.22 250 Savage VLP in wind

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

.22 250 Savage VLP in wind

Post by Piet Breedt »

Verlede naweek met die vakansie dag op die Vrydag het ek die skiet van Pretoria Practical Shooting Club wat een van die oudste skietklubs in die land is bygewoon. Hulle is hierdie jaar 39 jaar oud en is gelee naby Cullinan. Ek was nou al die afgelope 5 jaar genooi na hul groot skietdag, maar dit het in die verlede elke jaar geval op dieselfde naweek as wat ons oorsee gaan skiet het in die Veldteiken Wereldkampioenskappe.

Hulle skiet oor drie dae Haelgeweer, pistool, centrefire gewere en .22 gewere. Ek het nie vir die haelgeweer en pistool ingeskryf nie, maar wel vir die Centerfire en .22. Die wind het behoorlik gewaai en dit was bitterlik koud, en ons het nog boonop lekker nat gereen. Die wind het tussen 6 en tot 16mph gewaai, en op n stadium heeltemal 180 grade gedraai.

Ek was gelukkig om albei die Centrefire bane te wen. Die 200m wedstryd skiet mens vanaf n sandsakkie le dooierus op 200m, op 150m oor die arms le sonder enige rus behalwe n geweerbelt, 100m sit met n tweepoot stokkie, of soos ek sonder enige rus, en dan vryhand staan op 50m. Vyf skote op elke teiken.

Die lang baan is oor 300 yards le oor n sandsak na n Springbok, Blesbok en 2 x dassies, n meerkat en n eetkoring. Agt skote op elke bok en een elk op die silhouette.


Hierdie is my groep vanuit le dooierus, le oor die arms, sit en vryhand staan

http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 05292b.jpg

Image


Hier skiet ek vryhand staan. Kyk die windvlag op die wal.

http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... b5d471.jpg
Image





Hierdie was van die .22 teikens, alles vryhand staan, geen dooierus. Ek het dit ook gewen, behalwe die "Hol Ot" n running boar. Ek het te min lead gegee vir die Lapua Subsonics waarmee ek geskiet het.

http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 6a3324.jpg
Image



Hier is die trofees wat ek gewen het. Dit was blykbaar die hoogste telling in die 39 jaar van die klub se bestaan in die centre fire afdeling

http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 1f9f1a.jpg
Image
Zack Benade

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by Zack Benade »

Baie Mooi Piet. Die foto's laat my hart vinnig klop.
Mooi geskiet.
Watter .22 rimfire skiet jy?
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by JPS »

Oom Piet,

wereldklas geskiet soos altyd. Bie geluk.

Groete
JP
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by Francois Marais »

Lekker Pieta

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by the kid »

Baie geluk!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by douw »

Baie mooi oom!!

Groete
Douw
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by Reggie Gerber »

Mooi gegooi Piet

See u soon
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 836
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by prohunt »

Baie geluk Piet, mooi geskiet.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by Chevvy SS »

So maak mens! Geluk!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by Stefan764 »

Hoe dan nou anders!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by JTM »

Daars hy Piet. Mooi geskiet!

Baie geluk! Voorspoed met julle opkomende luggeweer veldskiet wêreld kampioenskap in Duitsland.
Jannie Welman
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by Carl »

Geluk Piet dis baie goed geskiet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3942
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: .22 250 Savage VLP in wind

Post by tau »

Sjoe oom dit is goed. Ek het op my CHASA dedicated skiet presies dieselfde teiken en aftstande en maniere van skiet gedoen so maand terug. Die wind het ons gepepper en al skiet jy die bok dood, is die van die skote maar nie in die kol nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply