Hulle skiet oor drie dae Haelgeweer, pistool, centrefire gewere en .22 gewere. Ek het nie vir die haelgeweer en pistool ingeskryf nie, maar wel vir die Centerfire en .22. Die wind het behoorlik gewaai en dit was bitterlik koud, en ons het nog boonop lekker nat gereen. Die wind het tussen 6 en tot 16mph gewaai, en op n stadium heeltemal 180 grade gedraai.
Ek was gelukkig om albei die Centrefire bane te wen. Die 200m wedstryd skiet mens vanaf n sandsakkie le dooierus op 200m, op 150m oor die arms le sonder enige rus behalwe n geweerbelt, 100m sit met n tweepoot stokkie, of soos ek sonder enige rus, en dan vryhand staan op 50m. Vyf skote op elke teiken.
Die lang baan is oor 300 yards le oor n sandsak na n Springbok, Blesbok en 2 x dassies, n meerkat en n eetkoring. Agt skote op elke bok en een elk op die silhouette.
Hierdie is my groep vanuit le dooierus, le oor die arms, sit en vryhand staan
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 05292b.jpg

Hier skiet ek vryhand staan. Kyk die windvlag op die wal.
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... b5d471.jpg

Hierdie was van die .22 teikens, alles vryhand staan, geen dooierus. Ek het dit ook gewen, behalwe die "Hol Ot" n running boar. Ek het te min lead gegee vir die Lapua Subsonics waarmee ek geskiet het.
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 6a3324.jpg

Hier is die trofees wat ek gewen het. Dit was blykbaar die hoogste telling in die 39 jaar van die klub se bestaan in die centre fire afdeling
http://i746.photobucket.com/albums/xx10 ... 1f9f1a.jpg



