My nuwe troeteldier
-
ROBBIE1
- Hero Member

- Posts: 1937
- Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am
Re: My nuwe troeteldier
Nee Nico stem vir daai Doom!
Ding met meer as 4 en minder as 2 pote sukkel om in my omgewing te oorleef!
Ding met meer as 4 en minder as 2 pote sukkel om in my omgewing te oorleef!
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: My nuwe troeteldier
Wag tot daai ding sy m@#r strip en jou byt dan is hulle nie meer so oulik nie
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: My nuwe troeteldier
Dit is n fluweel spinnekop nie gevaarlik vir die mens nie!
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: My nuwe troeteldier
Blykbaar is hulle nie gevaarlik vir die mens nie. Die byt kan dalk 'n lelike seer veroorsaak. Hulle is relatief klein, 20-30mm.
Terloops, ek is nie 'n kundige nie. My seun moes as deel van sy studies uitkenning deeglik doen. Hy wys my maar net na die regte rigting. :-) Ek hou my maar net slim.
Terloops, ek is nie 'n kundige nie. My seun moes as deel van sy studies uitkenning deeglik doen. Hy wys my maar net na die regte rigting. :-) Ek hou my maar net slim.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: My nuwe troeteldier
Tarzan wrote:Kan iemand die een identifiseer
Dit blyk deel van die velvet familie te wees.
knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: My nuwe troeteldier
Pragtige spinnekop Ian
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: My nuwe troeteldier
As jy hom nie gaan eet nie, moet hom nie doodmaak nie!
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: My nuwe troeteldier
Ai, dit gee my darem weer so bietjie hoop om te hoor daar 'n paar ander manne wat nie net belang stel om koedoes te beskerm sodat hulle geskiet kan word nie. Dit gee my groot plesier om al hierdie klein goedjies ook in die rondte te sien. Tussen die volk en die doom sien ek nie juis 'n toekoms vir die "nuttelose klein diere en insekte" nie. My volk roei ook alles uit wat hulle skelm kan eet of wat kwansuis gevaarlik is. Dis regtig jammer. Dankie manne.
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: My nuwe troeteldier
Ek is baie lief vir my 8 poot pelle het nou 7 van hulle
Mexican Redrump
Curly hair
Chaco golden knee
Pink zebra beauty
Panama blonde
Indian ornamental
Chilean rose
Groete H
Mexican Redrump
Curly hair
Chaco golden knee
Pink zebra beauty
Panama blonde
Indian ornamental
Chilean rose
Groete H
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: My nuwe troeteldier
grill tot in my onderbroek, wat nou skoon gemaak moet word...
Too many to mention ;-)
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: My nuwe troeteldier
Komaan Roger. Los die bang en gril vir die meisies
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 891
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: My nuwe troeteldier
Ian, jou bobbejaanspinnekop het my laat terugdink aan my diensplig dae. Ons het as 'n gemeganiseerde veggroep in Jan - Feb 1980 naby Messina in die bosse op 'n gereedheidgrondslag gelê tydens die onafhanklikwording van Rhodesië. Om so in die veld gekamoefleer onder skadunette vir 'n paar weke te wag dat iets moet gebeur, is erg vervelig.Ian wrote:Ek en my seun ry Donderdagaand 'n draai en stop by die plaashuis en hy sien die Bobbejaan spinnekop by die agterdeur. Ek het dit laas gesien in 1990 by Madimbo en dit is seker een van die mooiste diere met agt bene.
Die manne het toe agtergekom daar is baie skerpioene en bobbejaanspinnekoppe. Die spinnekoppe se gate was rond en regaf, die skerpioene se gate was ovaal en skuins in die sand in. Dit was sulke reuse skerpioene, langer as van jou polsgewrig tot by jou vingerpunte. Die goed is toe natuurlik uitgegrawe en dan saam in 'n dixie gegooi. As hulle nie wou baklei nie, is die dixie net so effens warm gemaak oor 'n esbit vlam, dan was daar aksie. Die skerpioene het meestal gewen, daai gif is net te dodelik.
Last edited by Hercules Louw on Fri May 02, 2014 4:13 pm, edited 1 time in total.
-
Tarzan
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm
Re: My nuwe troeteldier
So ver ek weet, vat 'n bobbejaan spinnekop 'n maat totdat een sterf
- Chevvy SS
- Hero Member

- Posts: 3140
- Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am
Re: My nuwe troeteldier
Loop sit dan daai een terug, buite Suid-Afrika!Tarzan wrote:So ver ek weet, vat 'n bobbejaan spinnekop 'n maat totdat een sterf
-
Ian
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm
Re: My nuwe troeteldier
HerculesHercules Louw wrote:
Ian, jou bobbejaanspinnekop het my laat terugdink aan my diensplig dae. Ons het as 'n gemeganiseerde veggroep in Jan - Feb 1980 naby Messina in die bosse op 'n gereedheidgrondslag gelê tydens die onafhanklikwording van Rhodesië. Om so in die veld gekamoefleer onder skadunette vir 'n paar weke te wag dat iets moet gebeur, is erg vervelig.
Ek was daar by Madimbo tussen Messina en die Kruger Wildtuin. Ons het ses maande daar in die veld gebly en ek het 'n monster van 'n Bobbejaan spinnekop daar gevang. Ek het nou weer water in hulle gate gegooi om hulle te vang en dit het baie goed gewerk. Ek en Majoor Taylor het skerpijoene gevang en hulle by die Bobbies gesit en dit was 'n gesig gewees om te sien hoe donder 'n Bobby 'n skerpijoen op.
- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: My nuwe troeteldier
Stem maat baie mooiIan wrote:Ek en my seun ry Donderdagaand 'n draai en stop by die plaashuis en hy sien die Bobbejaan spinnekop by die agterdeur. Ek het dit laas gesien in 1990 by Madimbo en dit is seker een van die mooiste diere met agt bene.
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: My nuwe troeteldier
Stem beslis saam
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: My nuwe troeteldier
Ek het nie enige fobie oor spinnekoppe nie, maar daai groot gelerige spinnekoppe wat mens in die bosveld kry en wat 'n web tussen die bome aan weerskante van 'n pad span, laat my 'n natkol in my broek los....
Veral as jy skemer agter op die bakkie staan en een van daai met die helfte van die web in jou gesig kry!
Dan skree ek soos Oscar en my meisiekind.....
Veral as jy skemer agter op die bakkie staan en een van daai met die helfte van die web in jou gesig kry!
Dan skree ek soos Oscar en my meisiekind.....
Aim small, miss small
-
morne smith
- Sr. Member

- Posts: 420
- Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm
Re: My nuwe troeteldier
Jy praat nou van die wawiel spinnekop Eugene?