Vark jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Vark jag

Post by Robert »

Naand al die mense

Ek het die naweek 'n nuwe ding beleef. VARKE jag. Nie die vlak of bos - tipe nie ,maar die mak tipe wat wild geraak het en 'n verpesting geraak het.

Die varke loop in digte Persopis bosse en die rivierloop. So 'n jag bestaan uit rivierbedding loop en bekruip, digte doringbosse kruip en voorle( soos die hinderlaag tipe).

My arms en lyf is maar deur getrek en vol skrape en blou kolle, maar dit was die moeite werd.
Image

Image
Ons het 15 otte geskiet. 2 grootes en die res speen size.

Die werk is dan nog nie klaar nie want die otte moet eers uit gesleep raak en dan oop gemaak word. Glo my as die manne flut met jakkies sal daar 'n groot gekots wees met die pens uithaal slag. Die varke se binne goed stink behoorlik. :P

Die varke is geslag en in die vrieskas en volgende week trek ons op na die noorde vir bietjie vleis.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Vark jag

Post by Monrique (SJ) »

Robert

Lyk my julle kerels was omtrent besig. Klink na lekker sports.
Waar het julle die varke geskiet?

Groetnis

SJ
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Vark jag

Post by Robert »

SJ
man, dit is groot pret. Meeste word n die hardloop geskiet in die sand lope. Dit is soos kleiduif skiet grondlangs met koeel geweer. ;D

Ons het die span tussen Loeriesfontein en Kakamas geskiet.

Robert
Oorwining deur opleiding
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3310
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Vark jag

Post by Christo »

Robert

Mooi gedaan man.

Ek pes nou al lank die ouens daar on Riebeeck Kasteel vir so 'n jag. Daar is groot varke maar nie so volop nie. Hulle rig glo groot skade aan in die koring en wingerd, maar tot nou is dit net baie praat en min niks doen.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

Re: Vark jag

Post by Theo E »

looks like you had lots of fun !
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Vark jag

Post by Freek »

Maggies, hier sien ek 'n ding wat ek dog net in Amerika 'n probleem is. Nou begin dit al hier by ons ook...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Vark jag

Post by frinam »

Robert, geluk met die varke, klink na "sports". Sien ook die "mouter" wat jul gebruik is klas man!! ;), glo nie 'n Landie sou soveel "varke" kon "handle nie, sorry Papa Brits, so 'n houtjie na jou kant toe 8). Robert jul moet probeer om die varke gat eerste(boontoe) te hang, op die manier bloei hul beter uit en die pensreuke raak nie so gou erg nie. Ander manne met meer ondervinding kan dalk ander planne gee maar dit is maar my 2c soos boeta FM altyd se. Mooi week-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Vark jag

Post by Robert »

Frinam

Die varke het eers hakke bo gehang. Ons het die varke gewas en die bekken oop gesaag en so kop hoog gehang vir die water om af te loop.

Jy sal verbaas wees hoeveel vlooie en klein bosluisies die otte op het. Ons het omtrent die jollie juk gehad voor ons ons self met doom bespuit het. :o ??? :-\

Sy vleisies smaak sommer voorentoe. :D
Oorwining deur opleiding
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Vark jag

Post by Rooies »

Robert
Toe ek nog in die kaap was het ons altyd naweke die selfde soort varke gaan jag daar in Hopefield en Bergrivierstasie se area op die koring plase wat teen die bergrivier l?.

My oom het  vertel dat die varke afkomstig is van die remotes wat na aan die rivier gebly het en dan as die rivier afkom neem hy die varke saam en daar in hopefield en vellerif maak dit sulke vleie waar hulle uitspoel en het hulle toe wild geraak en leef in die vleie en van koring en aartapels.
Meeste van die wat ons geskiet het was swart, maar dan het almal gesoek na die Bantam (soos die van julle) wat die troefee van die nag was.

Ons het hulle dan afgeslag soos jy skaap slag en selfs my Pa wat n vleis inspekteur was kon nie glo dat dit vark was nie.

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Vark jag

Post by Robert »

Ons het die velle af geslag. Om dooi hare te krap en skraap is nie 'n mens se werk nie.
Oorwining deur opleiding
Ambessa

Re: Vark jag

Post by Ambessa »

Hallo Robert
Robert wrote:...sal verbaas wees hoeveel vlooie en klein bosluisies die otte op het... ...Sy vleisies smaak sommer voorentoe.
...verneem net, dit is mos seker opregte "free range" vleisies...

Ambessa
Post Reply