Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het gister gou gaan kyk na 'n Swartwitpensbul (3 jaar) wat kruppel loop in sy regter agterbeen. Hy is gepyl, ondersoek en gelukkig is daar geen oop wonde of swelling nie. Ek het ook gekyk of daar nie dalk 'n draad of doring in sy kloukie ingesteek het nie. Hy is gespuit, gemeet en wakker gemaak.
Hy moes die enkel baie erg geswik het want die volk sê dat hy baie beter loop van drie dae terug.
Ek het die foto's afgelaai en iets baie moois gesien op die foto.
Kom ons kyk of julle dit kan sien .
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Die pragtige bul op die foto, jonk en in die fleur van sy lewe. Hy is trots en lyk onverskrokke, hy is vir niks bang nie, hy lyk lus vir die lewe.
En voor hom, is 'n swartwitpens !
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Nee, Ian, jy vra my vas. Ek sien 'n tag nr. 8 aan die oor, maar dit is nou nie vir my iets moois nie. Ek sien ook 'n ou agter die bok waaroor ek nou nie eintlik opgewonde raak nie
Dan sien ek 'n mooi bok met pragtige horings.
Die swartwitpens bul is baie mooi. Die ou agter hom is nou nie 'n oil painting nie, maar lyk na 'n gawe kerel...
Wat vir my egter die mees opmerklik is van die foto is die volgende 2 goed:
1) Daai klomp weiding! Op party plekke in Namibie (soos bv tussen Okahandaja en Otjiwarongo) moet jy ver stap om 'n enkele pol gras te kry..... Dit lyk darem of die vooruitsigte vir reen positief is vir die res van die maand
2) Die feit dat party mense op 'n Maandag oggend buite in die veld kan wees terwyl die res van ons in die kantoor vasgekluister sit!
As ek dink aan die debakel met die leeujag, dan dink ek dit kan wees dat Ian by die pragdier sit sonder 'n geweer in sy hande en/of bloed op die dier se lyf nie - opskrif "No animal was harmed while filming this"
BLOK, DEEG EN RUHAN SLAAN DIE SPYKER OP DIE KOP,
TOE EK DIE FOTO GISTERAAND SIEN BESEF EK DAT DIE JARACAL
EMBLEEM (LOGO) MIN DAE OOR HET EN EK DINK BAIE MANNE DRA
DIT MET BAIE GROOT TROTS. LEKKER OM DIE EMBLEEM ORALSTE TE SIEN
MAAR NET JAMMER DAT TYE EN DINGE VERANDER MET 'N HELSE TEMPO.