Daar aangekom gewapen met 'n graaf en hark is die eerste dringende takie eers om vir ousie-goete te probeer bykry uit haar staat van skok- haar oe is so groot soos pierangs en met wilde bewegings beduie sy tussen 'n geprewel in die kombuis se rigting. Bietjie suikerwater later kan ons darem "GROOT njoka!! uitmaak......
Hannes, my tandarts-pel het darem intussen as versterking opgedaag.... hy sal optree as beligtingsman... Plat op my maag ontdek ons vir Ta onder die stoof... Graaf gaan nie werk vir 'n 2m+ swartmamba nie...
Lara, van die geweerwinkel bring egter die .22 repeatertjie met haelkoeeltjies. Mr Mamba is egter nie te ingenome met die beweging en flitslig in sy oe nie en staan kop-orent-senuagtig en besigtig hierdie laaste stand-off van onder die stoof af uit....
Ek bekruip versigtig vanaf die ander deur kombuis toe terwyl Hannes die gebroetsel se aandag vanaf die agterdeur se kant met die lig hou. Vanuit die le-posisie kry ek darem 'n mooi kopskoot onder oe en laat loop 'n bekvol haelkorrels in giftand se rigting. Nog so opvolg enetjie net om te wys eks nie hier vir koek-en-tee nie (en omdat ek nie so vinnig uit die blokke is as ek op my pens le en hy storm nie......)
Na 'n gewoel en gekrul le hy later stil en ons kan poseer met ons trofee van 2.43m.
Dis nou nie so opwindind soos Simmentaler jag of indrukwekkend soos teikens op 621m uit die vuis uit skiet nie, maar die adrenalien het darrem aan die gang gekom...
En wie se 'n apteker kan net pille tel?..... Hierdie is leeuwereld pappa!


