Langhoring springbok moontlik gevind???

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Ponkie »

Hallo Manne

Iemand het so rukkie terug 'n trofee gepost van 'n langhoring springbok...
Wel gelukkig het ek moontlik die ware jakob op facebook gevind.
Image

Hoop dis hy! Vergelyk hom met die "langhoring springbok post" op die forum.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

ponkie, waar op facebook kry jy daai bok? Stuur my 'n pm met jou email adres dan add ek jou.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by BLOK »

%$^&#$#&

Ponke, ek kom al baie jare met jag, en baie jare met jag in die botswana kalahari, maar nog nooit so mooi bok gesien nie, sy lyf is vir kalahari nie uitsonders groot nie, ma dit kan seker wees van ouderdom. El sal wat wil gee om so bok te kan gaan jag. Dis rerig n uiters mooi trofee, en die man wat hom geskiet het kan baie trots wees.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Robert »

Dit is voor waar 'n prag trofee.

Ek sien die suurgras is ook maar volop daar waar die bokkie le.

Sal self nie omgee om so 'n treffer te skiet nie.

Robert
Oorwining deur opleiding
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Stefan764 »

Sal self my tande (nie my voortande nie, AL my donerse tande) gee om so n Springbokram te kan jag.

Ponkie, ek het die 2x fotos vergelyk, veseker nie dieselfde bok nie. As jy die "chocolate" strepie op sy wang kyk, die een op jou foto se wang is breed en die een in die stoor se strepie is dun. Die bok in die stoor se horings is ook BAIE langer as die regte bok in jou foto wat jy gepost het, as jy die horinglengtes vergelyk met die lengte van die bokke se gesigte.

Dis dan seker tog moontlik dat die bok in die stoor n "ware Jakob" is????????????????????? Wonder net nogsteeds hoekom hy nie in die rekordboeke is nie.... Jissie nee ek weet darem nie.... Gan kyk weer mooi die versteurings in die riffels op sie stoor-bok se linkerhoring.....

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Danie Lombard .243

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Danie Lombard .243 »

Ek kan duidelik op die foto sien dat daai bok in die kalahari gejag is, as ek moet raai Andreisvale area?, klein en groot mier se wereld? Ek raai sommer.

Gaan maak 'n draai in die kalahari gemsbok park, daar is vele van daai tipe ramme, en oppas vir die ooie, het al ooie daar geisen wat vrek lang horings het. Al verskil, daar skiet jy hom met jou kamera.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

Daai is regtig 'n mooi bok!
Lyk weer vir my soos Askham se wereld (STS)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Francois Marais »

Manne

Ek ken die man oppi foto, daai bok is daar tussen Leonardville en Gobabis geskiet, al n jaar of twee terug. Ek het die foto op hulle brosjure gesien.

Die man oppi foto is die plaasbaas se seun, dink die bok is deur n uitlands trofeejagter geskiet.

Dit is nie dieselle bok as die een in die taxidermy nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Louis102 »

Manne

Vertel my bietjie presies hoe ek 'n springbok se horings moet meet.  Sommer wat die standaarde vir 'n Rowland Ward (is dit wat julle dit noem?) is.  Tot my skande het ek nog nooit enige belangstelling in di? klas van ding gehad nie, maar hier l? (wat vir my lyk) nogal 'n redelike stel springbokhorings in my stoor.  Ek het dit in die veld opgetel.  Sal graag wil kyk hoe dit met ander vergelyk.

Mooiloop
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

Louis,
Springbuck  Minimum 14" Rekord 19 3/8
Meet metode
Metode 7 volgens RW
Image

As ons van lengte praat gebruik ons A-B

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

So iets:
Image
Goed, beter, 6millimeter!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Louis102 »

Thanx Geno

Hoe weet ek presies waar daardie stippelyntjie tussen A en B loop?  Neem aan dat A reg by die basis van die horing begin?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by JACQUES BOTHA »

OOM LEEU
Reg voor in die mirrel sirrel.
So reg soos n roer (wat kan skiet)
presies soos n Gemsbok Oom Leeeu.
Groete
JB
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

Yes Leeu,
Hy begin by die basis en loop al met die voorkant van die horing, maar oor die riffels, nie binne in nie.

Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Louis102 »

Hau!

Geno jy's vinnig.  Jy't seker 3G op steroids?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

Louis, HSUPA Pappa! HSUPA.......
Last edited by Geno on Fri Nov 12, 2010 2:00 pm, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Francois Marais »

Louis

Jy is reg, waar die horing en hare bymekaarkom, en dan die langste pad op, al in die middel v/d horing, en moet nie die tapetjie in die riwwe indruk nie, meet bo-oor die riffels.

Mates C, die omtrek en D-B, afstand tussen die punte word net geneem vir registrasie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Louis102 »

Wat op aarde is Hsupa?  Ek het nog nie eers 3G oppie plaas nie.

Gebruik ek 'n toutjie neem ek aan?  Raait, ek gaan hom loop meet.

Hoop ek kry 'n lang genoeg tapetjie ;)  As hulle so lank is soos ek dink, pos ek 'n foto'tjie. 1 cm = 0,394 duim, is ek reg?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

Louis, dis soos 3G op steroids soos jy se, dis lekker vinnig, seker so 3-4 keer 3G se spoed. Beste om mee te meet is fiets kabel, netnou rek jy nie toutjie ;)

Mooimeet,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Wouter Roets »

Geno
Het al op STS geskiet?
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Louis102 »

Nee wat, moet seker so bietjie Hsupa in die springbokke se water gooi dat die horingtjies bietjie vinniger kan groei.  Kom maar so rofweg by net so oor die 16 duim uit.  Bietjie dom hoe om die kurwes te volg.  As ek die langste pad so met die kurwes langs vat, miskien 'n bietjie meer, maar by 19 duim sal hulle nie uitkom nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Ponkie »

Manne Manne Manne!

Ek het regtig nie gedink ek gaan so baie reaksie kry toe ek die post vanoggend geplaas het nie. Ek behoort aan 'n group op facebook waar ek die foto raakgesien het. Indien dit dan nou nie die regte bok is nie, het hierdie trofee steeds besonderse mooi horings. Nie iets wat jy in 'n 1000 jaar by ons in die karoo gaan sien nie. Die bok se lyfie pas wel by die karoo bokke. Ek sien onder die foto dat dit op die "Rus-en-vrede Ranch" geskiet is. Dalk lui dit 'n klokkie oom FM? Geno, kan jy nie hierdie bok se horings meet soos jy daai VaalRibbok laas gemeet het nie?

Geno, sal jou PM.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by 243Songdaug »

Manne

Ek sal bietjie tussen my foto's krap.  Een van my 7mm Rem maters het so 2 jaar terug op Araob ook so 'n springbok geskiet - die horings is nie so lank soos hierdie outjie sin nie, maar hulle is ook so erg treggedraai - dit lyk eintlik nie "reg" nie.

Miskien droom ek hulle langer, maar ek sal inelkgeval die foto soek en hom plaas.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Louis102 »

243Songdaug wrote: .... die horings is nie so lank soos hierdie outjie sin nie, maar hulle is ook so erg treggedraai - dit lyk eintlik nie "reg" nie ....
342S/D

Ek het weer gedink dis hoe 'n oordentelike springbok se horing mo?t lyk.  Ek het dat my tuinman gou so paar daar op die asgat loop optel.  Hier is 'n paar lekker krullers:

[align=center]Image[/align]

MAAR die horing maak nie die bok nie, of hoe?
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Langhoring springbok moontlik gevind???

Post by Geno »

wouter wrote: Geno
Het al op STS geskiet?
Wout
Wouter, ja. Ons het in 2008 daar wild gevang en so bietjie met die harp (boog) gespeel. Ek het met die boog daar 6 springbokke, 'n blesbok en 'n volstruis geskiet. Kyk, daai is 'n verskriklike mooi plaas! Ons het met die heli daar troppe gemsbok gesien wat enige iemand mal sal maak, 180+ in 'n trop! Mooi aand. Eugene.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply