Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by HennieC »

Ek dink nie 'n ou mag veld toe gaan na 'n kurses sonder dat hy saam met 'n meer gevorderde ou eers veld toe was nie...my leerskool was Geno en Peet fisies in die veld...die probleem is dalk, dat 'n ou hulle "slegte" gewoontes opgetel het, en daar waar Hennie bv weer saam my uitry, hy weer my "slegte gewoontes" optel...

Cobus ek het mos al gesê ek glo daar aan om dinge prakties te leer.
Soos jy weet steel ek met die oog en oor 8) 8)

Die slegte gewoontes weet ek nie so lekker van nie ::) maar die praktiese gedeelte like ek kwaai!!!
Dankie leer meester.
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Freddie101 »

Manne
Lekker om so oor die skademakers te lees en te sien hoe die manne deelneem. lyk my die topic het heelwat reaksie uitgelok.

Meeste van die goed wat ek nou gaan se is seker reeds gese, maar wil ek weer eens beklemtoon.

Sien Blok het my eiertjie wat op ander topic was weer opgesit Wil net weer se vir my is wit bakkie uit soos reeds genoem.

Louis en ander het grondeienaars reeds genoem. Dit is vir my baie belangrik dat die boer weet waaroor dit gaan en die moets en moenies weet en glo my selfs in my omgewing waar die boere baie skade ly is daar steeds baie onkunde wat teelaarde is vir "fly by nights" . ( Of sal ons hulle somerjagters noem?) Daarom het ek so n stukkie opgestel wat aan al die mense wat ek by jag gee. Ongelukkig het die ingeligte boer ook altyd bure met wie hy jakkalse deel. Dit is ook baie moeilik om as jy die gevangde lammers elke dag sien uit te hou totdat n gesoute jagter by hom uitkom. ( hy het dan net Saterdagaand by die klub gehoor hoe die manne vertel van aldie jakkies wat hulle skiet.)

Swift. Ek hou van hoe jy dink, maar ek wil saamstem dat kursusse beter is as om nikste weet nie. Ek klink nou soos n kenner maar ek leer ook maar nog.

Dan wil ek ook nog byvoeg dat voltydse manne soos Taffie dit nog steeds regkry om jakkalse te skiet waar ander geskiet het.Sal egter seker so paar minder wees en moeiliker. Glo dat die ondervinding hulle help en seker daai los skroef waarvan Swift praat .;) Ek dink ek het ook een want baie aande verkies ek om alleen in die veld te sit bo mense se geselskap. :o :o

Danie. Ek glo ons kan baie stories oor jakkalse se eienaardige gedrag vertel. Net soos by mense moet daar tog ook by hulle verskille en eienaardighede wees. Wat ek wel weet is dat n jakkals ook een van daardie diere is wat baie vinnig leer wat hou n bedreiging vir hom in en sal hy dit vermy. Dink n wit bakkie sal hom onder andere ook vinnger n les leer.

Genoeg
Groetnis
Freddie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

Dankie Danie

Jou storietjies geniet ek baie en veral die: "Jakke is skelm en versigtig en baie skepties en onvoorspelbaar maar nie slim nie. Net baie skelm en versigtig. As hulle slim was het hulle self met skape geboer en te lekker gevreet.".

Ook: "Ek het die kalf hanteer met my hande wat diesel opgehad het van trekker filter bloei. Vanoggend is die kalf opgevreet. Die verhaal dat jakke niks vreet wat deur n mens hanteer is of naby n bakkie of mens was is onwaar. Dit het ek al te veel kere in my lewe gesien.".

Nou ek glo dat jakkalse nie slim kan wees nie, maar so versigtig en gewoonlik geleer uit ondervinding. Wat my egter so bietjie dronk(ek gereeld) het is dat kalf vanmore opgevreet is, hoop nie daars vrek baie jakkalse nie.

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Louis102 »

Net soos by die mens, Danie, kry jy dom jakkalse, slim jakkalse en jakkalse wat dink hulle is slim. (relatief gesproke in jakkals IK-terme) Weet nou nie in watter katagorie ek en jy sou val, as ons jakkalse was nie?

Maar dit ter syde, daar is mos ook verskillende tipe persoonlikhede onder jakkalse ook? Ek's nogal daarvan oortuig. Jy kry die agressiewes, die nuuskieriges en die lawaaigatte - hulle sneuwel gewoonlik eerste. Maar daar is ook die skaames, agterdogtiges, introverte ens, hulle is nie so maklik nie. Die een uitsonderlike ding wat hulle egter redelik in gemeen het, is dat hulle gou-gou leer om gevaar te vermy (behalwe as jou jakkalse heel anders as myne is)

Dit is dus 'n groot fout om alle jakkalse in 1 katagorie te probeer plaas en te veralgemeen, dink ek. Vlekkie gaan jou een of ander tyd verras, het 'n wyse man eendag gesê. My punt is dit: As ons dink ons kan alle vlekke, op alle tipe terrein, met roepjag alleen of met jou ry en lig metode alleen uitroei, maak ons 'n moerse fout (of miskien weet ek net nie genoeg nie) Dit is gewoonlik 'n kombinasie van meer as 1 metode wat die beter vrugte afwerp.

Mooiloop
Louis
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Cobus(Cobb) »

Deel graag met julle die jakkals gedrag.

Ek en Hennie sit aan die voet van 'n lae koppie, koppie lê reg suid van ons en oop vlakte lê reg noord van ons, die wind is seker so 1-2m/s wes na oos.
Rustig geroep met standaard roepmetodes en vlekkie 3a was baie goed ontvang vanuit alle oorde, ons het teen die tyd al 3 wat saamry so ons is rustig en gelukkig.
Tel oge op, so entjie teen die koppie uit (245m later ge-range)
Daai jak sit ewe rustig op 'n klip langs 2 groot gras polle wat hoog uitstaan.
Omdat hy so rustig was, het ek die skoot gevat aangesien hy geen plan gehad het om roeper toe te kom nie. Die skoot was positief en ek het sy hele onderkaak met die Sierra Varmint verwyder..(later gesien natuurlik). Oge verdwyn en ons het nog so rukkie geroep, toe is oge terug, maar nou baie hiperaktief, skiet hom toe op regterblad, die oge het ook vir so sek of wat gewys hy beweeg af en skuins na regs.
Ons het hom, reun so 3-4jr oud loop optel na so ruk se bloedspoor volg, reg by gate wat sterk na brak ruik, maar geen kleintjies gevind. Ons glo die kroos is diep in gate in.
Die vlekkie het wragtig met af kakebeen, weer op sy pos loop sit en gate "opgepas"...toe hy die skoot in die blad vat, is hy al sterwend tot by gate waar hy seker sy familie loop waarsku het voor hy gevrek het...seker so 30meter.
Dat die outjie so kordaat sy huis oppas tot die dood toe, was vir my baie interessant.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Danie Lombard .243

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Danie Lombard .243 »

Ja gonnas ou Taffie, ek het sommer vir die genot van saam gesels betrokke geraak by die onderwerp.

Ek het met n groot slag gister oggend uitgevind hier het jak/jakke by my begin rond beweeg na ek die kalf gekry het wat gevreet is. Eintlik moet ek nie deelneem aan die gesprek nie.

Het het die staaltjies slegs ter interesantheid vertel om n idee te gee hoe divers en uiteenlopend jak en kat gedrag kan wees ten spyte van die kliniese perfekte manier waarop die jak jagters die jakke en katte benader.
Mens is nooit vol kennis nie en die diere veras mens telke male.

En n donker camo bakkie is die beste.

Groetnis

Danie
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

More Danie

Janee ou maat, ons almal leer die heeltyd en ou vlekkie wil maar net nie teleurstel nie. Vol kwinkslae die ou roker. Ek geniet regtig die staaltjies, iets te leer uit elke een.

"En n donker camo bakkie is die beste." en wil ek miskien so bietjie dit anders stel, dit mag die meeste van die tyd beter te werk as witbakkie. Dit voel vir my dat hoe meer dit met die agtergrond wegsmelt hoe beter. In die grasvlaktes sal so khakiekleur seker goed werk?

Mooiloop

Ps. Hoe lyk jou reen?
Danie Lombard .243

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Danie Lombard .243 »

Ons was geseend gewees die afgelope paar dae, voor verlede week 18mm, verlede week 20mm en maandag nag 20mm Die veld bot fliks. Ons sal so dankbaar wees as ons spoedig n opvolg reen bui ontvang.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

Danie

Ek dink dis op pad. Die Groot Tuinier maak die stof eers vas en dan nat.

Mooiloop
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by NicoSmit »

Ek het Hein se video en E book gekoop en was vasgenael toe ek die video gekyk het en is besig om deur die Ebook te werk Ek neem aan dit is basies dieselfde meteriaal wat op 'n kursus aangebied word en glo nie dat die Ebook 'n kursus kan vervang nie en daarom wil ek ook graag in 2014 'n kursus bywoon .Maar die aand wat Michiel my uitgevat het dink ek het meer beteken as wat ek sover in die boeke gelees het .So praktiese ondervinding is baie belangrik .Wat is die kans dat die pro's hier op die forum 'n paar manne onder hulle vlerk wil neem en hulle die regte pad wys .Soos die newbies beter word kan daar begin word om hulle toerusting te gebruik en dan kyk die manne waar daar verbeterings gedoen kan word As jy dit vir 'n lewe doen en die newbie skiet die jakkals word jy nog steeds betaal vir die jakkals Die newbie help dra aan die onkoste vir die nag bv diesel kos en drinkgoed . So wat dink julle manne van so iets Ek brand al om my groot wit bakkie met die spray gun by te kom Ons kan dit die Jaracal jag akedemie noem.
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Francois Hugo »

Goeiedag alle jakkalsjag storie manne,

Jammer dat ek nou effe moet werk, die tyd van die jaar en min rekenaar toe kom en lees, toe mis ek amper die onderwerp van die jaar!!! ++>:

Dankie Taffie vir die onderwerp!!

My 2c se waarde soos al menigmaal op hierdie forum gereken is die volgende:

1 Jakkalse moet op die beste veiligste moontlike manier in die nag geroep en jag word -Punt en klaar.
2 Wit bakkie verkieslik nie, maar defenitief ge-kamoefleer as jy besig is om te roep.
3 Roeper definitief nie op die bakkie nie!!!!
4 Die manne wat die "jakkalsjag hobby" met 'n partytjie saam be-oefen, maak die vir die ander "ernstige" en
beroepsjagters ONGELOOFLIK moeilik.
5 Nag roep sonder kursus - "NO GO"!!!!!!!!!!!
6 Ongelukkig gaan almal wat begin jag foute maak, die punt is om so min moontlik foute te maak en dit
te doen om seker te maak dat jy die effektiefste moontlik die ongediertes uit die siklus haal.
7 PASOP WIND-AF moet in ALLE jakkalsjagters ingebrand wees!!!!

GROOTSTE probleem met die wat ons al hoe meer sukkel indie karoo agtige gebiede met jakkals en rooikat probleme???

Grondeienaars wat nie op plase is nie. MOET NIE NOU AL SKIET NIE!!!!! Eienaars wat nie werklik die rede en nodigheid van probleemdier bestuur besef en toepas nie bedoel ek. Grondeienaars wat toelaat dat almal wat wil oefen, maar kan kom jag, want 'n dooie jakkalse doen mos nie skade nie, OF HOE ??? ++>: ++>:

Die grootste fout natuurlik is daardie eerste jakkals se skiet!!! As daar nog niks gejag is nie en die eienaar ry saam die eerste aand en jy skiet hier in Desember tot Februarie jakkalse soos net jakkalse geskiet kan word in die tyd, dan het ALMAL 'n wan persepsie van jakkals roep en jag in die nag!!! :confused: ::) Elke einaar dink bogger dit ek betaal nie vir die jagter nie doen dit sommer self!! Voornemende jakkalsjagter, reken hel dis lekker en 'n maklike manier van ontvlugting van die werklikheid en erg maklik om dalk 'n kersfees geldjie te verdien..... Daar begin die moeilikheid!!!

Daarvanaf is dit 'n gesukkel om eienaar en beginner jakkalsjagter van die jakkalsroep "frenzy" af te kry!! EN wie wen??? Daardie windaf jakkals en die een wat die wit bakkie beloer sonder dat ons hom gesien het..........

Jammer effe die onderwerp "ge-hijack", maar dit bly lekker om oor die boggers te praat en te leer!!!

Groete uit die Namakwaland en manne roer die jakkalse!!!

Francois
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by .220 Swift »

Francois Hugo

Purrrrrfect opsomming:)

Al wat ek sou byvoeg - en dit kom uit die geledere van die forum - is nie net om 'n kursus te doen en die forum vir die pitkos te fynkam nie (waarvan tafjak se tips bo aan die lys is), maar om ook tyd saam met 'n ervare jakkalsroeper in die veld deur te bring.
Alan D
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Alan D »

Hi manne ek moet se ek stem saam met die donker bakkie ding. Ek skiet met NV en n donker bakkie en omdat ek baie meer as net oe kan sien het ek baie keer die kans om n jakkals dop te hou as hy inkom. Waarna hy kyk ens. Gewoonlik kyk n bang jakkals meeste van die tyd om hom en maar net nou en dan na die roeper. Hy scan so te se die omgewing vir gevaar.
My mening oor die jakkalse wat moeiliker word om in te roep is n kombinasie van al die roepers en baie meer ouens wat jag en die vermoe van die jakkalse as species om soos die Ingelsman se to evolve. Vandag se jakkals is definitief nie 15 jaar terug se jakkals nie.
Ek hoor julle praat so van John Finch asof hy gone is. Ek en hy was groot pelle van die eighties en ek gesels so nou en dan met hom op email. Toe ek laas met hom in kontak was, was hy nog in Ingeland

Groete
Alan
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Jassie »

Alan

Kan jy nie miskien asb vir John vra om aan te sluit op die forum nie?

Ek sal baie graag sy insette wil hoor.

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Alan D
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue Nov 09, 2010 6:23 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Alan D »

Jas ek sal so maak. Weet net nie of sy frikaans so goed is nie!

Groete
Alan
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

Alan

Dink die ou kan nou afrikaans lekker lees - die res hoef hy nie oor te worry.

Mooiloop
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Jassie »

Dankie Alan
tafjak wrote:Alan

Dink die ou kan nou afrikaans lekker lees - die res hoef hy nie oor te worry.

Mooiloop
Taffie ek stem saam - klink buitendien nie of hy hoef te lees nie, maar ons sal graag wil luister al is dit ook in Ingels op die radio.

Groete
JAs
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Boskamper »

My 2c n 1-1 leer, saam met n pro, dink ek sal beste werk, en stilte, "KYK EN LEER" en (let op in die klas)
Ons kyk almal Animal planet en discovery, het nog nooit n dier wat sy kleintjies leer jag "hoor" praat nie, Hulle kry net n kyk dan weet hulle.
Hier wil ek byvoeg, en (moenie klip gooi nie) sigaret rook ruik wind op, met min wind en windstil dag trek klank 3x verder. :-X :-X :-X ??? ???
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by prohunt »

Hallo Alan,

Ja ek moet sê ek sal ook nogal daarvan hou as ons vir John kan kry om hier te kom deelneem. Hy is immmers ook die man wat my so rondom 1999 (as ek die jaar reg onthou) aan jakkalsroep voorgestel het. Ek het ook my eerste CD by hom gekoop en hy het my toe van Heinrich vertel vanwaar ek toe die fluitjies gekry het.

Wat interessant was is dat hy 'n stappie verder gegaan het en selfs aangedring het dat jy jou hande moet toemaak (handskoene of iets) en dat jy gekamoefleerde of donker klere moet dra. Hy was ook 'n voorstaander dat jy 'n gesigmasker moes ophê as jy roep. Ek het een dag in sy huis by hom gestaan (onthou dis nou hier rondom die jaar 2000) terwyl hy klanke gemeng/gesuiwer het en hy was baie goed daarmee. Hy het ook fluitjie roep lekker verstaan!!

Seën

Johan
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by partner »

Prohunt wrote:Hallo Alan,

Ja ek moet sê ek sal ook nogal daarvan hou as ons vir John kan kry om hier te kom deelneem. Hy is immmers ook die man wat my so rondom 1999 (as ek die jaar reg onthou) aan jakkalsroep voorgestel het. Ek het ook my eerste CD by hom gekoop en hy het my toe van Heinrich vertel vanwaar ek toe die fluitjies gekry het.

Wat interessant was is dat hy 'n stappie verder gegaan het en selfs aangedring het dat jy jou hande moet toemaak (handskoene of iets) en dat jy gekamoefleerde of donker klere moet dra. Hy was ook 'n voorstaander dat jy 'n gesigmasker moes ophê as jy roep. Ek het een dag in sy huis by hom gestaan (onthou dis nou hier rondom die jaar 2000) terwyl hy klanke gemeng/gesuiwer het en hy was baie goed daarmee. Hy het ook fluitjie roep lekker verstaan!!

Seën

Johan
Boskamper wrote:My 2c n 1-1 leer, saam met n pro, dink ek sal beste werk, en stilte, "KYK EN LEER" en (let op in die klas)
Ons kyk almal Animal planet en discovery, het nog nooit n dier wat sy kleintjies leer jag "hoor" praat nie, Hulle kry net n kyk dan weet hulle.
Hier wil ek byvoeg, en (moenie klip gooi nie) sigaret rook ruik wind op, met min wind en windstil dag trek klank 3x verder. :-X :-X :-X ??? ???
User avatar
prohunt
Hero Member
Hero Member
Posts: 837
Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by prohunt »

Hallo Partner,

Welkom hier. Dalk moet jy vir ons sê wat jy bedoel met die twee plasings wat jy aanhaal. Ons stel belang in jou persoonlike siening en kommentaar op die saak.

Groete
Johan
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Henry 7 »

Ek weet nie of die opvoedingsding by boere gaan werk nie alhoewel dit 'n baie goeie idee is! Hier by ons is 'n ou wat reken ons is mal toe ons hom saam nooi na 'n kursus toe-hy het al die "tools" en erken hy verloor 100+ lammers per jaar. Tog neem hy deel aan voorsitte maar sê dis te duur om kursusse te doen!
Henry
Chrisjan

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by Chrisjan »

Henry 7 wrote:Ek weet nie of die opvoedingsding by boere gaan werk nie alhoewel dit 'n baie goeie idee is! Hier by ons is 'n ou wat reken ons is mal toe ons hom saam nooi na 'n kursus toe-hy het al die "tools" en erken hy verloor 100+ lammers per jaar. Tog neem hy deel aan voorsitte maar sê dis te duur om kursusse te doen!
Henry
Ai Henry,

Die manne dink seker dat die jakkals wat so vang maar die norm is. As amal saam werk gaan amal baat vind.

Laat jou jakke maar daai kant toe trek, hulle is veilig daar... He he..

Groete
Chrisjan
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by BLOK »

tafjak wrote: Die manne begin lekker gesrls, al self so 2 of 3 keer probeer reply en elke keerweer uitgevee. Sal nog so rukkie duur voordat ek die soldate in 'n ry kry.

Um Taf

Hoe lyk dit het jy darem al n peleton bymekaar, ons wag vir daai 2 of 3 keer oorgetikte reply.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nagjag(jakkals en katte) op wit/geel bakkies

Post by tafjak »

Blok

Ek dink dit gaan 'n groot tik afgee, maar kom ons vat dit so "stap vir stap".

Jakkalse hou (dis oor en oor bewys) daarvan as hulle volgens roetine gejag word, want as dit gebeur leer hulle net dit makliker om te omseil!

Wat staan ons te doen om dit weer te omseil?:
1. Vermy om enige roetine te kweek in jou jagbenadering en;
2. verander gereeld die klanke op jou roeper en;
3. verander die kleur van die bakkie of hou dit so "onsigbaar" as moontlik en;
4. verander die ligging van staanplekke in die kerngebied en;
5. verander die sequence, maw verander die stiltes en kere wanneer prooidiere gespeel word se lengtes.

So paar dinge wat opkom by my. HOEKOM? Hou die jakkals vars.

Nou wat ek hier noem in dan teenstrydig wat ek al kwytgeraak het. Paar van die dinge wat ek al kwytgeraak het is:

1. Jakkalse kom so 3keer maklik roeper toe sonder om geskiet te word.
2. Misgeskiete jakkalse sal nie sommer weer roeper toe kom nie, hang natuurlik van hoeveel keer hy al slimgeskiet is.
3. Hou by staanplekke waar sukses behaal is.

Onthou ook dat jakkalse elke jaar kleintjies kry, maak nie saak of dit 'n droee jaar is of nie. So, die kleintjies ken nie jakkalsroepe op roepers nie- dit is heel korrek! Ek praat hier van slimjakkalse en tog word hulle ook suksesvol gejag tot van hulle weer maar so bietjie slimgeskiet word en weer ander planne gemaak moet word.

Okay, kom ons gesels weer later.

Mooiloop
Post Reply