Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Eerste Blouwildebees (jong bul) gejag in Carolina omgewing
7x64 met S&B 173gr ammunisie. Skoot op 110m, regdeur die enjinkamer. 40m gehol toe slat hy neer (moet se was baie banggepraat voor die tyd oor Bloues wat nie wil omval nie...)
Horinglengte: 26"
Uitgeslag (5dae in koelkamer, pote, kop en vel af): 90kg
Groete,
Stefan
(PS - ek het vamore eers die tyd gevat om die fotoplasery onder die knieg te kry, so verskoon, hier kom n paar!)
Ja nee daai biltong was van die lekkerste wat ek nog gehad het. Braaiwors net so lekker. Ons het net Wildebees met Beesvleis gemeng, halfte halfte. Geen ekstra vet of skaap of vark en dit was genuine (let op WAS) lekke...
Vrek, ek weet nie hoe ek dit to April gaan maak nie, my vleis is so te se op!!
Dan moet ons maar 'n draai gaan maak op daardie oop plaas waarvan ek jou vertel het tussen Brits en Thabazimbi, dan kyk ons vir ietsie vir die vrieskas