Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die naweek 'n nuwe ding beleef. VARKE jag. Nie die vlak of bos - tipe nie ,maar die mak tipe wat wild geraak het en 'n verpesting geraak het.
Die varke loop in digte Persopis bosse en die rivierloop. So 'n jag bestaan uit rivierbedding loop en bekruip, digte doringbosse kruip en voorle( soos die hinderlaag tipe).
My arms en lyf is maar deur getrek en vol skrape en blou kolle, maar dit was die moeite werd.
Ons het 15 otte geskiet. 2 grootes en die res speen size.
Die werk is dan nog nie klaar nie want die otte moet eers uit gesleep raak en dan oop gemaak word. Glo my as die manne flut met jakkies sal daar 'n groot gekots wees met die pens uithaal slag. Die varke se binne goed stink behoorlik.
Die varke is geslag en in die vrieskas en volgende week trek ons op na die noorde vir bietjie vleis.
Ek pes nou al lank die ouens daar on Riebeeck Kasteel vir so 'n jag. Daar is groot varke maar nie so volop nie. Hulle rig glo groot skade aan in die koring en wingerd, maar tot nou is dit net baie praat en min niks doen.
Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Robert, geluk met die varke, klink na "sports". Sien ook die "mouter" wat jul gebruik is klas man!! , glo nie 'n Landie sou soveel "varke" kon "handle nie, sorry Papa Brits, so 'n houtjie na jou kant toe . Robert jul moet probeer om die varke gat eerste(boontoe) te hang, op die manier bloei hul beter uit en die pensreuke raak nie so gou erg nie. Ander manne met meer ondervinding kan dalk ander planne gee maar dit is maar my 2c soos boeta FM altyd se. Mooi week-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll just kill you.
Robert
Toe ek nog in die kaap was het ons altyd naweke die selfde soort varke gaan jag daar in Hopefield en Bergrivierstasie se area op die koring plase wat teen die bergrivier l?.
My oom het vertel dat die varke afkomstig is van die remotes wat na aan die rivier gebly het en dan as die rivier afkom neem hy die varke saam en daar in hopefield en vellerif maak dit sulke vleie waar hulle uitspoel en het hulle toe wild geraak en leef in die vleie en van koring en aartapels.
Meeste van die wat ons geskiet het was swart, maar dan het almal gesoek na die Bantam (soos die van julle) wat die troefee van die nag was.
Ons het hulle dan afgeslag soos jy skaap slag en selfs my Pa wat n vleis inspekteur was kon nie glo dat dit vark was nie.
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi
"Forgive your enemies, but never forget their names."