My 1085 skootjie!

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

My 1085 skootjie!

Post by Gawie(13mm) »

Dagsê manne.
Ek hou nou nie eintlik van spog nie, maar ek wou darem die twee skootjies met julle deel. ;)

Ons is 'n paar manne in die Boland wat bevoorreg is om op 'n plaas tot 1085m te kan skiet. Die wal is twee weke terug gestoot en die raam is opgesit met 'n 500mm x 500mm plaat en 'n vlag.

Die wind stoot sterker as die kruiptrekker wat die wal gestoot het en die raakskote is so ver maar min. Ek en drie van my vriende het laas Vrydag dit ons missie gemaak om die plaat te laat lui!

Al drie is hier op die Forum en skiet oor die algemeen strate beter as ek. Oom Pieter was die amptelike "spotter" nadat sy teleskoop by 900m uit verstelling uit geraak het.
Persoonlik dink ek hy wou net nie ons jong manne se moed breek nie.
Ek het aangetree met my Groen 243 Howa. Kallie met sy Howa 6mm xc en Corné met sy nuwe 243 Remington.

Ek dryf 'n 85gr Sierra hpbt @ 3170 terwyl Kallie en Corné onderskeidelik 105gr en 95 gr koeëls skiet.

Tot op 300m het ons al drie nog met ongeveer dieselfde verstellings geskiet nl. 4Moa elavasie en 3Moa vir 'n 10mph dwarswind. Kallie en Corné het effens minder vir wind gestel.

Teen 600 m was dit egter duidelik dat BC spoed klop. Nou moes ek 3 moa meer vir elavasie en wind stel as my twee kamarade. Dit het my ses skote gevat voor ek my BC kon "true" in Strelok.

Kallie en Corné het elke na 'n paar vinnige raakskote opgepak.
Toe ek eers op die plaat is kon ek 3 skote binne 45 sekondes plant. My taalgebruik het veel tewense oorgelaat en ek moes na die tyd almal aanwesig omverskoning vra. :-[

Die 1085m baan lê in die teenoorgestelde rigting en ons het oor die pad gestap en uitgepak. Die wind was nou net mooi in die teenoorgestelde rigting en het tussen 10 en 12 mph gewissel. Die rigting het ook effens gewissel tussen 9 uur en 8 uur. Die temperatuur was 30°C en die hoogte bo seespieël 164m. Die mirage het plat geloop en daar was geen twyfel aan die rigting. Die Sierra's se 0.282 BC het ek as G1 gebruik. Vir 1085m moes ek dus 60 MOA stel vir elevasie en 16 MOA vir wind teenoor Kallie en Corné se 32 MOA vir hoogte en 8 MOA vir wind.

Asemrowend is al wat Kallie gesê het na ek my "nommers" geroep het. ;D

Ek was buite myself toe die stof 2m kort en 2m regs van die plaat opslaan met my eerste skoot.

Met skoot twee was daar niks.

Skoot drie was regs met hoogte perfek.

Skoot vier was weer regs met selfde hoogte as drie.

Met skoot vyf was daar stof, maar nie een van ons kon roep waar dit getref het nie.

Nadat ek en Corné die video bestudeer het kon ons sien dat die plaat swaai met skoot twee en die stof op skoot vyf is waar ek die plaat op die bo-rant getref het.
IMG-20141121-WA0001.jpg




You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: My 1085 skootjie!

Post by hennief »

Liewe ouers, well done Gawie.
Sodra ek gespaar gekry het vir daai nuwe scope kom klop ek aan vir lesse...
Last edited by hennief on Fri Nov 28, 2014 9:31 am, edited 1 time in total.
300 WM Tikka
6mm Musgrave
12br CBC Pompaksie
.38 Special Taurus
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Riaan Kriel »

Julle het rede om windgat daaroor te raak. Goed gedoen. My verste raak skoot was op 1000y en die teiken was ietwat groter as julle 500x500 plaat.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by PWV »

Wil maar net sê ek was daar en kan Gawie se storie bevestig. Toe hy uiteindelik die 17 MOA links stel, en ek sien waarheen sy geweer se korrel wys, was ek bang hy skiet die bees raak wat "myle" links van die plaat gewei het!
Wonderlik as mens die tegnologie kan inspan om die koele op die teiken te kry!

Het intussen bietjie gewerk aan my teleskoopmontering en kan nou tot op 1km skiet.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Arnold »

Dit is 'n ander lekker nê >:D
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: My 1085 skootjie!

Post by JTM »

Mooi man Gawie! Howazat!
Jannie Welman
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 662
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: My 1085 skootjie!

Post by Smous v.d. Vyver »

Baie mooi Gawie,Arnold ek sien moontklike nuwe extreme steel kanidaat?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Arnold »

Ja, hy en oom Pieter moet sommer kom saam skiet!
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by mossie »

Wie raas dat die 6mm's nie 1000 m kan haal nie? Niemand nie? Mooi so klas, sit maar!
MOSSIE
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 662
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: My 1085 skootjie!

Post by Smous v.d. Vyver »

Mossie Arnold sal vir jou vertel dat my rak 243tjie met 95gr punt teen 3040ft/s die 1218m met 2de skoot geklits het en die 1151m beide kere geklits het.

Ek is nou nog verstom!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Jake1 »

Gawie mooi gedoen.

net n dom vraag, weet jy wat jou spoed is as hy daai teiken tref? En stabiliseer koeel nog?

groetnis
Jaco
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Jake1 »

.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Gawie(13mm) »

Jake1 wrote:Gawie mooi gedoen.

net n dom vraag, weet jy wat jou spoed is as hy daai teiken tref? En stabiliseer koeel nog?

groetnis
Jaco
Hy tref maar @ 850 vt/sek met 140 ft-lb. Ek sal darem 'n rot op daai afstand kan wiks. Die 85gr gaan @720m sub sonies.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Jake1 »

Dankie Gawie.

Wat gebeur met sy stabilisasie op daardie spoed?
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Kalahari »

Netjies Gawie en kie, julle manne maak mooi. Ek het baie plek by my ook as julle wil kom skiet >:D
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 993
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Kallie Fernhout »

Gaan jy nie vir ons die res van die storie vertel nie, ons het mos amper n worsie gebraai. Haha joke net mos gese ek gaan nie die storie los nie. Mooi gegooi my vriend, bly maar lekker as jy daai plaat raak stoot om daai afstande.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8005
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: My 1085 skootjie!

Post by Arnold »

Corné v.d. Vyver wrote:Mossie Arnold sal vir jou vertel dat my rak 243tjie met 95gr punt teen 3040ft/s die 1218m met 2de skoot geklits het en die 1151m beide kere geklits het.

Ek is nou nog verstom!
Dit is darem lekker as jy daai liggie sien flikker :police:
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: My 1085 skootjie!

Post by Frikkiedbr »

Wys net harde werk en toewyding werk altyd, baie Geluk Gawie en die ander manne.
Sjoe maar daai wind gooi.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Post Reply