Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by FCLoretz »

Geno wrote:Win270.
So jy sê jakkalsjag is skiet en langafstand jag is ook skiet?

Genade, wat beskou jy dan as jag? Pak maar weg daai .270 en kry 'n spies. Loop eerder kaalgat sonder skoene en steek die bok vrek.
Spesiaal vir Win270. ;D

https://www.facebook.com/relentlesspursuittv
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13643
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Geno »

Nee FC. Dis mos oneties. Paar keer al so gehoor hierso!
Goed, beter, 6millimeter!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by FCLoretz »

Geno wrote:Nee FC. Dis mos oneties. Paar keer al so gehoor hierso!
Volgens Wie? My en jou?

Wag ek Hijack weer die thread.

ONs moet eerder hier gal braak. http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ead#unread
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by win270 »

Kalmte, manne! Die van julle wat nou die hardste tjank oor die verskil tussen "jag" en "skiet" moet dalk maar nog verder dink oor die hedendaagse wyses waarop diere gedood word en jul afvra of die dier nog enige kans het om weg te kom. Dis maar al waaroor dit eintlik gaan. Moet ook nie verder huil as julle bietjie sit en koud kry terwyl jul sit en wag in die nag nie . . . dis mos lekker om agterna daaroor te praat! Jag was in elk geval nog nooit vir sissies nie!

Jag nou lekker verder . . . ek reken die onderwerp is goed onder julle aandag gebring en dis nie die moeite werd om verder hieroor te grom nie.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Cobus(Cobb) »

Geno wrote:Win270.
Loop eerder kaalgat sonder skoene en steek die bok vrek.
Met die spies natuurlik..
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Pappabeer »

Cobus(Cobb) wrote:
Geno wrote:Win270.
Loop eerder kaalgat sonder skoene en steek die bok vrek.
Met die spies natuurlik..
Dankie cobb. Jy het nou my dag wat versuur was met werk en k#k posts op die forum beter gemaak. Jy verdien n bells vannaand!!!
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Cobus(Cobb) »

My eerste kar was 'n 79 Peugeot 504. Ek moes hom choke, pomp, start, double clutch..petrol verbruik was power, ratte was hard(al 4)...ek was 'n moter bestuurder toe.
Nou het ek 'n sagte Ford Fiesta, als outomaties, aircons, elek vensters....computers..

Is ek nog 'n motor bestuurder?? of het julle oop-sight jagter manne ander naam daarvoor??Dalk is ek 'n metro-man-mobiele-eenheids-gebruiker...
Nou dat jy win270, 'n scope loop opsit het, is jy nog 'n jagter?? of is jy nou 'n skieter??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by marno »

Lekker Cabous my ou maat. Klink my as ons nie oop visier of met ñ spies jag nie is ons glad nie jagters nie.

Soos Geens ook sê lyk my volgens oom Win270 is niks jag nie behalwe wat hy self doen want als wat ons doen soos jakkals JAG, lang afstand JAG ens. tel nie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by win270 »

Manne, julle bloeddruk het toe gestyg! Dis 'n goeie teken dat julle wel tog dink oor jul metodes. Ek bekruip maar nog steeds my prooi en kyk hoe naby ek kan kom en dan klits ek hom. Die teleskoop help om die skoot nog netjieser te plaas, dit gee ek toe. Die satisfaksie om die prooi nie te verblind of aan te lok met elektroniese hulpmiddels nie sal baie van julle seker nie mooi begryp nie en dit verstaan ek. O-ja, daardie "range finders" is mos darem ook 'n verdere wonderlike "gadget" wat die hedendaagse jagvernuf verbeter.

Ek wens die diere kon saampraat en vertel watter nuwe metodes hulle intussen verkry het om julle te uitoorlê, behalwe om nog vinniger aan te teel.

Ag, dis tong-in-die-kies, menere!! Dit help dalk tog om julle aan te moedig om weer te dink oor julle metodes en spoggerige begrotings om nog "smarter" te word met julle jagmetodes.

Geniet die Oujaar!!

Groete
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by marno »

Oom Win270,

Ons begryp dalk sekere goed nie, maar as jagters en boere begryp ons wel dat ñ probleem dier so vinnig as moontlik uitgeskakel moet word om verdere verliese te voorkom al is dit met fancy toerusting om die jak op 300m (lang afstand) te dood.

Hoekom sal ek nou as die jakkals my skape of wild vang hom probeer bekruip en goed en die kans verbrou om hom dalk te dood. Mens gebruik die toerusting om die probleem uit te skakel so doeltreffend en vinnig as moontlik.

Oom moet maar dalk eendag maar saam met my na van ons plase gaan en my maar asb wys hoe skiet oom daai probleem diere sonder lig en roeper.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Fritz »

Boskamper wrote:Baie goeie artikel, nevermind vir wie dit bedoel was, ek dink daar is so paar goedjies om oor te dink, veral vir ver skiet, miskien kan dit die verskil bring tussen (Jagters en Skieters)
Jagters gaan soek die wild en kom naby om te skiet
Skieters gaan soek die koppie en skiet die wild wat hy in die verkyker en scope sien
;) 8) ++>: Jammer by voorbaat
win270 wrote:Kalmte, manne! Die van julle wat nou die hardste tjank oor die verskil tussen "jag" en "skiet" moet dalk maar nog verder dink oor die hedendaagse wyses waarop diere gedood word en jul afvra of die dier nog enige kans het om weg te kom. Dis maar al waaroor dit eintlik gaan. Moet ook nie verder huil as julle bietjie sit en koud kry terwyl jul sit en wag in die nag nie . . . dis mos lekker om agterna daaroor te praat! Jag was in elk geval nog nooit vir sissies nie!

Jag nou lekker verder . . . ek reken die onderwerp is goed onder julle aandag gebring en dis nie die moeite werd om verder hieroor te grom nie.
WIN270 en Boskamper, julle klink vir my baie slim en vol selfvertroue. Hier is vir julle 'n breinboelie. Ek bou tans vir my 'n 260AI met 29" loop en 5.5-22x50 teleskoop wat ek gaan gebruik met 'n rangefinder, want jy weet, selfs al plaas ek myself tussen die son en die troppie springbokke daar in die Klipveld naby Ventersdorp, laat hulle my nie toe om nader te BEKRUIP as 400-500m nie. Jy kan jouself maar gelukkig ag as jy 'n nader skoot kry. So my aantrekking na LA jag is suiwer fuksioneel. Dit is tog nie al nie, ek geniet skiet en hoe beter ek kan skiet op 500m, hoe beter begin ek skiet op 200m. Dis mos logies.

MAAR, een van my toekomstige gewere gaan 'n 9.3x62 Obendorf Mauser met gaaitjie visier wees, want ek hou van bekruip en ek hou van die bos, en om my kennis te gebruik om my prooi te uitoorlê. Ek geniet die uitdaging. Ek geniet dit selfs om bokke die Sondag na die jag en selfs buite seisoen te bekruip sonder 'n geweer. Dit verskaf vir my genot om te sien hoe naby ek kan kom en dit is vir my mooi om die diere te sien wei op kortafstand terwyl hulle onbewus van my teenwoordigheid is.

So ja, volgens die uitlatings wat ek nou hier van julle, WIN270 en Boskamper, gehoor het moet ek OF 'n skieter, OF 'n jagter wees. Ek is maar bietjie dom en maar 27jr oud teen julle omies. So help my asb. IS EK 'N SKIETER OF IS EK 'N JAGTER???

PS. ek sal julle graag wil nooi om saam springbokke in die Klipveld te voet te kom jag, maar ongelukkig vat dit 'n kombinasie van jagter/skut eienskappe wat ek nie dink julle het nie.
slagdop
Full Member
Full Member
Posts: 173
Joined: Sun Jun 24, 2012 12:35 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by slagdop »

Win270.
Loop eerder kaalgat sonder skoene en steek die bok vrek.

Met die spies natuurlik..

Dit is nou heel wettig. Artikel 16 van die Ontug Wet is al lankal geskrap.
Waarvan praat ons nou weer?
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by win270 »

Fritz, gaan lees maar weer Dr Lucas Potgieter se artikel (die hele een) oor lang-afstand jag. Sy finale gevolgtrekking oor die lang-afstand skut en die ware jagter se vermoëns en die bokke se kanse om steeds te ontsnap, is iets om oor te dink . . .

Moenie nou vanaand gaan staan en nagmerries kry oor lang-afstand skiet en hedendaagse jakkalsdoodmaak metodes nie . . . dink maar net bietjie van 'n ander hoek oor die sake en die werklike nut daarvan, as jy daarna streef om 'n behendige jagter te wil wees. Ek dink mens kan selfs praat van roofdier-beheer in vandag se tyd beteken om hoofsaaklik te "skiet" en dus dood te maak. Aan die anderkant, beteken "jag" om die bok steeds 'n redelike kans te gee teen die mens se vermoëns en uiteindelik te dood op die mees pynlose wyse. As bokke gedood word soos sommige manne na verwys het (bv. per Bedford lorrie en honderde wat op een dag geskiet word), dan sien ek dit beslis ook nie as "jag" nie en ek glo oorlede Dr Lucas Potgieter sou met hierdie siening saamgestem het.

Groetnis en geen kwade gevoelens vir jul manne nie . . . roofdiere is GROOT probleme op 'n veeplaas en moet verminder word om sogenaamde voedselsekerheid van SA te verbeter . . . Sedert 2012 is SA 'n netto voedsel-invoerder en dis nie 'n goeie ding nie.
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by win270 »

Onthou manne, die artikel deur Dr Lucas Potgieter het die inleiding:

"As mense nie bereid is om agter wild aan te loop en dit te bekruip nie, behoort hulle nie jagters genoem te word nie, skryf Lucas Potgieter in sy laaste artikel aan ons."

Bogenoemde stelling gaan nie oor korrekte taalgebruik nie - dit handel oor 'n groter saak nl.

Hoe tree 'n ware jagter op?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by James Wilson »

Win 270, watter afstand is langafstand skiet en watter afstand is jag?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Jakkies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Jakkies »

win270 wrote:Onthou manne, die artikel deur Dr Lucas Potgieter het die inleiding:

"As mense nie bereid is om agter wild aan te loop en dit te bekruip nie, behoort hulle nie jagters genoem te word nie, skryf Lucas Potgieter in sy laaste artikel aan ons."

Bogenoemde stelling gaan nie oor korrekte taalgebruik nie - dit handel oor 'n groter saak nl.

Hoe tree 'n ware jagter op?
Dit gaan afhang van die omstandighede eerder as die metode van jag. Kyk na die volgende twee voorbeelde van 'n langafstand jagter en jou gemiddelde deursnee biltong jagter. Kom onos noem beide vir nou jagters. Na afloop van die scenario kan julle maar self besluit wie het regtig gejag.

Jagter A is 'n langafstand jagter in die sin daarvan dat hy met presisie en fyn beplanning skote neem op wild wat vir die gemiddelde biltong jagter buite bereik is. Hier is nie raaiwerk en geluk skote van toepassing nie. Hierdie tipe jagter skiet 500 na 'n 1000 skote onder gesimuleerde jag omstandighede vir een skoot in die jagveld op wild. Hy herlaai sy eie ammunisie met baie fyn noukeurigheid. Sy toerusting is van top standaard want niks minder sal goed genoeg wees nie. Alles van afstandbepalers en verkykers tot weerstasies, ballistiese masjientjies en pasgemaakte gewere wat meer tuis sou lyk in die hande van 'n militere skerpskutter. Hy ken sy geweer en sy eie handladings se trajekte op die punte van sy vingers en het die kuns om wind te lees en te verstaan bemeester. Hy identifiseer sy proodier en ook die spesifieke punt van waaraf die skoot gemaak sal word vooraf. Hy doen sy grondwerk en identifiseer die moontlike rigting waaruit die diere sal kom. Hy maak notas van die terrein en identifiseer moontlike objekte wat 'n rol kan speel soos 'n koppie wat die wind afkeer of 'n kloof wat die wind opwaarts kan dwing en hy oefen daardie scenario aanhoudend totdat hy dit sonder fout kan doen. Eers dan ag hy homself reg vir die jagveld. Dikwels op die dag van die jag moet hy klomp swaar toerusting teen koppies uitdra vir ente waar geen voertuig kan kom nie. En dan moet hy wag vir die skoot. Dikwels in die son en wind doodstil lê en wag. As alles vir hom uitwerk en die weer speel saam soos hy homself voorberei het vir die afgelope weke tot maande vir hierdie spesifieke scenario, daag sy prooidier op en kan hy sy skoot met presisie plaas soos hy so hard voor geoefen en beplan het.

Jagter B is 'n gemiddelde deursnee biltong jagter wat een of twee keer per jaar saam met sy vriende bietjie gaan jag. Hy besit slegs 'n 30-06 met 'n 3-9x40 want dit is al wat enige jagter ooit sal nodig hê, of so het al sy slim maatjies hom vertel. Hy skiet slegs die bruin boksie PMP punte want hulle bring mos die vleis huis toe net soos enige ander van die eksotiese en duur ammunisie. Van punt gewig en spoed en trajekte weet hy nie, want hoekom wil mens jou nou opsaal met sulke onnodighede. Sy geweer skiet 'n A4 papier skoot vir skoot raak op 100m en siende dat 'n bok se blad elkgeval nie kleiner is nie, is dit goed genoeg. Hoekom sal hy nou die bok in die oog wil skiet? Afstand bepalers en sulke volksvreemde goed hoort net by die fancy yanks en geen ware jagter hoort sulke goed te gebruik nie. By aankoms op die plaas stoot hy 'n lappie deur sy geweer om die olie wat hy einde van laas jaar se seisoen ingesit het voor hy die geweer in die kluis weggebere het, te verwyder. Hy skiet gou twee of drie skote en hulle lyk min of meer reg genoeg vir hom. Terug kamp toe en die fles word nader getrek vir 'n lekker kuier saam met die manne. Volgende oggend, nog taamlik olilk van die vorige aand se fles vat, gryp hy sy geweer en die boer gee hom 'n gids en daar gaan hulle veld toe. Loop en jag natuurlik, want dis mos die enigste manier hoe mens waarlik jag. Die olikheid maak dat hy nie regtig veel om hom kyk nie en loop maar net kop onderstebo in die gids se spore. Na 'n paar minute se stap stop die gids skielik en wys na 'n troppie rooibokke in die bos. Daar word so effens nader geskarrel totdat hy 'n oop skoot het en darm een van die bokke se blad kan sien. Afstand word geraai op min of meer 140m so hy gaan maar so rapsie hoog vat vir die onwis. As hy gelukkig is, maak hy 'n doodskoot en kan hy terugkeer kamp toe met 'n bok wat hy te voet gaan jag het en natuurlik moet dit gevier word met die gebruiklike fles of twee.

Jagter A het nie agter sy wild aangeloop volgens oorle Dok se definisie nie, terwyl Jagter B wel het, maar wie was regtig die waarlike jagter tussen hierdie twee? Die hartseer van die saak is dat Jagter A die meeste wind van voor kry deur mede jagters terwyl Jagter B se gedrag as normaal aanvaar word.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by James Wilson »

Ghillie Man vir President!!

Die laaste paragraaf is so waar en so hartseer. Wat ek net gladnie kan kleinkry nie is dat die manne wat nie langafstand jag doen nie, nie die manne wat dit wel doen, ruimte gun nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Cobus(Cobb) »

James Wilson wrote:
......... nie die manne wat dit wel doen, ruimte gun nie.
En dit is mos nie hoe 'n ware jagter optree nie, of hoe??
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by marno »

Ghillie Man wrote:
win270 wrote:Onthou manne, die artikel deur Dr Lucas Potgieter het die inleiding:

"As mense nie bereid is om agter wild aan te loop en dit te bekruip nie, behoort hulle nie jagters genoem te word nie, skryf Lucas Potgieter in sy laaste artikel aan ons."

Bogenoemde stelling gaan nie oor korrekte taalgebruik nie - dit handel oor 'n groter saak nl.

Hoe tree 'n ware jagter op?
Dit gaan afhang van die omstandighede eerder as die metode van jag. Kyk na die volgende twee voorbeelde van 'n langafstand jagter en jou gemiddelde deursnee biltong jagter. Kom onos noem beide vir nou jagters. Na afloop van die scenario kan julle maar self besluit wie het regtig gejag.

Jagter A is 'n langafstand jagter in die sin daarvan dat hy met presisie en fyn beplanning skote neem op wild wat vir die gemiddelde biltong jagter buite bereik is. Hier is nie raaiwerk en geluk skote van toepassing nie. Hierdie tipe jagter skiet 500 na 'n 1000 skote onder gesimuleerde jag omstandighede vir een skoot in die jagveld op wild. Hy herlaai sy eie ammunisie met baie fyn noukeurigheid. Sy toerusting is van top standaard want niks minder sal goed genoeg wees nie. Alles van afstandbepalers en verkykers tot weerstasies, ballistiese masjientjies en pasgemaakte gewere wat meer tuis sou lyk in die hande van 'n militere skerpskutter. Hy ken sy geweer en sy eie handladings se trajekte op die punte van sy vingers en het die kuns om wind te lees en te verstaan bemeester. Hy identifiseer sy proodier en ook die spesifieke punt van waaraf die skoot gemaak sal word vooraf. Hy doen sy grondwerk en identifiseer die moontlike rigting waaruit die diere sal kom. Hy maak notas van die terrein en identifiseer moontlike objekte wat 'n rol kan speel soos 'n koppie wat die wind afkeer of 'n kloof wat die wind opwaarts kan dwing en hy oefen daardie scenario aanhoudend totdat hy dit sonder fout kan doen. Eers dan ag hy homself reg vir die jagveld. Dikwels op die dag van die jag moet hy klomp swaar toerusting teen koppies uitdra vir ente waar geen voertuig kan kom nie. En dan moet hy wag vir die skoot. Dikwels in die son en wind doodstil lê en wag. As alles vir hom uitwerk en die weer speel saam soos hy homself voorberei het vir die afgelope weke tot maande vir hierdie spesifieke scenario, daag sy prooidier op en kan hy sy skoot met presisie plaas soos hy so hard voor geoefen en beplan het.

Jagter B is 'n gemiddelde deursnee biltong jagter wat een of twee keer per jaar saam met sy vriende bietjie gaan jag. Hy besit slegs 'n 30-06 met 'n 3-9x40 want dit is al wat enige jagter ooit sal nodig hê, of so het al sy slim maatjies hom vertel. Hy skiet slegs die bruin boksie PMP punte want hulle bring mos die vleis huis toe net soos enige ander van die eksotiese en duur ammunisie. Van punt gewig en spoed en trajekte weet hy nie, want hoekom wil mens jou nou opsaal met sulke onnodighede. Sy geweer skiet 'n A4 papier skoot vir skoot raak op 100m en siende dat 'n bok se blad elkgeval nie kleiner is nie, is dit goed genoeg. Hoekom sal hy nou die bok in die oog wil skiet? Afstand bepalers en sulke volksvreemde goed hoort net by die fancy yanks en geen ware jagter hoort sulke goed te gebruik nie. By aankoms op die plaas stoot hy 'n lappie deur sy geweer om die olie wat hy einde van laas jaar se seisoen ingesit het voor hy die geweer in die kluis weggebere het, te verwyder. Hy skiet gou twee of drie skote en hulle lyk min of meer reg genoeg vir hom. Terug kamp toe en die fles word nader getrek vir 'n lekker kuier saam met die manne. Volgende oggend, nog taamlik olilk van die vorige aand se fles vat, gryp hy sy geweer en die boer gee hom 'n gids en daar gaan hulle veld toe. Loop en jag natuurlik, want dis mos die enigste manier hoe mens waarlik jag. Die olikheid maak dat hy nie regtig veel om hom kyk nie en loop maar net kop onderstebo in die gids se spore. Na 'n paar minute se stap stop die gids skielik en wys na 'n troppie rooibokke in die bos. Daar word so effens nader geskarrel totdat hy 'n oop skoot het en darm een van die bokke se blad kan sien. Afstand word geraai op min of meer 140m so hy gaan maar so rapsie hoog vat vir die onwis. As hy gelukkig is, maak hy 'n doodskoot en kan hy terugkeer kamp toe met 'n bok wat hy te voet gaan jag het en natuurlik moet dit gevier word met die gebruiklike fles of twee.

Jagter A het nie agter sy wild aangeloop volgens oorle Dok se definisie nie, terwyl Jagter B wel het, maar wie was regtig die waarlike jagter tussen hierdie twee? Die hartseer van die saak is dat Jagter A die meeste wind van voor kry deur mede jagters terwyl Jagter B se gedrag as normaal aanvaar word.
Magtig dit is nou bitter goed gesê!!

Mooi man!
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Boskamper »

More almal, dis die "lekker van die ding" die veld besigheid, of jy le en wag, en of jy loop en soek, nevermind, solank jy raakskiet, een sinsnede wat dit na die werklikheid laat kom, "practice makes perfect"
Hoe meer jy oefen hoe beter gaan jy skiet, of is dit Jag, waaroor "praat ons nou weer"
Maak nie saak nie,
Oom Jan, het in die Kois distrik geboer daar in ou Suid-wes, en hy het n 243 gehad, waarmee hy Springbok geskiet of gejag het, maar hy het tot bo-op die duin se kruin gery, en die Springbokke met hoeter gejaag dat hulle hardloop, dan het hy die 243 gevat met die scope en die bokkies, uitgehaal, almal nekskote en hier en daar n bladskoot tussen hulle,
Sal nie kan se of dit jag of skiet was nie, maar dat oom Jan kon "skiet" dit het my nog altyd bygebly.
Ek geniet die skrywe van elkeen,"belowe"
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Smitstertjies »

Ghillie Man wrote:
win270 wrote:Onthou manne, die artikel deur Dr Lucas Potgieter het die inleiding:

"As mense nie bereid is om agter wild aan te loop en dit te bekruip nie, behoort hulle nie jagters genoem te word nie, skryf Lucas Potgieter in sy laaste artikel aan ons."

Bogenoemde stelling gaan nie oor korrekte taalgebruik nie - dit handel oor 'n groter saak nl.

Hoe tree 'n ware jagter op?
Dit gaan afhang van die omstandighede eerder as die metode van jag. Kyk na die volgende twee voorbeelde van 'n langafstand jagter en jou gemiddelde deursnee biltong jagter. Kom onos noem beide vir nou jagters. Na afloop van die scenario kan julle maar self besluit wie het regtig gejag.

Jagter A is 'n langafstand jagter in die sin daarvan dat hy met presisie en fyn beplanning skote neem op wild wat vir die gemiddelde biltong jagter buite bereik is. Hier is nie raaiwerk en geluk skote van toepassing nie. Hierdie tipe jagter skiet 500 na 'n 1000 skote onder gesimuleerde jag omstandighede vir een skoot in die jagveld op wild. Hy herlaai sy eie ammunisie met baie fyn noukeurigheid. Sy toerusting is van top standaard want niks minder sal goed genoeg wees nie. Alles van afstandbepalers en verkykers tot weerstasies, ballistiese masjientjies en pasgemaakte gewere wat meer tuis sou lyk in die hande van 'n militere skerpskutter. Hy ken sy geweer en sy eie handladings se trajekte op die punte van sy vingers en het die kuns om wind te lees en te verstaan bemeester. Hy identifiseer sy proodier en ook die spesifieke punt van waaraf die skoot gemaak sal word vooraf. Hy doen sy grondwerk en identifiseer die moontlike rigting waaruit die diere sal kom. Hy maak notas van die terrein en identifiseer moontlike objekte wat 'n rol kan speel soos 'n koppie wat die wind afkeer of 'n kloof wat die wind opwaarts kan dwing en hy oefen daardie scenario aanhoudend totdat hy dit sonder fout kan doen. Eers dan ag hy homself reg vir die jagveld. Dikwels op die dag van die jag moet hy klomp swaar toerusting teen koppies uitdra vir ente waar geen voertuig kan kom nie. En dan moet hy wag vir die skoot. Dikwels in die son en wind doodstil lê en wag. As alles vir hom uitwerk en die weer speel saam soos hy homself voorberei het vir die afgelope weke tot maande vir hierdie spesifieke scenario, daag sy prooidier op en kan hy sy skoot met presisie plaas soos hy so hard voor geoefen en beplan het.

Jagter B is 'n gemiddelde deursnee biltong jagter wat een of twee keer per jaar saam met sy vriende bietjie gaan jag. Hy besit slegs 'n 30-06 met 'n 3-9x40 want dit is al wat enige jagter ooit sal nodig hê, of so het al sy slim maatjies hom vertel. Hy skiet slegs die bruin boksie PMP punte want hulle bring mos die vleis huis toe net soos enige ander van die eksotiese en duur ammunisie. Van punt gewig en spoed en trajekte weet hy nie, want hoekom wil mens jou nou opsaal met sulke onnodighede. Sy geweer skiet 'n A4 papier skoot vir skoot raak op 100m en siende dat 'n bok se blad elkgeval nie kleiner is nie, is dit goed genoeg. Hoekom sal hy nou die bok in die oog wil skiet? Afstand bepalers en sulke volksvreemde goed hoort net by die fancy yanks en geen ware jagter hoort sulke goed te gebruik nie. By aankoms op die plaas stoot hy 'n lappie deur sy geweer om die olie wat hy einde van laas jaar se seisoen ingesit het voor hy die geweer in die kluis weggebere het, te verwyder. Hy skiet gou twee of drie skote en hulle lyk min of meer reg genoeg vir hom. Terug kamp toe en die fles word nader getrek vir 'n lekker kuier saam met die manne. Volgende oggend, nog taamlik olilk van die vorige aand se fles vat, gryp hy sy geweer en die boer gee hom 'n gids en daar gaan hulle veld toe. Loop en jag natuurlik, want dis mos die enigste manier hoe mens waarlik jag. Die olikheid maak dat hy nie regtig veel om hom kyk nie en loop maar net kop onderstebo in die gids se spore. Na 'n paar minute se stap stop die gids skielik en wys na 'n troppie rooibokke in die bos. Daar word so effens nader geskarrel totdat hy 'n oop skoot het en darm een van die bokke se blad kan sien. Afstand word geraai op min of meer 140m so hy gaan maar so rapsie hoog vat vir die onwis. As hy gelukkig is, maak hy 'n doodskoot en kan hy terugkeer kamp toe met 'n bok wat hy te voet gaan jag het en natuurlik moet dit gevier word met die gebruiklike fles of twee.

Jagter A het nie agter sy wild aangeloop volgens oorle Dok se definisie nie, terwyl Jagter B wel het, maar wie was regtig die waarlike jagter tussen hierdie twee? Die hartseer van die saak is dat Jagter A die meeste wind van voor kry deur mede jagters terwyl Jagter B se gedrag as normaal aanvaar word.
Dankie Ghillie

Hier het jy hom raakgevat!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Smitstertjies »

Ek dink ook wat belangrik is, is hoe jy as jagter binne jouself voel as jy klaar gejag/geskiet het, nie oor hoe jou maaitjies jou prys of moeilikheid gee nie.

Soos Ghillie tereg genoem het. Ek het al verskeie jagte per voet gedoen waar ek geensins oor trots is of satisfaksie uit gekry het nie. Ek loop en dagdroom op die beespaadjie, gatvol gestap en oppad terug kamp toe en ewe skielik snork n vark hier reg voor my met sy snoet in die sand. Hy is so besig om knolle te grou dat hy nie eers agter sou kom as die Sishen ystererts trein langs hom verby jaag nie. Ek ruk my geweer van my skouer, haal oor met n vreeslike lawaai en pot hom skuins van agter deur die ribbes op 30m. Arme ot slaan net daar neer met n half gekoude knol in sy bek. Ek is so half verdwaas en wonder wat nou gebeur het.

By die kamp het al my pelle my op die skouer geklop oor die prag vark, en hoe oud hy is en hoe slim hy al moes wees en dat ek hom dan so goed uitoorle het en en en.

Ek was maar stil daardie aand, en het vroeg in die bed gaan klim, want die akkolades het ek wragtig nie verdien nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Dimitri »

Ghillie Man wrote: Jagter A is 'n langafstand jagter in die sin daarvan dat hy met presisie en fyn beplanning skote neem op wild wat vir die gemiddelde biltong jagter buite bereik is. Hier is nie raaiwerk en geluk skote van toepassing nie. Hierdie tipe jagter skiet 500 na 'n 1000 skote onder gesimuleerde jag omstandighede vir een skoot in die jagveld op wild. Hy herlaai sy eie ammunisie met baie fyn noukeurigheid. Sy toerusting is van top standaard want niks minder sal goed genoeg wees nie. Alles van afstandbepalers en verkykers tot weerstasies, ballistiese masjientjies en pasgemaakte gewere wat meer tuis sou lyk in die hande van 'n militere skerpskutter. Hy ken sy geweer en sy eie handladings se trajekte op die punte van sy vingers en het die kuns om wind te lees en te verstaan bemeester. Hy identifiseer sy proodier en ook die spesifieke punt van waaraf die skoot gemaak sal word vooraf. Hy doen sy grondwerk en identifiseer die moontlike rigting waaruit die diere sal kom. Hy maak notas van die terrein en identifiseer moontlike objekte wat 'n rol kan speel soos 'n koppie wat die wind afkeer of 'n kloof wat die wind opwaarts kan dwing en hy oefen daardie scenario aanhoudend totdat hy dit sonder fout kan doen. Eers dan ag hy homself reg vir die jagveld. Dikwels op die dag van die jag moet hy klomp swaar toerusting teen koppies uitdra vir ente waar geen voertuig kan kom nie. En dan moet hy wag vir die skoot. Dikwels in die son en wind doodstil lê en wag. As alles vir hom uitwerk en die weer speel saam soos hy homself voorberei het vir die afgelope weke tot maande vir hierdie spesifieke scenario, daag sy prooidier op en kan hy sy skoot met presisie plaas soos hy so hard voor geoefen en beplan het.

Jagter B is 'n gemiddelde deursnee biltong jagter wat een of twee keer per jaar saam met sy vriende bietjie gaan jag. Hy besit slegs 'n 30-06 met 'n 3-9x40 want dit is al wat enige jagter ooit sal nodig hê, of so het al sy slim maatjies hom vertel. Hy skiet slegs die bruin boksie PMP punte want hulle bring mos die vleis huis toe net soos enige ander van die eksotiese en duur ammunisie. Van punt gewig en spoed en trajekte weet hy nie, want hoekom wil mens jou nou opsaal met sulke onnodighede. Sy geweer skiet 'n A4 papier skoot vir skoot raak op 100m en siende dat 'n bok se blad elkgeval nie kleiner is nie, is dit goed genoeg. Hoekom sal hy nou die bok in die oog wil skiet? Afstand bepalers en sulke volksvreemde goed hoort net by die fancy yanks en geen ware jagter hoort sulke goed te gebruik nie. By aankoms op die plaas stoot hy 'n lappie deur sy geweer om die olie wat hy einde van laas jaar se seisoen ingesit het voor hy die geweer in die kluis weggebere het, te verwyder. Hy skiet gou twee of drie skote en hulle lyk min of meer reg genoeg vir hom. Terug kamp toe en die fles word nader getrek vir 'n lekker kuier saam met die manne. Volgende oggend, nog taamlik olilk van die vorige aand se fles vat, gryp hy sy geweer en die boer gee hom 'n gids en daar gaan hulle veld toe. Loop en jag natuurlik, want dis mos die enigste manier hoe mens waarlik jag. Die olikheid maak dat hy nie regtig veel om hom kyk nie en loop maar net kop onderstebo in die gids se spore. Na 'n paar minute se stap stop die gids skielik en wys na 'n troppie rooibokke in die bos. Daar word so effens nader geskarrel totdat hy 'n oop skoot het en darm een van die bokke se blad kan sien. Afstand word geraai op min of meer 140m so hy gaan maar so rapsie hoog vat vir die onwis. As hy gelukkig is, maak hy 'n doodskoot en kan hy terugkeer kamp toe met 'n bok wat hy te voet gaan jag het en natuurlik moet dit gevier word met die gebruiklike fles of twee.
Hunter C is a fair-chase walk & stalk (fcw&S) hunter. He loves the challenge of getting as close as possible to his quarry thereby testing his fitness, his ability to walk quietly, his ability to stalk close to an animal or herd of animals often requiring crawling or leopard crawling, his ability to read the lay of the land and use it to his advantage, his knowledge of the animals and their habits. He finds long, slow walks more enjoyable and more physically demanding than rides on the back of a vehicle, or sitting in a hide or sitting on top of a mountain all day. He prides himself on the times he gets so close that he can hear the animal as it moves through the bush. It enriches the whole experience for him. His shots are generally taken at relatively close range at anything between 10m and 180m depending on the terrain and which weapon he is hunting with. His 30-06 topped with 3-9 scope perfectly adequate for his requirements out to 180m. He is perfectly competent with his weapon out to 250m and uses good quality factory ammunition although most of his fcw&s buddies reload their own ammo. He only takes long shots (+-180m) on certain farms in the Karoo, Kalahari or other areas and he has astonished many people who did not believe it was possible to get closer than 300m of those animals in those areas. There may be a few farms where it is impossible to get closer than 300m but he avoids those as he is more interested in the hunting challenge and not the shooting one. On average, his shots are probably taken at around 60m to 100m except when hunting with his bow when he has to get within 35m of the animals and the challenge is much much greater. He always uses his rangefinder when hunting with his bow to avoid misjudging distance and almost always uses it on his rifle hunts too although when aiming for the centre of the vital triangle his calibre/bullet combo allows him take shots up to 150m without worrying about holdover on impala size animals. Nevertheless his knows his bullet drop chart out to 250m just in case he has to take a shot at that distance (perhaps to dispatch a wounded animal). He knows how to gut his animal - like all hunters should - and is not afraid to get his hands dirty. He is no more likely to be a heavy drinker than any other category of hunter or shooter be it A, B, C or Z.

I know which category I believe is the true hunter and I think Lucas Potgieter's statement is a valid today as it was whenever he made it:

"As mense nie bereid is om agter wild aan te loop en dit te bekruip nie, behoort hulle nie jagters genoem te word nie"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by James Wilson »

Dimitri jou steliing is foutief. Of dit jou stelling en of dit Dok Potgieter sin was dit is foutief.

Die regte jagter is die een wat alles sal doen om n eenskoot doodkoot te verseker, in die proses alle risko's uit te skakel. Loop en skiet raak nie van alle risko's ontslae nie en langafstand jag ook nie. As jy glo in een skoot doodskoot as jou eerste reel tov jag( en almal moet dit glo). Dan is die persoon wat voorsit by n drinkplek met die regte kaliber met n geweer en lading wat hy baie goed ken, die jagter wat die minste risiko's neem om die bok te kwes. Minste risiko om die bok so vinnig as moontlik te dood = mees eties en dus is hy die enigste ware jager, want hy het aan die bok eerste gedink en nie aan homself nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor

Post by Stefan764 »

James Wilson wrote:Dan is die persoon wat voorsit by n drinkplek met die regte kaliber met n geweer en lading wat hy baie goed ken, die jagter wat die minste risiko's neem om die bok te kwes. Minste risiko om die bok so vinnig as moontlik te dood = mees eties en dus is hy die enigste ware jager, want hy het aan die bok eerste gedink en nie aan homself nie.
Pasop vir hierdie bye-nes.....
Locked