Hierdie naweek het ek een van my trotste oomblikke saam met my seun Ruan beleef!
Dit was ons jaarlikse Pa en Seun jagnaweek by Rooibokkraal en dit was weer n groot sukses....
Ek leer nou al n geruime tyd vir Ruan skiet met die windbuks, om sy kop af te hou die sneller te druk en nie te trek nie en al daai goedtjies...hy gaan ook omtrent elke slag saam skietbaan toe. Nou die dag vra hy of hy met die groot geweer kan skiet (30-06 met silencer) ek se toe ja wat kom probeer, met die eerste skoot is ek maar versigtig en se hy moet die roer vashou dis nie n windbuks nie
So kom die Pa en Seun jagnaweek nader en ons is weer skietbaan toe een middag, hy vra toe weer om te skiet en ek sit n vlakvark teiken op 50 meter en se toe as hy hom 6 keer n doodskoot kon gee kan hy die jaar probeer om sy eerste vark te skiet op die Pa en Seun naweek! Hy kry dit toe wragtag reg en skiet toe baie mooi skote en ek se dis n deal....
Ons stop toe donderdag middag op die plaas en die opwinding is GROOT!!!! Ons is sommer dadelik hide toe en hy kon omtrent nie n minuut stilbly oor die varkjag nie! Ons was donderdag en Vrydag heeldag geduldig maar geen geluk, die man se moed was in sy skoene en leer hy toe ook dat n jag nooit voorspelbaar is nie. Saterdag oggend maak ek hom wakker en se vandag is die dag kom ons gaan kry jou vark...ons het in die hide gaan sit en hy se toe ook vir my hy dink hy gaan hom kry vandag. n Uur later kom die sog ingedraf en manne laat ek vir julle se, ek het n behoorlikke bokkoorsie geslaan en Ruan is dood rustig, al wat ek kon uitkry is vat jou tyd mik mooi en maak seker van die skoot. Dit voel toe ook of hy n ewegheid mik en doep daar val die vark in haar spore!
Daai oomblik was ongelooflik en ek sal nooit die uitdrukking op my seun se gesig vergeet nie...hy was verskriklik bly en het high fives soene en drukke uitgedeel


