Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek kan nie wag vir hierdie jaar se jag seisoen nie kon laaste jaar net 3 skiet wil dit meer maak hierdie jaar.
Hulle is nie baie groot nie. Die boonste een het maar 96 kg geweeg. .308 is maar `n ou staatmaker
Ja ek bly hier en het nogal groot probleme met jakkalse en rooikatte tussen my skape maar het darem baie hulp met dit vanaf Namib se kant af, Hy is natuurlik meer gesout in die jakkals roep en leer baie by hom en op die forum. moet se dat ek baie al geleer het in die tyd vandat ek op die forum geregistreer het.
Wil nog na een van Jaracal se kurses toe gaan as dit naby gehou gaan word.
Ek is nogal trots op daai skoot dit was die dood skoot.
Hy was op ? rant so ongeveer 300 meter van my af en het af na my gekyk.Die punt het daar waar jy die gat sien ingegaan deur die brein en in die eerste been in die nek gaan sit. Dit was die verste skoot wat ek nog vir die kop geskiet het met die .308 en dit was gelukkig op slag dood. Gewoonlik skiet ek agter die blad op daai afstand" Nie so goed met gradeboog" maar hy het my nie kans gegee nie en het reguit na my gekyk toe vat ek die skoot en was gelukkig.