Maandag was jag dag !!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Maandag was jag dag !!

Post by Gerhard »

Ek het lekker gaan kuier op my ou loop plekke in die hoeveld die lang naweek.

Het besluit ek vat n ekstra paar dae verlof om dit n behoorlike lang naweek te maak en die stad se stof en geraas van ontslae te raak.

Gaan kuier laas Saterdag by Nick en vat sommer die vlieg stokke saam want die weste wind waai kwaai van Vrydag af dat jy nie maklik n vlieg in die water kry nie.

Nick se damme is nou mooi skoon na die koue en die water gras het mooi weg gekwyn. Maar nou is die water kristal helder en ek sien n klomp mooi size forel rond swem diep in die dam...

Die wind bedaar bietjie en draai suid en ek gaan maak n paar gooie...

So amper n uur se oefen om die vlieg lyn mooi gegooi te kry en ek is vas.

Met die skoon water kan ek die vis sien en lyk soos n mooi klas vis maar hy het sy kop in die gras gedryk en water gras op die voorslag gekry wat hom half soos n sak laat baklei...

Ek kyk en kyk weer en besef hier is nie gras betrokke nie hier is n 2kg klas vis aan die lyn.

Toe die groot verrassing dis n MANNETJIE!!!

Ek het seker 20 jaar laas n krom bek gevang omdat hulle baie skaars is agv stocking programe wat basies net wyfies stock.

Nou mooi baklei en amper in die net en hy besluit hy wil nog n draai swem. Maar hy draai en sy kop is mooi reg om te skep...

n tree van die net af pop die vlieg uit!!! :):

Ek kan ni die teleurstelling beskryf nie...

Maar nou ja dis deel van visvang en kry die lyn terug in die water. So 10min slaan die vis weer die pappa roach vliegie met mening.

Klim uit die water met n paar spronge en weer besef ek ek het n mannetjie weer aan di lyn...

Die keer loop dinge beter

Image

Image

Gou fotos geneem en hy is terug water toe...

Teen die tyd het die wind bietjie gaan le en ons gaan toets gou die gewere. Ek kry darm die gonge met die 3006 raak geskiet op 200m al moet ek die skote in hop... :laugh:

Saterdag aand braai Nick vir ons kudu steaks... Kyk Nick mag maar toor met somn steak.

Sondag gaan kuier ek by ander vriende op n ander plaas en ry n draai die middag deur die veld...

Hoe lyk die vir n laat middag uitsig...

Image

Ek word toe gevra om Maandag asb n blesbok ram en tak bok ooi saam met my eie blesbok ram vir die boer te skiet want hulle kry nie tyd om te skiet nie...

Nou moet ek eerlik wees ek was teen Sondag aand nog nie lus vir jag nie. Ek is nog steeds in n tipe van hibernasie en rus agv die laaste ruk se werks druk.

En boer op die buur plaas het vir my gese ek mag ook n takbok ram jag vir al die jakkalse wat ek die laaste 2 jaar by hom geskiet het wat skade maak onder sy kallers.

Maandag oggend met son op is ek in die veld en dit lyk so iets...

Image

Die bakkie word gestop en daar word gestap in die duk ryp op die veld maar dit vat nie lank om warm gestap te word nie.

Ek kry die takbokke op die boer se groen voer lande. Die ooitjies split van die ramme en beweeg uit die lande op teen die rante.

Soos ek nader werk aan die lande verloor ek die ramme in die lang tamboekie gras van die kontoere.

Ek stap onder om die lande en besluit om teen die rant uit te beweeg want die ramme loop saam met die ooie en moes ook op beweeg het.

In die middel van die land en eweskielik bars die 5 ramme lins van my uit die kontoer en is oppad vlei se kant toe. Dit lyk of hulle half half wil stil gaan staan by die draad. Ek slaan toe maar dekking met die 3006 op die bipod en toe die tweede ram my n QA skoot gee klap die barnes TTSX 150gr met daai "DUP" geluid op 170m en die ram slaan om...

Image

Vleis skade

Image
Die ram weeg na n dag in die koel kamer 45kg karkas gewig.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maandag was jag dag 1

Post by Gerhard »

Die ram word by die slag plek af gelaai en gou koppie koffie gedrink en ek is oppad lang kamp toe vir n blesbok ram. Die lang kamp se bokke word wild gepoach en hulle wei teen so 120km/h op n gemiddelde dag...

Ek kry n klein troppie en belan my bekruip. En ek bedoel bekruip want die eerste ding wat ek doen is om my knee gards aan te sit daarna my handskoene aan te trek want daar gaan goed gekruip moet word om n skoot te kry.

So lyk die wereld...

Image

Na n goeie kruip sessie kry ek my skoot op 200m en die AB maak "DUP" en die ram stap n draai voor sy petrol op is...

Image

Karkas gewig na dag in die koel kamer was 45kg.

Eet gou brunch by die boer en gaan soek die takbok ooi.

Ek kry hulle in n ou land en na nie n te moeilike bekruip nie skiet ek haar kop skoot op 60 tree...

Daar is nie fotos geneem nie wat die AB het haar kop weg geskiet... :o

Toe vandaar op in die berge om die laaste ram te gaan soek...

Image

Ek kry die trop maar daar is nie n skoot nie en hulle is naby tussen die klippe in die rantjie en toe begin die skaak speel in daai berge.

Dan kry ek hulle binne skiet afstand maar dan staan die ramme nie oop nie of net as alles reg is draai hulle weer met die trop van 35 bokke.

So hou dit toe aan vir amper twee ure en my petrol raak min in die dun lig want brunch is nou laaaank terug. Ek kan nie n te ver skoot skiet nie want teen die tyd stoot die Ooste wind met tye tot 17km/h.

Uiteindelik kry ek toe n ram wat mooi dwars staan in die trop en die oomblik toe hy oop is tussen die bokke klap die skoot en die barns TTSX maak "Dup" op 180m. Ek sien ek het beide die bok se skouers af geskiet en hy val 5 tree van waar hy geskiet is.

Image

Blesbok hart barnes het hom verniel...

Image

In gang wond

Image

Uit gang wond

Image

Blesbok en takbok karkasse...

Image

Beide het 45kg geweeg.

Maandag was beslus n jag dag wat brand hout bymekaar gemaak het. Die tyd in die veld en veral in die berge was verseker van die beste stress ontlaai wat ek in n lang tyd gehaad het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by vlakvark1 »

Baie mooi Gerhard
Klink of jy dit geniet het
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Gerhard »

Dis altyd lekker op Dullies.

Vanoggend het die ryp duk gele

Image
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by JPS »

Sjoe Gerhard,

Dis netjies gedoen, baie geluk. Dit sit nie in alle manne se vermoee om blesbokke op sulke plat veld te "bekruip" nie.

Groete
jP
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by VdWalt »

Ai dit lyk lekker. Raak geskiet daar! Baie geluk.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Maandag was jag dag !!

Post by KalahariKlong »

Lekker Gerhard. Dit klink soos medisyne vir die siel.
Mooi gemaak.

Groete
KK
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by henried »

Baie mooi, kan ons ook daar gaan vis?
Ons soek plek of te ff in Julie...
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by spekieries »

Geluk Gerard baie mooi gegooi.

Daar is defnitief nie enige iets wat so kan batterye laai soos 'n paar dae in die skoon lug nie
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Carl »

Dis nou lekker, vliegstok en 3006 en altwee het mooi gewerk. Geluk met fantastiese jag en mooi geskiet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Marc »

Lekker Gerhard, geluk met die mooi vangs ook maat !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8012
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Arnold »

Baie mooi Gerhard.
Net n vragie as ek mag. Skiet die ttsx en AB op dieselfde plek en hoekom die verskillende koeëls gebruik op dieselfde jag?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Gerhard »

Arnold wrote:Baie mooi Gerhard.
Net n vragie as ek mag. Skiet die ttsx en AB op dieselfde plek en hoekom die verskillende koeëls gebruik op dieselfde jag?
Arnold,

Die TTSX, BT's en AB' s skiet binne n half duim van mekaar op 100m

Ek wou op die jag graag kyk hoeveel verskil daar is n vleis skade tussen TTSX en AB.

Daar is wel n bietjie meer met AB maar nie noemenswaardig baie nie. Maar ek dink as ek die laaste blesbok met n AB geskiet het sou ek beslus meer skade gehaad het.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Reggie Gerber »

Gerhard

Ek kan sien jy het n great naweek gehad. Geluk met die vis en die mooi bokke.
Groete
Reggie
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Born2Late »

Klink lekker.Dis nodig om n bietjie kop skoon te maak.Jy kort nog net n Fisant dan het jy n uitgerekte MacNab gehad.Mooi vertel,my kantoor se mure druk weer vanmore en ek is nou lekker jaloers.
Groete.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Gerhard »

Born2Late wrote:Klink lekker.Dis nodig om n bietjie kop skoon te maak.Jy kort nog net n Fisant dan het jy n uitgerekte MacNab gehad.Mooi vertel,my kantoor se mure druk weer vanmore en ek is nou lekker jaloers.
Groete.

Dankie,

Nee die fisante het my elke oggend wakker geskree...

Daar is darm min wat so mooi is as n bolveld fisant wat skree met die eerste son strale.

Sterkte met die kantoor dit raak rof soms...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Geno »

Oulike storie Gerhard. Dankie vir die deel!
Goed, beter, 6millimeter!
stan man

Re: Maandag was jag dag !!

Post by stan man »

moii gemaak gerhard.
bly om te sien jy kon ook darem n slag in die veld kom.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Chevvy SS »

Lekker man!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Jean Marais »

Gerhard, jy kan 'n storie darem mooi vertel. Volgende keer vat ek jou sommer saam op my jagtog, dat jy my storie ook so mooi kan kom oorvertel.

Mooi gemaak.

Groetnis
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by Gerhard »

Dankie vir die kommentaar,

Dit was regtig n baie lekker dag in die veld...

Toe ek Donderdag aand by die boer stop wil die tannie weet wat is fout...

"Is ek siek"? "Jy lyk soos n spook hoekom is jy so bleek"?

Die tannie kan nie verstaan dat ek die laaste paar maande basies nooit in die son gekom het nie...

Maar het darm lekker son gevang op die arms en gesig die naweek weer. Daai hoeveld son kan hard brand selfs so in die winter.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Maandag was jag dag !!

Post by 2vierniks »

Dit wil gedoen wees met 'n voete jag!
Post Reply