Ek stem saam wat Eugene hier sê. Die boog moet by jou pas.

Nie jy by hom nie.
Iets waarna ek sou kyk is die volgende. Oor 3 maande is die nuwe modelle uit en is verseker beskikbaar na die einde van die jaar. As jy nie gedruk is vir tyd nie sou ek miskien gewag het.
As geld 'n probleem is en jy wil 'n winskopie koop. Kyk watter gesponserde skuts skiet die boog waarin jy belangstel. Maak kontak het hom en onderhandel vir 'n goeie prys. Hierdie skuts word amper in 'n hoek gedruk om die nuutste modelle te skiet want die kopersmark kyk half op na hulle.
Ek wil graag iets byvoeg maar dis my persoonlike siening.
Hoyt het verseker die mees konstante limbs op die mark. Ek ja hulle breek ook al word hulle in die donker replace.
Hoyt se limb-pockets is baie tight en het goeie tolleransies.
Nadeel---Hoyt boee,limbs en parte is duur.
Ek skiet die PSE Dreamseason as jagboog want dit was een van my sponser booe maar ek sal hom vir niks verruil nie. Hy is lig en die spoed is bo gemiddeld. Ek kan gemaklik jag teen 68 pond. As jy limbs breek is daar genoeg spares beskikbaar teen 'n aanvaarbare koste.
Die ander kant van die munt.
Bowtec
Hierdie boog maak verseker naam en het die boogskiet wereld deurmekaar gemaak. Hulle ontwerpers dink en beplan in die toekoms. Elke jaar is daar iets nuuts. Ek het nog nooit een self geskiet nie maar sal beslis in die toekoms na hulle kyk want hulle is reg geprys en waarde vir geld.
Sterkte met jou besluit.