My jagtog vanoggend...

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

My jagtog vanoggend...

Post by Piet Pille »

Kry ek toe nou 'n noodoproep vanoggend hier teen 10h30 vanaf 'n vriendin met 'n versoek vir onmiddellike probleemdier beheer in haar huis.....

Daar aangekom gewapen met 'n graaf en hark is die eerste dringende takie eers om vir ousie-goete te probeer bykry uit haar staat van skok- haar oe is so groot soos pierangs en met wilde bewegings beduie sy tussen 'n geprewel in die kombuis se rigting. Bietjie suikerwater later kan ons darem "GROOT njoka!! uitmaak......

Hannes, my tandarts-pel het darem intussen as versterking opgedaag.... hy sal optree as beligtingsman... Plat op my maag ontdek ons vir Ta onder die stoof... Graaf gaan nie werk vir 'n 2m+ swartmamba nie...
Lara, van die geweerwinkel bring egter die .22 repeatertjie met haelkoeeltjies. Mr Mamba is egter nie te ingenome met die beweging en flitslig in sy oe nie en staan kop-orent-senuagtig en besigtig hierdie laaste stand-off van onder die stoof af uit....

Ek bekruip versigtig vanaf die ander deur kombuis toe terwyl Hannes die gebroetsel se aandag vanaf die agterdeur se kant met die lig hou. Vanuit die le-posisie kry ek darem 'n mooi kopskoot onder oe en laat loop 'n bekvol haelkorrels in giftand se rigting. Nog so opvolg enetjie net om te wys eks nie hier vir koek-en-tee nie (en omdat ek nie so vinnig uit die blokke is as ek op my pens le en hy storm nie......)

Na 'n gewoel en gekrul le hy later stil en ons kan poseer met ons trofee van 2.43m.

Dis nou nie so opwindind soos Simmentaler jag of indrukwekkend soos teikens op 621m uit die vuis uit skiet nie, maar die adrenalien het darrem aan die gang gekom...

En wie se 'n apteker kan net pille tel?..... Hierdie is leeuwereld pappa! ;)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Biltong »

Wel gedaan! Lekker adrenalien inspuitinkie. :)
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by DawieKotze »

Kyk manne - daars geen manier dat jy my plat op my maag naby 'n swartmamba sal kry nie!!

Pieter - jy is 'n brawe apteker!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Alwyn »

Eish!!!

Wel gedaan en lekker vertel ook Pieter!!
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by 375fanatic »

kon julle die str89t reuk al uit die huis uit kry?
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Gawie(13mm) »

Mooi man. Het julle darem onthou om vir ousie van die tafel af te help? ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Foxcreek »

Dankie Pieter, het nou lekker gelees aan die storie.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by VdWalt »

Ek sou darem self in my broek geskrik het as ek so
onverwags op die outjie af gekom het.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Carl »

Ek wonder wat gaan Spinnekop Francois sê oor jy wat vriendinne met slange uithelp. Kyk die man gaan hom geniet. ;)

Baie geluk dis 'n grote en ja ek sal self nie sommer op my maag gaan lê en soek na mamba nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Wismit »

Goeie werk !!!

W.S
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Cor Jacobs »

Yes ou maat,

Skop jy die seisoen sommer af met so laaang nommer!!! Jy het darem seker so paar hartpilletjies toe ook kon verkooop na die episode....
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Frikkiedbr »

Sjoe nie geweet hulle kan sooo lank word nie.
Ja nee Pieter jy is baie braaf om daai slangetjie in oë te kyk.

Dankie vir die deel
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by PWV »

madako wrote:Kyk manne - daars geen manier dat jy my plat op my maag naby 'n swartmamba sal kry nie!!

Pieter - jy is 'n brawe apteker!!

Hiermee wil ek saamstem! Ek gaan nie naby so 'n kêrel lê nie. Ek het al met so 'n man te doen gekry, maar dit was in sy habitat (op sy speelveld). Ek dink in die huis sou 'n mens bietjie makliker met hom gewerk het, want ek dink hy gly bietjie op die gladde vloer.
Dit is verseker 'n 'n slangetjie nie, maar 'n SLANG.
Pieter, jy moet versigtiger wees!!
Groetnis
groblerlo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Thu Jun 06, 2013 11:05 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by groblerlo »

seker maar die regte pille gehad...
L L L L LAAAAAAT looop met hom!!
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Frikkiedbr »

Pieter Willem Vorster wrote:
madako wrote: Dit is verseker 'n 'n slangetjie nie, maar 'n SLANG.
Pieter, jy moet versigtiger wees!!
Groetnis
Ja nee oom sien oom stuikel ook oor oom se woorde oor daai slangetjie ++>: :o
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Wouter Roets »

Pietta

;D ;D ;D ;D ;D
Braaf is nie die woord nie!

Frikkie daai manne word tot 4 en n half meter!

Groetnis
Wout
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Frikkiedbr »

Goeie Genade, sjoe dis lank. :):

Dankie Wouter. ;D
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by FCLoretz »

Pieter,

Moet hierdie draad nie eerder onder dangerous game/gevaarlike wild afdeling wees nie?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by NicoSmit »

Ek het my amper beskyt net met 'n onderonsie met 'n Rinkhals weet nie wat sou gebeur het met so outjie nie
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Frikkiedbr »

Pieter jy mos so gespeel het met hom
http://www.youtube.com/watch?v=4GLuyagpI9s

User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Piet Pille »

Kerels, dis nie 'n kwessie van braaf nie, dit was noodsaak- as ek daai slang nie daar kon uitkry nie het die poppie gedreig sy slaap vanaand in my huis..... en ek slaap baie ongemaklik met 3 mense op een bed.... (ek, sy en vroutjie) ;D

Op die eerste foto ini kombuis kan julle die stoof sien. Hannes het gelê en skyn met die flits van die posisie waarvandaan die foto geneem is en ek het gaan le by die ingang links van die stoof in die gang en van daar af geskiet. Daai klein .22 haelpatroontjies is baie effektief so op kortafstand en los darem nie ventilasie gate in die mure/meubels nie.

Moet erken- dis nie die lekkerste gevoel om op 4m vir mekaar te le en loer nie....... en dan wil ek byvoeg dat die kwaliteit van vandag se onderbroeke ook netnie meer dieselfde is nie! :o

Gawie, die een op die tafel is my ou getroue tuinman "Savimbe"- Hy't slaggereed op die tafel gestaan en wag met die hark. Ek het hom dood voor die oe gesweer ek breek daai hark in sy foefenjorts af as daai slang onder daai stoof uitkom en hy keer hom nie. Die ousie "Rebecca" kan jy op die laaste foto op die agtergrond sien waar sy nogsteeds probeer voel vir 'n polsslag- sy's die ene wat hom gekry het toe hy agter die wasmasjien opstaan terwyl sy langsaan gestaan en skottelgoed was het.... Ek het intussen aangebied om die loopvlak op haar plakkies gratis te vervang...
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by DawieKotze »

Wouter Roets wrote:
Frikkie daai manne word tot 4 en n half meter!

Groetnis
Wout
Ek het jare terug alleen agter koedoes aan daar in die berge langs die Oranje rivier in so 'n meneer vasgeloop. :o Hy het my in die oë gekyk so op sy "agterpote" en moes dus by die 4 meter gewees het! Ek het nooit goed gedoen met hoogspring nie, maar het 'n 2.5 meter lood regte kransie laat lyk soos gelyk grond! :)

Op daardie stadium was ek so 2 ure se bergklim van die landrover af en dan nog so 3 ure se ry Karasburg toe. Ek glo nie ek sou dit gemaak het nie!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by PWV »

madako wrote:[
Op daardie stadium was ek so 2 ure se bergklim van die landrover af en dan nog so 3 ure se ry Karasburg toe. Ek glo nie ek sou dit gemaak het nie!
Ja, verseker nie met 'n Landrover nie!!! >:+
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Piet Pille »

Neewat Frikkie, daai simpel troffelkop Steve moet maar vir hom kry. My kinders is nog te klein en my vrou te mooi vir sulke speletjiesnou-al!

Jy's reg Frederick - ek weet nie vir wat het ek dit onder gewere gaan staan en post nie- my bad, sorry. Sal die moderators dit dalk vir my kan skuif?
(P.S. dit sou ook dalk onder "Terminologie" afdeling kon pas, want daar was interesante Afrikaanse terme gebruik vanoggend tydens hierdie debakel... ;) )
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by FCLoretz »

Pieter Vorster wrote:Neewat Frikkie, daai simpel troffelkop Steve moet maar vir hom kry. My kinders is nog te klein en my vrou te mooi vir sulke speletjiesnou-al!

Jy's reg Frederick - ek weet nie vir wat het ek dit onder gewere gaan staan en post nie- my bad, sorry. Sal die moderators dit dalk vir my kan skuif?
(P.S. dit sou ook dalk onder "Terminologie" afdeling kon pas, want daar was interesante Afrikaanse terme gebruik vanoggend tydens hierdie debakel... ;) )
Pieter ns moet dalk kyk na 'n my onderbroek-briekmerk jagtogte afdeling begaan ;D
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Post Reply