My Vadersdag BWB bul.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

My Vadersdag BWB bul.

Post by Jakkalsgat »

Middag Almal

Ek vertel graag vir julle 'n klein storie oor 'n groot lekkerte, omdat hierdie lang weergawe bestem is vir 'n ander tyd en plek gaan ek julle effe afskeep met al die "datail".

Ek en Werner my 1ste en enigste seun (amper 18) spring Vrydagmiddag hier weg in die Silwervos ( Isuzu ) om 'n groep manne te lei op Weltevrede, wat hulle geskiet, nie geskiet en gekwes het vir die naweek is nie nou van belang nie. Waar die storie begin is Sondag more nadat almal weg is en selfs Piet my getroue handlanger en slagter die kamp verlaat het terug na hul huise en net ek en Wer agterbly. Ons besluit om vir oulaas, hy moet eersdaags gaan vir operasie en sal daarna uit wees vir die res van die seisoen bietjie tyd saam in die veld spandeer en begin met lekker steakbraai en spreek af dat ons daarna 'n draai gaan ry en as ons so voel terug ry huistoe of dalk nog 'n nag oorslaap.

Na ete klim ek vir 'n slag agterop en boeta vat die stokke met die idee, sou ons dan nou Blouwildebees raakloop wat ons die hele naweek ontwyk het sal ons een of so skiet. Met die wegry uit die kamp draai hy eers regs, stop en besluit om links uit te gaan , toe ons by die slagboom verby gaan se ek hy moet stop en die ketting katrol laai net vir in geval. Ons was seker so 20 minute se ry in die veld toe hy my uit my dagdrome losmaak en vir my die BW beeste sommer hier oor die dak wys. Ons maak so kaapsedraai deur die veld en hulle ontwyk ons, ons ry nou terug in die rigting van waar ons gekom het en na sowat 'n kilometer stop hy en sit die vos in trurat, "reverse" so tien tree en daar staan hulle sowat 400 tree van die pad af. Hulle gewaar ons en draf weg, ek sien hulle het nie rerig lus vir hol nie en die wind staan reg en se ons moet bietjie loop en kyk of ons hulle nie kan uitoorle nie. Hy vat die skietstokke en ek dra die roer, ons vat die rigting van die windpomp en kyk hulle kort, kort net om seker te maak hulle is nog daar, die wind is reg en ons kan tussen die bosse loop en wegkruip.

Ons bekruip hulle tot sowat 150m sonder dat hulle ons sien en gaan staan aan die skadukant van 'n Swarthaak en beweeg stadig om tot reg voor die bos steeds in die skadu, ek se vir Werner om die stokke op te stel, toe hulle gereed is bied ek die skoot vir hom aan wat hy van die hand wys en ek se hy moet gaan plat sit.

Die bokke staan sowat 150m en heel regs onder die boom staan 'n bul silwerblou of blougrys van kleur, plankdwars en nie een bok sien my nie, die 6 x 40 Lynx se kruis smelt vas op die blad en die skoot loop soos wat hy beplan is. Met 'n dawwerende knal val die bul in sy spore en die res van die trop hardloop sowat 20 tree en gaan staan weer net om sekondes later op 'n draffie weg te raak tussen die bosse.

Ons gee so minuut of wat kans om seker te maak hy staan nie op nie en ek stuur vir Wer om die 500m terug te stap en die bakkie te gaan haal en stap self om te gaan dankie se en eer te bewys aan my Skepper, by die bok aangekom is hy nie dood nie maar sy vooras is af en is dit vir my nodig om hom te verlos waarna ek kon doen wat ek wou.

Wat 'n vooreg om so dier te kan jag en dit dan nog met jou seun wat jou passie deel te kan meemaak.

Afstand: +- 150m
Geweer: Brno
Kaliber: .30-06
Koeel: 150gr Speer something
Dryfmiddel : 54gr S365
Horinglengte: ???

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG-20130616-00702_zpsd662a0af.jpg

Verder wil ek julle vertel van die laaiery en Volstruis wat my weer wou trap maar dit is deel van die storie wat julle voor sal moet wag. Wat ek wel vir julle kan se is dat 'n man en sy seun laai nie sommer vinnig vir BWB soos 'n rooibok nie.

Ek sit darem vir julle nog so fototjie op.

http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG-20130616-00703_zpsc7d95312.jpg
Last edited by Jakkalsgat on Mon Jun 17, 2013 5:24 pm, edited 4 times in total.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by FHM »

Biksim Jaco dis n mooi BWB daai!
Man jy het kwaliteit-tyd saam die jongman spandeer en dit klink of julle dit terdee genioet het.

Jy lyk vir my "so bietjie moeg" daar agter die bakkie met n amper-gelaaide BWB....die asem uit? hehehehe ++>:

Dankie vir die deel! ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Jakkalsgat »

Franna, jong hies ek fooken moeg man!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Beretta »

Ou maat jy is n yster sterkte met jou seun se operasie mooi bok
Beretta
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by KalahariKlong »

Baie mooi bok en nog 'n meer spesiale oomblik saam met die jong man gedeel.
Lekker vertel, sien uit na die vol storie. Klink of die manne marakas gemaak het.

Groete
KK
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by vlakvark1 »

Geluk Jaco
Dit is n baie mooi BWB daai.
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Piet Pille »

Baie mooi Jaco.
Lekker so saam met die jongman.
My mannetjie word more 3.... so ek moet nog so bietjie wag
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by PWV »

Pieter Vorster wrote:Baie mooi Jaco.
Lekker so saam met die jongman.
My mannetjie word more 3.... so ek moet nog so bietjie wag
Baie geluk, Pieter Willem ? Vorster.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by theedge »

Geluk Jaco
Dit is n baie mooi BWB daai
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Hugov »

Goeie werk Jaco!

Julle moes regtig goed gestalk het.... Ek hoor nog hoe jy blaas as jy in die veld stap
;D ;D ;D
Groete H
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by BRNO (Pierre) »

Lyk my jy en die roer het sommer vinnig vriende gemaak ;) . Baie mooi geskiet, en wat n voorreg om dit met jou seun te deel. Sterkte met sy operasie!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Smiley »

Mooi gedoen span Jaco en seun. Baie mooi BWB daai, geluk.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Geno »

Netjies Jaco!
Lyk so effe of daai bul so bietjie njassawildebees bloed in hom het, met die chevron op sy snotbox...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Braamgr »

Baie geluk, mooi bul
stan man

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by stan man »

boeta!
ek is trots op jou.
ek hoop ek en jy kan gou weer in die veld wees.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Carl »

Geluk Jaco dis 'n baie mooi jag storie. Lekker wegbere in die onthou bank.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Jakkalsgat »

Horings meet 28.5" vir nou :'(
Sarge
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Tue Jul 17, 2012 2:45 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Sarge »

Hi Jakkals, dit is 'n baie mooi bul , tot my vrou sê kyk hoe blink hy ? Hoop sy praat van die bok. !
Groetnis . Sarge
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Geno »

Sarge wrote:tot my vrou sê kyk hoe blink hy ? Hoop sy praat van die bok. !
Ek dink sy praat van daardie vleis kuif...
Goed, beter, 6millimeter!
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by junglejulian »

Jaco is nie bles nie!
Hy het nes ek n Moerse voorkop...
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Jakkalsgat »

Sarge

Dankie my Oom

Geno

Where I am know you soon will be, sooner than you think!

Jou inhame raak self al bietjie groot maar moenie sleg voel, gras groei nie op 'n besige pad nie.

Groete
Jaco
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by Marc »

Geno wrote:Netjies Jaco!
Lyk so effe of daai bul so bietjie njassawildebees bloed in hom het, met die chevron op sy snotbox...

My ook nogal laat wonder.

Mooi gemaak Jaco, mens kan mos nie net altyd die lekker wil hê nie, soms moet 'n man bietjie sweet ook ;D ;D ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: My Vadersdag BWB bul.

Post by 2vierniks »

Wel gedaan!
Post Reply