Ek vertel graag vir julle 'n klein storie oor 'n groot lekkerte, omdat hierdie lang weergawe bestem is vir 'n ander tyd en plek gaan ek julle effe afskeep met al die "datail".
Ek en Werner my 1ste en enigste seun (amper 18) spring Vrydagmiddag hier weg in die Silwervos ( Isuzu ) om 'n groep manne te lei op Weltevrede, wat hulle geskiet, nie geskiet en gekwes het vir die naweek is nie nou van belang nie. Waar die storie begin is Sondag more nadat almal weg is en selfs Piet my getroue handlanger en slagter die kamp verlaat het terug na hul huise en net ek en Wer agterbly. Ons besluit om vir oulaas, hy moet eersdaags gaan vir operasie en sal daarna uit wees vir die res van die seisoen bietjie tyd saam in die veld spandeer en begin met lekker steakbraai en spreek af dat ons daarna 'n draai gaan ry en as ons so voel terug ry huistoe of dalk nog 'n nag oorslaap.
Na ete klim ek vir 'n slag agterop en boeta vat die stokke met die idee, sou ons dan nou Blouwildebees raakloop wat ons die hele naweek ontwyk het sal ons een of so skiet. Met die wegry uit die kamp draai hy eers regs, stop en besluit om links uit te gaan , toe ons by die slagboom verby gaan se ek hy moet stop en die ketting katrol laai net vir in geval. Ons was seker so 20 minute se ry in die veld toe hy my uit my dagdrome losmaak en vir my die BW beeste sommer hier oor die dak wys. Ons maak so kaapsedraai deur die veld en hulle ontwyk ons, ons ry nou terug in die rigting van waar ons gekom het en na sowat 'n kilometer stop hy en sit die vos in trurat, "reverse" so tien tree en daar staan hulle sowat 400 tree van die pad af. Hulle gewaar ons en draf weg, ek sien hulle het nie rerig lus vir hol nie en die wind staan reg en se ons moet bietjie loop en kyk of ons hulle nie kan uitoorle nie. Hy vat die skietstokke en ek dra die roer, ons vat die rigting van die windpomp en kyk hulle kort, kort net om seker te maak hulle is nog daar, die wind is reg en ons kan tussen die bosse loop en wegkruip.
Ons bekruip hulle tot sowat 150m sonder dat hulle ons sien en gaan staan aan die skadukant van 'n Swarthaak en beweeg stadig om tot reg voor die bos steeds in die skadu, ek se vir Werner om die stokke op te stel, toe hulle gereed is bied ek die skoot vir hom aan wat hy van die hand wys en ek se hy moet gaan plat sit.
Die bokke staan sowat 150m en heel regs onder die boom staan 'n bul silwerblou of blougrys van kleur, plankdwars en nie een bok sien my nie, die 6 x 40 Lynx se kruis smelt vas op die blad en die skoot loop soos wat hy beplan is. Met 'n dawwerende knal val die bul in sy spore en die res van die trop hardloop sowat 20 tree en gaan staan weer net om sekondes later op 'n draffie weg te raak tussen die bosse.
Ons gee so minuut of wat kans om seker te maak hy staan nie op nie en ek stuur vir Wer om die 500m terug te stap en die bakkie te gaan haal en stap self om te gaan dankie se en eer te bewys aan my Skepper, by die bok aangekom is hy nie dood nie maar sy vooras is af en is dit vir my nodig om hom te verlos waarna ek kon doen wat ek wou.
Wat 'n vooreg om so dier te kan jag en dit dan nog met jou seun wat jou passie deel te kan meemaak.
Afstand: +- 150m
Geweer: Brno
Kaliber: .30-06
Koeel: 150gr Speer something
Dryfmiddel : 54gr S365
Horinglengte:
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG-20130616-00702_zpsd662a0af.jpg
Verder wil ek julle vertel van die laaiery en Volstruis wat my weer wou trap maar dit is deel van die storie wat julle voor sal moet wag. Wat ek wel vir julle kan se is dat 'n man en sy seun laai nie sommer vinnig vir BWB soos 'n rooibok nie.
Ek sit darem vir julle nog so fototjie op.
http://i1156.photobucket.com/albums/p571/jakkalsgat/IMG-20130616-00703_zpsc7d95312.jpg

