My jagtog vanoggend...

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by DawieKotze »

Pieter Willem Vorster wrote:
madako wrote:[
Op daardie stadium was ek so 2 ure se bergklim van die landrover af en dan nog so 3 ure se ry Karasburg toe. Ek glo nie ek sou dit gemaak het nie!
Ja, verseker nie met 'n Landrover nie!!! >:+
LOL Oom Pieter! Kyk met daardie 6 silinder Landrover moes jy 'n drom petrol saamgery het, maar as ek hom in sy donkie gear gesit het, het ek bobbejane jaloers gemaak!! Ons het gereeld sy agter asse moes vervang soos hy hulle afgedraai het! Maar as jy hulle gou langs die pad uithaal en in 4 wiel sit, is jy sommer nou nou by die huis. ;D ;D

Jy kon in elk geval ook maar enige bakkie of ryding van jou keuse gehad het - ek glo nie jy sou die hospitaal gehaal het nie!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Wouter Roets »

Pietta

Try eers die drie mense in die bed ding voordat jy dit so vinnig afskiet! Niemand het gese julle moet slaap nie en dit was ook nie eers jou voorstel nie!

Dawie

My neef wat heelwat ouer as ek is het so 30 jaar terug op my Oom se plaas duskant Ellisras die Sondagaand die Rapport gevat en is fort longdrop toe. Die was buite en het n dubbel sitplek gehad. Daar was so opslaan klap/bank vir sit en staan. Hy het die lantern tussen die twee sitplekke laat staan maak terwyl hy sy broek los gemaak het. Sy oog het toe beweging gevang tussen die twee hout deksels toe hy wou gaan sit. Toe hy die boonste sitplek optel toe staan TA op en my neef breek toe in die proses vier van Newton se wette terwyk hy sy onderbroek verkleur.

Uiteinde is toe n flenters geskiette longdrop en n 4,7m swart mamba! Tot dusver is dit die grootste wat ek al tee gekom het. Sy middellyf was so duk soos my elf jarige bobeen. Kan jy nou vir een oomblik indink as daai neef van my gaan sit het? Daai wereld het monster slange gehad. n Bus het ook een slag n snouted cobra daar doodgery van 3,4m.

Groetnis
Wout
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by KalahariKlong »

Pieter, baie dankie vir die lekker vertel.
Nou lekker gesit en glimlag.
Ek sien oom PW en Wouter is self weer baie skerp vandag.
Ek moet dus met Wouter saamstem, beproef alles en behou die goeie.

Ek het nie besef hulle kom hier of tenminste so naby aan my voor nie.
My laaste onderonsie met een was in Marble Hall, kyk jy waag baie om so te lê en loer.
Daar het ek gesien dat hulle blits vinnig is.

Groete
KK
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Marc »

Iemand kan binnekort n Mandjie vol bederfies verwag ;D
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Silent Hunting »

Pieter,

Jy kan nou wel nie steaks sny nie, maar mooi gedoen. Ek verpes enige slang.

Groete,

Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Naas1
Full Member
Full Member
Posts: 115
Joined: Wed Oct 09, 2013 4:14 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Naas1 »

Baie mooi gemaak Pieter, daar sou baie meer beloftes gemaak moes word >:+ voor dat ek daai meneer sou aanvat, ek en slange is nie maatjies nie
30-06 Brno, 308 Travelo, .22 Obrendorf Mauser, 12Br Browning, .177 CTR
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by JPS »

Eish,

Ek bang nie baie nie maar ek is bitter bitter versigtig vir die menere......
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Frikkiedbr »

Ek moet saam jou daar stem Pieter, mens se familie is meer werd en ek trek net been.
Mens speel nie met so slang nie. Enige gevaarlike slange is nooit welkom nie.

Ag Pieter dit maak nou nie saak waar mens dit plaas nie, ons almal verstaan. En mens kan mos deel net waar mens kan.
Dis klein goedjies, mens kan oor dit kyk.

Mooi dag
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: My jagtog vanoggend...

Post by Polla1983 »

Manne, dankie vir die storie en lekker vertel..ek het dit nou geniet. Dit het my self laat terug dink aan so 2 jaar terug toe die werkers my kom roep oor n slang in die kloof wat in n boom is. Hier by ons is die volk bitter versigtig en bang vir enige iets wat soos n slang lyk.

Lang storie kort, ek vind myself onder n dig kareeboom en 4 van die werkers in n groep so 20meter vanaf die boom. Dis asof hulle "comfort" vind in getalle.
Mamba gee my kans vir n skoot en ek slaan hom half lyf met Nr 3 heal. N skraam skoot en die man val uit die boom.
Nou, in alle rigtings wat daar moontlik is vir die manne om teharloop in die middel van die bos, hardloop hulle mekaar simpel raak in daai group. Dit lyk soos iets uit n Bud Spencer rolprent...
Ek kan dit tot vandag toe nog sien afspeel...
Post Reply