Kalahari Boogjag + Video

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Kalahari Boogjag + Video

Post by Geno »

Ek en 'n pel het hierdie bokke by STS naby Askam geskiet.
Die plaasbestuurder het ons gevra om 'n paar bokke vir hulle Lodge te skiet.
Image
Image
Image
Image
Image

Toe die hartbees geskiet is, het my pel gedink hy het hom bietjie ver terug gekiet, maar die bok het nie meer as 70m gehardloop na die skoot nie.
http://www.youtube.com/watch?v=Wcx0VuW6Mog


Groete,
Eugene
Last edited by Geno on Mon Dec 20, 2010 8:07 am, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Kalahari Boogjag

Post by DawieKotze »

Goed gedoen Geno!!

Die Kalaharie is nie die maklikste plek vir boogjag nie. Vertel bietjie meer.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Kalahari Boogjag

Post by Raven »

Ja Geno, Ek kan maar net kyk en bewonder hoe goed julle manne met die boog is.
Miskien eendag wie weet... ;)

Daai springbookkie hheel links het nogals 'n snaakse buig in sy horings, nog nooit gesien nie.
Dit lyk of hulle vorentoe buig.
Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kalahari Boogjag

Post by Geno »

Dankie julle. Ek moet erken, dit was 'n redelike maklike jag gewees. Dag 1 het ek die volstruis geskiet, en my pel die hartbees. Dag 2 niks. Dag 3 het ek een ram geskiet, dag 4 het ek die drie bokke binne 25minute omgedop, die rammetjie was nog jonk, perfekte eet vleis. En dag 5 het ek die ander ram geskiet. Ek het 'n Mathews MQ1 gebruik, en my pel 'n Mathews Outback. Ek het die een ooi opsetlik van agter by die boud in geskiet om nuwe broadheads se penetrasie te toets. Sy't morsdood neergeslaan en die pyl het reg deur gefluit. Skote was tussen 8 en 24meter. Groete, Eugene.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Kalahari Boogjag

Post by whisper »

Well done Geno, time for a change of User name, perhaps ........... Robin Hood? LOL ;D great hunting boet, and great photo's!
Praise the Lord, and let the bullets fly!
Ambessa

Re: Kalahari Boogjag

Post by Ambessa »

Hallo Geno
Geno wrote:...die rammetjie was nog jonk, perfekte eet vleis. En dag 5 het ek die ander ram geskiet.
...met of sonder peertjies...?  ;D

Ambessa
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kalahari Boogjag

Post by Geno »

Oom Am,
Nou praat oom!
Peertjies gebraai met sout en peper is soos murg!

Groete,
Eugene

n.s. Ek sal netnou 'n video van die hartbees oplaai.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply