Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by win270 »

Manne, ek weet daar is baie van julle wat fantastiese toerusting het en vaardighede ontwikkel het om netjies te skiet oor "baie ver afstande". Dis inderdaad 'n kuns op sy eie.

Lees ook aangehegte artikel deur wyle Dr Lucas Potgieter . . . mens moet die skrywer se humor verstaan en waardeer wat hy sê. Daar's baie om oor na te dink.

Geniet dit.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Stefan764 »

Hehehe. Lekker Dok, hier het jy raakgeskiet..... RIP ou Grote!
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

Ek onthou die dag toe ek die berig gelees het. Ek het daai tyd al geweet die berig is vir 'n sekere "audience" geskryf. Ek weet Dr Lucas het goed bedoel, en dit is goed geskryf. Ek sien die humor ook in ja, maar dit is nou wel 2013 en my volle opinie sal ek natuurlik uit respek terughou :)

Dankie vir die deel van die berig. Ekt hom gesave.
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Boskamper »

Baie goeie artikel, nevermind vir wie dit bedoel was, ek dink daar is so paar goedjies om oor te dink, veral vir ver skiet, miskien kan dit die verskil bring tussen (Jagters en Skieters)
Jagters gaan soek die wild en kom naby om te skiet
Skieters gaan soek die koppie en skiet die wild wat hy in die verkyker en scope sien
;) 8) ++>: Jammer by voorbaat
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Eugene »

Baie goeie artikel en vir die jaar 2000 of wanneer dit ook al geskryf is, meestal die waarheid.

Ek lees egter baie die woorde "skat" en "raai"... Dis nie woorde wat 'n langafstand skut te veel moet gebruik nie....

Wat die woordtjies "skiet" en "jag" aanbetref, noem dit gerus maar net wat julle wil! As dit jagters lekkerder laat slaap of jag of brandewyn drink deur dit wat ek van 'n bakkie af, uit 'n hide uit of van 'n koppie af doen, skiet te noem, great! Noem dit net wat julle wil, solank julle watookal julle doen, meer kan geniet deur ander manne se passies af te maak as skiet, dan is daar darem 'n wenner hierin...
Aim small, miss small
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Joe308 »

Ek stem saam Fritz.
Last edited by Joe308 on Sun Dec 29, 2013 3:44 pm, edited 1 time in total.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by 243Songdaug »

Ai die ou Afrikaner volkie ook darem. Van almal daarbuite wat TEEN ons veg, baklei ons die hardste......ook teen onsself. Manne, gun mekaar 'n plekkie in die son.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

Daars 'n boek van Dr Lucas "fonteintjies langs my geweerpaaidjie" of so iets. Seker een van die lekkerste boeke om te lees.

Waar kan mens die boek nog koop?
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

Eugene wrote: Ek lees egter baie die woorde "skat" en "raai"... Dis nie woorde wat 'n langafstand skut te veel moet gebruik nie....
Verseker
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by SNIPER »

Naand win270

Lag ek darem nou lekker oor al die dinge wat genoem word en hoeveel keur was ek nie
al in hierdie gesprek betrokke en luister wat die manne praat langs die braaivleis vuur oor daai laaaaang "SHOTS" wat hulle geskiet het nie.

Hier naby my op Naboom in Limpopo is n wildsboer by wie ek jakkalse skiet wat as die manne van die bakkie af klim en reg maak om gunne in te skiet n baan het met 100m,150m,200m en n staal plaat teiken so groot soos A4 bladsy op 300m wat teen boom hang.

Die reel is as jy staal plaat kan raak skiet kry jy rooibok verniet.
Nou vir die grap, meeste manne skiet op 100m mooi en 150m gaan dit nog goed en dan 200m skiet 9 uit 10 manne baie laag of die teiken heeltemal mis.

Nou vestaan ek hoekom hy so baie rooibokke op die plaas het.

Groete

SNIPER
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Marc »

Win 270, hierdie is soos om te wil se jy het lekker gebraai toe jy Saterdag jou tjoppie oor daai gas, houtskool of brikkette geskroei het. In werklikheid het jy bloot vleis gaargemaak. Want as jy wil braai gebruik jy hout en jy begin jou vuur sonder moderne aanstekers soos blitz. Jy doen dit verkieslik op die grond ook en nie een onder blink poleerde klontrapsie nie !

Soos Eugene noem, toe die persoon die brief gesit en skryf het het eskom nog nie eens krag aangele plase toe nie. Kom ons hou bietjie by met die tyd en gun elkeen sy plek in die son ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by douw »

Eugene wrote:Baie goeie artikel en vir die jaar 2000 of wanneer dit ook al geskryf is, meestal die waarheid.

Ek lees egter baie die woorde "skat" en "raai"... Dis nie woorde wat 'n langafstand skut te veel moet gebruik nie....

Wat die woordtjies "skiet" en "jag" aanbetref, noem dit gerus maar net wat julle wil! As dit jagters lekkerder laat slaap of jag of brandewyn drink deur dit wat ek van 'n bakkie af, uit 'n hide uit of van 'n koppie af doen, skiet te noem, great! Noem dit net wat julle wil, solank julle watookal julle doen, meer kan geniet deur ander manne se passies af te maak as skiet, dan is daar darem 'n wenner hierin...

Dankie Eugene. Ek stem 100% saam met hierdie stellings van jou.
Noem dit gerus maar net wat jullle wil!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by douw »

douw wrote:

O ja, ek sien die oom praat van my in die artikel, 300 WM met Fluted loop op 'n sintetiese kolf wat ge "free-float" is ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by tripodmvr »

Ja, kry julle op julle se moe vanuit die graf.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Marc »

Haha Douw, jy was al in 1976 beroemd vanuit jou Pa se sakke. Bells vir jou mater ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by douw »

Marc wrote:Haha Douw, jy was al in 1976 beroemd vanuit jou Pa se sakke. Bells vir jou mater ;D

Onthou, ek was toe in die beplannings fase. Jy weet mos dat beplanning vir 'n sekere projek die deurslaggewende faktor is wat sukses sal bepaal ;D
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

SNIPER wrote:
Hier naby my op Naboom in Limpopo is n wildsboer by wie ek jakkalse skiet wat as die manne van die bakkie af klim en reg maak om gunne in te skiet n baan het met 100m,150m,200m en n staal plaat teiken so groot soos A4 bladsy op 300m wat teen boom hang.

Die reel is as jy staal plaat kan raak skiet kry jy rooibok verniet.
Nou vir die grap, meeste manne skiet op 100m mooi en 150m gaan dit nog goed en dan 200m skiet 9 uit 10 manne baie laag of die teiken heeltemal mis.

Nou vestaan ek hoekom hy so baie rooibokke op die plaas het.

SNIPER
Sniper ek soek asb daai boer se nr.

Het lanklaas 'n rooibok verniet geskiet.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Eugene »

Ek het 'n paar jaar terug gaan skiet naby Mcarthyrus in die Kalahari. Die boer se pa het ons by ons aankoms saam met die boer ontvang en saamgestap toe ons die gewere en die zero's nagegaan het. Toe hy ons gewere en toerusting sien, sê hy: " Julle manne het nie kom jag nie, julle het kom skiet! 'n Ware Jagter gebruik oop visiere en die fancy teleskope nie!"

Later die aand vertel hy ons hoe hulle eendag met 'n Bedford trok gaan "jag" het en tussen 4 manne 100 springbokke van daai trok afgeskiet het. Daar is min sulke ware jagters oor! Gelukkig....

Nou wonder ek of die manne wat so lustig die woord skieter rondgooi, julle manne skiet darem seker julle bokke met oop visiere, haal binnegoed in die veld onder 'n kameeldoring uit en dra self julle bokke kamp toe, nè?

Dink maar daaroor ook...
Aim small, miss small
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by JPS »

Mooi gestel Eugene!
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Jaco Naude »

Ekself is nie 'n lang afstand jagter nie, en ek erken ek het nie die kennis of toerusting (huidiglik) om lang afstand jag suksesvol te beoefen nie....

maar....

op 300m met die 338 sal ek ook 'n paar van die oom se rooibokke vir hom gaan afhaal siende dat hy nou so vrygewig wil wees....
Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
Jakkies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Jakkies »

Dit is vir my opvallend hoe jagters van verskillende metodes en disiplines konstant onder mekaar stry wat nou eintlik ware jag is en wat nie. Wie gee regtig om? Niemand van ons vandag jag uitsluitlik vir oorlewing nie. Elke persoon jag vir ander redes, wat ookal dit mag wees, dit is jou eie persoonlike oortuiging. Hoekom die nodigheid voel om iemand anders se manier van jag wat van jou eie oortuigings verskil, te verkleineer? Maak dit van jou 'n beter mens? Voel jy goed as jy jou eie oortuigings kan voorhou as die enigste korrekte manier? Gun elke jagter sy plek in die jagveld en ook die voorreg om sy metode, van watter aard ookal, jag te noem as hy so voel. Dit maak mos nie afbreek aan jou as mens nie. Hoekom die nodigheid om mekaar gedurig aan te val of reg te sien? Of is die eiewaan so belangrik?
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by 243Songdaug »

+100 Ghillie Man - ek deel jou siening
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Eugene »

Ghillie Man wrote:Dit is vir my opvallend hoe jagters van verskillende metodes en disiplines konstant onder mekaar stry wat nou eintlik ware jag is en wat nie. Wie gee regtig om? Niemand van ons vandag jag uitsluitlik vir oorlewing nie. Elke persoon jag vir ander redes, wat ookal dit mag wees, dit is jou eie persoonlike oortuiging. Hoekom die nodigheid voel om iemand anders se manier van jag wat van jou eie oortuigings verskil, te verkleineer? Maak dit van jou 'n beter mens? Voel jy goed as jy jou eie oortuigings kan voorhou as die enigste korrekte manier? Gun elke jagter sy plek in die jagveld en ook die voorreg om sy metode, van watter aard ookal, jag te noem as hy so voel. Dit maak mos nie afbreek aan jou as mens nie. Hoekom die nodigheid om mekaar gedurig aan te val of reg te sien? Of is die eiewaan so belangrik?
Dankie vir die waarheid! As 'n sekere dissipline jou nie trek nie, los dit vir die manne wat dit geniet! Waarom dit afkraak of verdag maak....
Aim small, miss small
Jaco Naude
Full Member
Full Member
Posts: 148
Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Jaco Naude »

Ek soek nog steeds die gratis rooibok..... >:D
Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Geno »

Win270.
So jy sê jakkalsjag is skiet en langafstand jag is ook skiet?

Genade, wat beskou jy dan as jag? Pak maar weg daai .270 en kry 'n spies. Loop eerder kaalgat sonder skoene en steek die bok vrek.
Goed, beter, 6millimeter!
Locked