Het besluit ek vat n ekstra paar dae verlof om dit n behoorlike lang naweek te maak en die stad se stof en geraas van ontslae te raak.
Gaan kuier laas Saterdag by Nick en vat sommer die vlieg stokke saam want die weste wind waai kwaai van Vrydag af dat jy nie maklik n vlieg in die water kry nie.
Nick se damme is nou mooi skoon na die koue en die water gras het mooi weg gekwyn. Maar nou is die water kristal helder en ek sien n klomp mooi size forel rond swem diep in die dam...
Die wind bedaar bietjie en draai suid en ek gaan maak n paar gooie...
So amper n uur se oefen om die vlieg lyn mooi gegooi te kry en ek is vas.
Met die skoon water kan ek die vis sien en lyk soos n mooi klas vis maar hy het sy kop in die gras gedryk en water gras op die voorslag gekry wat hom half soos n sak laat baklei...
Ek kyk en kyk weer en besef hier is nie gras betrokke nie hier is n 2kg klas vis aan die lyn.
Toe die groot verrassing dis n MANNETJIE!!!
Ek het seker 20 jaar laas n krom bek gevang omdat hulle baie skaars is agv stocking programe wat basies net wyfies stock.
Nou mooi baklei en amper in die net en hy besluit hy wil nog n draai swem. Maar hy draai en sy kop is mooi reg om te skep...
n tree van die net af pop die vlieg uit!!!
Ek kan ni die teleurstelling beskryf nie...
Maar nou ja dis deel van visvang en kry die lyn terug in die water. So 10min slaan die vis weer die pappa roach vliegie met mening.
Klim uit die water met n paar spronge en weer besef ek ek het n mannetjie weer aan di lyn...
Die keer loop dinge beter


Gou fotos geneem en hy is terug water toe...
Teen die tyd het die wind bietjie gaan le en ons gaan toets gou die gewere. Ek kry darm die gonge met die 3006 raak geskiet op 200m al moet ek die skote in hop...
Saterdag aand braai Nick vir ons kudu steaks... Kyk Nick mag maar toor met somn steak.
Sondag gaan kuier ek by ander vriende op n ander plaas en ry n draai die middag deur die veld...
Hoe lyk die vir n laat middag uitsig...

Ek word toe gevra om Maandag asb n blesbok ram en tak bok ooi saam met my eie blesbok ram vir die boer te skiet want hulle kry nie tyd om te skiet nie...
Nou moet ek eerlik wees ek was teen Sondag aand nog nie lus vir jag nie. Ek is nog steeds in n tipe van hibernasie en rus agv die laaste ruk se werks druk.
En boer op die buur plaas het vir my gese ek mag ook n takbok ram jag vir al die jakkalse wat ek die laaste 2 jaar by hom geskiet het wat skade maak onder sy kallers.
Maandag oggend met son op is ek in die veld en dit lyk so iets...

Die bakkie word gestop en daar word gestap in die duk ryp op die veld maar dit vat nie lank om warm gestap te word nie.
Ek kry die takbokke op die boer se groen voer lande. Die ooitjies split van die ramme en beweeg uit die lande op teen die rante.
Soos ek nader werk aan die lande verloor ek die ramme in die lang tamboekie gras van die kontoere.
Ek stap onder om die lande en besluit om teen die rant uit te beweeg want die ramme loop saam met die ooie en moes ook op beweeg het.
In die middel van die land en eweskielik bars die 5 ramme lins van my uit die kontoer en is oppad vlei se kant toe. Dit lyk of hulle half half wil stil gaan staan by die draad. Ek slaan toe maar dekking met die 3006 op die bipod en toe die tweede ram my n QA skoot gee klap die barnes TTSX 150gr met daai "DUP" geluid op 170m en die ram slaan om...

Vleis skade

Die ram weeg na n dag in die koel kamer 45kg karkas gewig.










