die punt het net onder die vel gestop nadat die 'n ribbe getref het en toe deur die verste blad gegaan het. (Moet ook nog geweeg word) 176gr geweeg
http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130520_071158_zpsb3f88aa5.jpg
Die blouwildebees het 97kg uitgeslag en die Elandbul so 202kg, maar Robbie se skaal se net so rapsie onder 200kg, so wie is ek om te stry !
NorthForks 180gr met S365 gelaai, so 2,670 vps gemiddeld gemeet.

