Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek en 'n pel het hierdie bokke by STS naby Askam geskiet.
Die plaasbestuurder het ons gevra om 'n paar bokke vir hulle Lodge te skiet.
Toe die hartbees geskiet is, het my pel gedink hy het hom bietjie ver terug gekiet, maar die bok het nie meer as 70m gehardloop na die skoot nie. http://www.youtube.com/watch?v=Wcx0VuW6Mog
Groete,
Eugene
Last edited by Geno on Mon Dec 20, 2010 8:07 am, edited 1 time in total.
Dankie julle. Ek moet erken, dit was 'n redelike maklike jag gewees. Dag 1 het ek die volstruis geskiet, en my pel die hartbees. Dag 2 niks. Dag 3 het ek een ram geskiet, dag 4 het ek die drie bokke binne 25minute omgedop, die rammetjie was nog jonk, perfekte eet vleis. En dag 5 het ek die ander ram geskiet. Ek het 'n Mathews MQ1 gebruik, en my pel 'n Mathews Outback. Ek het die een ooi opsetlik van agter by die boud in geskiet om nuwe broadheads se penetrasie te toets. Sy't morsdood neergeslaan en die pyl het reg deur gefluit. Skote was tussen 8 en 24meter. Groete, Eugene.