Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Manne ek begin hierdie topic met die oog op die walk en stalk jagters tussen ons.

;D Die bakkieskieters (ek is ook een) sit mos hulle benchrest groepe op die Trofee Papier Bok thread ;D

Ek het gedink om vir oefening en net lekker kruit brand die volgende skiet tabel vir my self te stel. As ek walk en stalk vat ek gewoonlik skietstokke saam maar dit gebeur ook dat daar nie tyd is om stokke te stel nie en jy moet uit die vuis uit skiet.

Ok Eerste tabel : Skiet sonder ondersteuning

70m Staan
100m Sit
200m Le

Tweede tabel : Skiet met driepoot skiet stokke

70m Staan
100m Sit
200m Le

Die teiken is n 6duim sirkel om vitals (nie kopskoot) te naboots met n kol in die senter.

Fredrick sal een laai wat gebruik kan word.

Ek het vanoggend dit probeer en my poging lyk so

Tabel 1

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%209%2007%2003.jpg

Tabel 2

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%209%2007%2010.jpg

My skiet stokke lyk so en is glad nie gemodify nie. Ek skiet oor die kant van een van die bene.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%2010%2035%2028.jpg

Kom manne moet nie skaam wees nie. Probeer dit en kom pos julle fotos
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by spekieries »

Interessant om te sien hoe die groepering drasties verbeter met skietstokke. Goeie oefening vir die walk en stalk bosveld manne. Gaan defnitief ook probeer.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Geno »

Mooi Reggie!
Daar is manne wat nie sulke groepe van n bank af kan skiet nie!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Dankie Geno.

Ek het nogal die eerste een vining geskiet en die staan met my twee honderd zero geskiet.

Ek weet dit sal nie die groep verbeter nie maar sou so duim en n half nader aan die kol gewees het ++>:

Hierdie was met my 223Rem geskiet ek sal ander dag die 243W en 308W ook n go gee
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Biltong »

Hi Reggie,

Jys darem gelukkig om sommer enige tyd op die skietbaan/plaas te kan uitkom.

Ek sal dit gaan probeer Saterdag-oggend. Beplan om Krokodilspruit toe te gaan -dis sommer ook bietjie oefening vir Verkykerskop. :)

Groete

Wicus.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by FCLoretz »

Hier is die teiken soos Reggie gese het.

Die teiken is A4 grootte en in JPG formaat. print die teiken op A4 grootte sonder om te resize. Die sirkel is 6" groot. Jy kan al jou skote op een teiken skiet soos wat Reggie gedoen het of 'n aparte teiken vir le/staan/skiet gebruik.

Ek het ook 'n veld in gesit vir as jy bipod/skiet stokke ens. gebruik.

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/toetsteiken_zps89a29db4.jpg

As julle sukkel om die teiken af te laai. stuur vir my epos na fcloretz at hotmail dot com dan epos ek dit vir julle.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Dankie Fred ;D

Die rede vir die kruishaar in die sirkel is om jou te help sien hoeveel jy jou geweer kantel veral met die sit.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by FCLoretz »

Plesier Reggie.

Sal die naweek bietjie my groepe skiet.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Arnold »

Onthou net om jou teiken level op te sit sodat jy wel die ware kantel van jou geweer kan sien en daarvan bewus word.
Lekker oefening Reggie en mooi geskiet.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Right manne

Die naweek is verby en ek glo daar was een of twee van julle wat die oefening probeer het.

Kom plaas fotos sodat ons kan sien hoe dit gegaan het of gee net bietjie terugvoer.

Kom ons hou die thread lekker lewendig

Groete
Reggie
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by FCLoretz »

Reggie,

Jammer maar met die zero van die nuwe teleskoop het ek so bietjie droog gemaak en toe nie genoeg ammunisie gehad nie. Sal maar weer die naweek moet gaan.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

More manne

Het enige iemand die bo-genoemde probeer?
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by 375fanatic »

het die nawwek weer oor die stokke en uit die vuis geskiet. ons doen dit heeltemal te min en ek het so paar skote oor geswerts maar ek sal ook die skiet probeer as ek op die baan weer kom .

ek dink dis beter oefening as om op die bench te skiet
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Biltong »

Sorry Reggie, het nog nie daarby uitgekom nie.

Groete

Wicus.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Wil bietjie hoor het julle dalk die oefening probeer en hoe het dit gegaan?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by FCLoretz »

More,

Ek was saterdag op die skietbaan, en ek is hopeloos te skaam om my fotos van my groeperings te laai. Dit gaan nog baie oefening vat. Maar ons sal daar uitkom.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Fred

Bly jy het dit probeer.

Volgende keer moet jy maar fotos laai.

Groete
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by FCLoretz »

Reggie,

Ek gaan defnitief weer en weer en weer probeer. Ek sal een of ander tyd beter raak...

Ek sal volgende keer foto's laai.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by KalahariKlong »

Ek het ook nou die draad raak geloop. Klink sommer na lekker pret en goeie oefening.
Verseker gaan ek dit probeer, dankie Reggie en FC.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by VdWalt »

Ek gaan die naweek die gong bietjie van die stokke af skiet (probeer).
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 662
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Smous v.d. Vyver »

Ek sukkel om foto 2 en 3 te sien.Kan iemand dalk help,Iets van 'n dropbox error.Ek sal self dit 'n go gee in die volgende week of twee en kom post.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Arnold »

Hoeveel skote per Tabel afstand, 1?
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by FCLoretz »

3 skote per afstand, As jy na die eerste foto kyk het Reggie die koeel gate gemerk as le, sit of staan
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Hi manne

Ek sien nou die twee fotos will nie nou oop maak nie. Sal gou prober om hulle weer te laai.

Lekker om te sien daar is bietjie belangstelling.
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Walk & Stalk Trofee "Papier Bokke"

Post by Reggie Gerber »

Right Tabel 1

3 skote 70m vryhand staan
3 skote 100m vryhand sit
3 skote le 200m vryhand

maw sonder x-bag, bipod sand sak ens

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%209%2007%2003.jpg

Tabel 2

3 skote 70m staan met 3 poot
3 skote 100m sit met 3 poot
3 skote le met driepoot

https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%209%2007%2010.jpg
Post Reply