Pa se Bosveld Bul!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Pa se Bosveld Bul!

Post by CarelG »

Middag manne,

Hierdie naweek het ek een van my trotste oomblikke saam met my seun Ruan beleef!

Dit was ons jaarlikse Pa en Seun jagnaweek by Rooibokkraal en dit was weer n groot sukses....
Ek leer nou al n geruime tyd vir Ruan skiet met die windbuks, om sy kop af te hou die sneller te druk en nie te trek nie en al daai goedtjies...hy gaan ook omtrent elke slag saam skietbaan toe. Nou die dag vra hy of hy met die groot geweer kan skiet (30-06 met silencer) ek se toe ja wat kom probeer, met die eerste skoot is ek maar versigtig en se hy moet die roer vashou dis nie n windbuks nie ++>: ek druk toe die geweer net vas op die skietbank sodat hy nie te veel skop nie...maar na daai eerste skoot was dit verby, hy wou weer skiet en ek mag nie vashou nie!

So kom die Pa en Seun jagnaweek nader en ons is weer skietbaan toe een middag, hy vra toe weer om te skiet en ek sit n vlakvark teiken op 50 meter en se toe as hy hom 6 keer n doodskoot kon gee kan hy die jaar probeer om sy eerste vark te skiet op die Pa en Seun naweek! Hy kry dit toe wragtag reg en skiet toe baie mooi skote en ek se dis n deal....

Ons stop toe donderdag middag op die plaas en die opwinding is GROOT!!!! Ons is sommer dadelik hide toe en hy kon omtrent nie n minuut stilbly oor die varkjag nie! Ons was donderdag en Vrydag heeldag geduldig maar geen geluk, die man se moed was in sy skoene en leer hy toe ook dat n jag nooit voorspelbaar is nie. Saterdag oggend maak ek hom wakker en se vandag is die dag kom ons gaan kry jou vark...ons het in die hide gaan sit en hy se toe ook vir my hy dink hy gaan hom kry vandag. n Uur later kom die sog ingedraf en manne laat ek vir julle se, ek het n behoorlikke bokkoorsie geslaan en Ruan is dood rustig, al wat ek kon uitkry is vat jou tyd mik mooi en maak seker van die skoot. Dit voel toe ook of hy n ewegheid mik en doep daar val die vark in haar spore!

Daai oomblik was ongelooflik en ek sal nooit die uitdrukking op my seun se gesig vergeet nie...hy was verskriklik bly en het high fives soene en drukke uitgedeel ;D My hart wou bars van trots!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by CarelG on Mon Apr 20, 2015 1:32 pm, edited 1 time in total.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2352
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by henried »

Te lekker, baie geluk.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by Chevvy SS »

Lekker gevoel!
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by FrancoisW »

Hey Calla,

Danie het my vertel van die groot oomblik. Well done man.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by sako 30-06 »

Goeie werk,daai mannetjie kan skiet.
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by F.L.A.S.H »

Ai Carell

Moose baie geluk, mag dit die begin van n ewige bond wees en mag jy vir al jou tyd n jagter vriend saam in die veld he.

Ek kry sommer n knop op my keel
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by DWB »

Baie geluk en welgedaan!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Ebony30-06
Newbie
Newbie
Posts: 16
Joined: Mon Feb 17, 2014 7:54 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by Ebony30-06 »

Weereens geluk Calla.

Ek was die naweek saam gewees. Gelukkig moes Carel agter op die bakkie sit terug slagkamer toe, want hy sou nie voor in die bakkie ingepas het met daai trotse breë bors van hom nie. Ek het ook gesien dat jy nou 'n jagduiwel in Ruan wakker gemaak het, elke keer as hy iets sien wil hy skiet. Jy gaan maar jou jag budget drasties moet hersien vir die 2015 seisoen.

Groete,
Danie Welman
CZ 550 Lux Ebony 30.06
Steyr Mannlicher (L) .243 Win
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by vriell »

Netjies !! Geleenthede soos dit wat laaaank oor gepraat word !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by Wismit »

Awsome !!

Nou gaan jag nog lekkerder wees.(en duurder ook)

Geniet elke oomblik, dis tye wat jy vir altyd sal onthou !

W.S
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by Frederik »

Baie geluk, my en my seun te tyd kom ook.
User avatar
Kat
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Mon May 13, 2013 2:06 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by Kat »

Great memories!! Bly vi jou.

Kat
KEEP YOUR HEAD UP-NOTHING LAST FOREVER
____________________
223 Steyr Mannlicher
7mm Rem Mag Weatherby Accumark
User avatar
CalMul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sun Aug 10, 2014 11:24 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by CalMul »

Great oomblikke!!! Baie geluk!!!!
CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by CarelG »

Dag Kerels,

Ons het die naweek ons eerste jagtog vir die jaar in, en dit was weer n groot voorreg om dit saam met my seun Ruan te geniet! Hy het soos altyd sy Pa weer baie trots gemaak en n mooi Blesbok ram geskiet! Die bok is met n bladskoot op 130 meter platgetrek, kaliber is .260Rem gelaai met 129gn Hornady Interbonds.

Geluk Boeta!!!!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by ruaanb »

Netjies!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by sako 30-06 »

Goeie werk,ek dink hy skiet beter as Francois. ;D
User avatar
JohannC
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Wed May 29, 2013 9:54 am

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by JohannC »

daai trots is moeilik om te beskryf...geniet daardie oomblike.

baie geluk
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by Suikermuis »

Baie geluk!

Nou die hele thread gelees en dit werklik baie geniet. Dit het my laat uitsien na die dag wanneer ek en my seuntjie ook daardie spesiale oomblik saam kan geniet.

Mag julle nog verskeie jagtogte saam beleef en geniet!
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Pa se Bosveld Bul!

Post by FrancoisW »

sako 30-06 wrote:Goeie werk,ek dink hy skiet beter as Francois. ;D
Haha ja hy doen. Was lekker om die oomblik saam Ruan en Carel te deel.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
Post Reply