Eerste eland en Kalahari jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Eerste eland en Kalahari jag

Post by gillie »

So breek die dag uiteindelik aan... Dis 15 Mei 2013 en ek is vroeg die oggend op die pad tussen Schweizer en Vryburg nadat ek die aand in SR oorgebly het. Ek ontmoet die res van die jag-groep in Kuruman en na 'n vinnige ontbyt by Wimpy, is ons weer 08:30 op die pad. Die padverleggings toets my geduld maar as ons wes draai by Hotazel raak die pad ewe skielik doodstil en ek kan ewe skieliek nie die liedjie "Ver in die ou kalahari" uit my kop kry nie. By Van Zyls en ons is amper daar... wel, amper soos in nog ongeveer 140km grondpad.

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130515_101549_zpsd8383ac8.jpg

By STS gearriveer het ons vinnig als af en uitgepak en na 'n koppie koffie en beskuit, is ons uit veld toe. Ons het net twee en 'n half dae gehad om te jag, so ons moes elke minuut benut. Ons het ook besluit om te jag en te stap so ons is diep in die duine ingevat en dan sou ons stadig terugwerk blyplek se kant toe.

Met die intrapslag het ons op 'n spannetjie springbokke afgekom, net onder teen die duin waaroor ons gekom het, maar daar wees geen ramme in die troppie nie en ons is af teen die duin, deur die "straat" en op uit teen die volgende duin. Nog 'n straat verder en ons het op blouwildebeeste afgekom en daar was een op my lysie ! 'n Vinnige hande viervoet en toe 'n "leopard crawl" bekruip het ons bo-op die duid tussen gras laat eindig met die blouwildebeeste so tussen 150m en 180m weg van ons. Die bul wat ek wou vat, het agter kameeldoring gaan staan en ons moes wag. Die res van die trop was rustig en baie het nog rondgele in die warm winter sonnetjie. Die bul het uiteindelik nader gestap en uit agter die boom uit. Ek was reg vir hom met die geweer wat op my rugsak gerus het, afstand was omtrent 175m. Die bul het effe na my toe gestaan en met die klap van die skoot het ek geweet dis raak... maar die bul het te sterk gelyk na hy so 50m gedrafstap het. Deur die verkyker kon ek sien dat die skoot agter die blad getref het, maar met die hoek het die 180gr NorthFork punt, die vitals gemis en is uit by die pens.

Dis hier waar ek begin sweet het. Ek het al gesien hoe ek die res van die middag agter die gekweste wildebees gaan aan hardloop deur die duine. Die bul het egter nie ver daarvandaan weer onder boom gaan staan. Hy het nie wel gelyk nie, en die res van sy trop het in die teenoorgestelde rigting verdwyn oor die duin. Ons is op ons boude in die sand af teen die duin, versigtig om soveel moontlik bosse en bome tussen ons en die bul te hou. Nader en nader het ons gekom tot onder 'n kameeldoring. 'n Boomwortel wat skeef in die grond gegroei het, het 'n welkome rus gebied vir waar ons nou op meer gelyke grond gaan sit het. Die bul het met die skoot net op die plek geval en omgerol en doodgegaan. Die skoot was hoog op die skouer en het die rugwerwel uitgehaal. Die punt het beide blaaie en rugstring gepenetreer en net onder die vel aan die verste kant gesit. Die skoot is om 165m gemeet.

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/1_zps0170ec90.jpg

Die 180gr NorthFork, het hom nog nie geweeg nie, sal more die gewig plaas. 162.4gr geweeg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130520_071355_zps48c2480a.jpg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130520_071436_zps6e12e75e.jpg

Die res van die eerste middag het ons agter gekweste springbok aangeloop, wat ek te hoog en deur die kamme geskiet het, ons het daai bok ongelukkig nie gekry nie en dit was dan ook my eerste bok wat ek "verloor" het.

Dag 2 en met my gemoed op bietjie van 'n laag na gister se gesukkel, is ons agter my hoofdoel aan ... 'n elandbul. 'n Trofee bul was nie op die lys nie, net 'n jonger bul vir vleis. Ons is afgelaai en die lug het geruik na bietjie reen. Ons het begin stap en ons het nog gestap en teen 11u het ons nog nie 'n eland van 'n dag oud gesien nie. Ek was maar redelik moeg maar nog nie moedeloss terug by die huis vir middagete. Die middag terug in die veld het ons darem 'n trop koeie en kalwers raakgeloop, maar nog niks van die berugte 5 bul trop gesien nie. Ons het baie gemsbokke en springbokke verby gestap op soek na die elande. Ons moes daardie dag met lee hande terug gaan huistoe.

Volgende oggend het ons bietjie langer op die voertuig gebly en het na sowat 'n halfuur die elande op duin gewaar. Hulle was wakker en het nie van die bakkie gehou nie. Ons is eers terug om van die anders jagters te gaan aflaai en is toe terug in die rigting waar die eland troppie behoort te wees. Ons is so paar duine weg afgelaai en ons het begin stap. Daardie oggend was seker die koudste oggend van die hele week en ons het omtrent gebibber, maar na die eerste 100m of so, het die bloed darem weer begin vloei en het ons bietjie opgevang met die elande, of so het ons gedink.

Die eerste keer wat ons die elande gesien het, was hulle in 'n straat ver onder en voor ons. Ons is terug na die anderkant van die duin en het bietjie vinniger probeer stap. Die wind was in ons gesigte en het nie enige probleme voorsien nie. Weer terug op die kruin van duin het ons weer gesoek na die elande, hulle was nie daar waar ons gedink hulle gaan wees nie. Iets op die duin het egter my oog gevang en deur die verkyker kon ek die bul se boud tussen bosse sien, seker so 300m voor ons, 'n sekonde later was hy weg en ek kon net die punte van sy horings sien beweeg bokant die bosse uitsteek. Stadig het ek weer opgestaan en deur my verkyker gekyk, niks ! Hulle is weg, het hulle ons gesien ? Ons is stadig vorente en op hulle spore gekom waar hulle 5 minute vroeer beweeg het. Onder in die straat kon ons hulle nou sien en hulle het rustig verder gewei maar was op pad in die rigting van die droee Kuruman rivier. 'n Troppie springbokke met 'n paar wakker ramme, het dinge vir ons moeilik gemaak en die elande is rivier toe. Ek dink nie hulle het ons ooit gewaar nie, maar die onrustigheid van die springbokke, het hulle dalk beitjie vinniger laat beweeg as wat hulle plan dalk was.

Met die springbokke agter ons, het ons nou redelik vinnig tot binne skietafstand van die elande gekom. Hulle het egter aanhou beweeg en met die klomp bome langs die rivierloop, het ons nie maklik 'n skoot gekry nie. Na nog 'n bietjie rondbeweeg en agtervolg het ons ons kans gekry. 'n Effens wal het vir ons wegkruipplek gebied en ons het bo op die wal gele en wag. Die elande het verby gekom op so 175m en die skoot het geklap... Die bul het so 50m verder omgeval.

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/2_zps0be16c66.jpg

Die punt het net onder die vel gestop nadat die 'n ribbe getref het en toe deur die verste blad gegaan het. (Moet ook nog geweeg word) 176gr geweeg

http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/20130520_071158_zpsb3f88aa5.jpg

Die blouwildebees het 97kg uitgeslag en die Elandbul so 202kg, maar Robbie se skaal se net so rapsie onder 200kg, so wie is ek om te stry ! ;D.

NorthForks 180gr met S365 gelaai, so 2,670 vps gemiddeld gemeet.
Last edited by gillie on Wed May 22, 2013 6:51 am, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by Geno »

Mooi storie, Gillie.

STS is nou maar eens dié mooiste plaas in ons land!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by Gerhard »

Mooi jag verslag Gillie!!

Geluk met die twee bokke.

Jammer om te hoor van die kwes bok.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by henried »

Baie geluk, mooi storie.
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by Marc »

Baie geluk Gillie, mooi storie ;)
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by Piet Pille »

Baie geluk Gillie.
Ek was nou saam met jou oor daai duine. Soos jy beskryf het- te voet oor die duine en deur die strate - is sekerlik een van my gunsteling maniere om te jag! Ek het sover nog net springbokke op die manier gejag, maar wil graag nog 'n gemsbok ook op hierdie manier jag.

Jy't my nou maak verlang terug na daai rooi sand toe!
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by gillie »

Dankie almal

Ja Pieter, ons groep het vooraf besluit dat ons net eenkeer kalahari toe gaan gaan, want dis te so en dis te dat... Ons het basies vooraf besluit om nie weer te gaan nie... Wel, ons beplan reeds ons trip vir volgende jaar....
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by DWB »

Baie Mooi Bokke!

Lyk my daai Northforks doen die ding mooi!

Nogals opgewonde oor daai koeels! Wil hulle self probeer!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by Cor Jacobs »

Gillie,
Baie mooi vertel en mooi fotos.
Soos Pieter Vorster sê is ons mal oor die duine jag. Ongelukkig met die droogte hierdie jaar hier in Nam lyk dit al hoe meer daai voorreg gaan ons nie beskore wees nie. Gelukkig is daar manne soos jy op die forum wat julle stories deel! Geniet die steaks en biltong!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by FHM »

Ai-ai-ai ou Gillie hoe laat jy my hartspiere nou sommer lam word met heimwee man! Ek het baie daai pad gery en by daai afdraai gestaan paar jare terug toe ek nog in Kathu / Kuruman was. Jy het julle trip baie goed vertel en dankie vir die deel met fotos. Baie geluk met julle suksesvolle trip. ;) Ek gaan nou eers buite staan en sulk...! :(
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by theedge »

Baie geluk, mooi storie.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by GreyGhostGear »

Dankie vir 'n lekker storie Johan, nou net wat 'n man so op 'n Maandag middag nodig gehad het!
Lekker week daar..
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by JPS »

Sjoe,

Dit het my net no meer vasberade gemaak om 'n kalahari trippiemte doen.

Dankie vir lekker storie en mooi foto's.

Mooiloop
JP
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by 2vierniks »

Mooi gegooi!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Eerste eland en Kalahari jag

Post by KalahariKlong »

Lekker storie, dankie vir die deel.
Jammer oor die springbok, dit is maar nie lekker nie maar dit gebeur.
Dis voorwaar mooi wereld, die sand sal verewig nou in jou are vloei.

Groete
KK
Post Reply