Ek het gedink om vir oefening en net lekker kruit brand die volgende skiet tabel vir my self te stel. As ek walk en stalk vat ek gewoonlik skietstokke saam maar dit gebeur ook dat daar nie tyd is om stokke te stel nie en jy moet uit die vuis uit skiet.
Ok Eerste tabel : Skiet sonder ondersteuning
70m Staan
100m Sit
200m Le
Tweede tabel : Skiet met driepoot skiet stokke
70m Staan
100m Sit
200m Le
Die teiken is n 6duim sirkel om vitals (nie kopskoot) te naboots met n kol in die senter.
Fredrick sal een laai wat gebruik kan word.
Ek het vanoggend dit probeer en my poging lyk so
Tabel 1
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%209%2007%2003.jpg
Tabel 2
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%209%2007%2010.jpg
My skiet stokke lyk so en is glad nie gemodify nie. Ek skiet oor die kant van een van die bene.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/126508339/Photo%202014-01-16%2010%2035%2028.jpg
Kom manne moet nie skaam wees nie. Probeer dit en kom pos julle fotos

