Ambessa
Ambessa wrote:
Die redelik wye kleurskakerings word goed beskryf... ...ook die dun stertjie...
Dit is vir my interessant dat die geleerde manne "grys" as die laaste kleur op hulle lysie van kleure in hulle beskrywing noem. As 'n onkundige (soos ek) dus na hulle beskrywing kyk, sou ons mos nie verwag dat die "African Wild Cat" se geheel indruk grys sou wees nie?
Die onkunde loop oor aan hierdie kant, maar my waarneming is dat op die redelike groot populasie "groukatte" wat ek al in my lewe gesien het, daar baie min "reddish, sandy yellow of tawny brown"-kleurskakerings in hulle voorkom. Miskien is ek kleurblind, maar Groukatte is grys hier by ons - of altans die geheel indruk. Dalk nog 'n "yellowish" agtergrond, maar as ek die Groukatte in ons omgewing moes beskryf sou ek s? dat dit oorwegend in skakerings van grys is voorkom en dat ander kleure minder opmerklik is en in klein hoeveelhede voorkom. Meer soos die kat in die foto se regter voorbeen. Die hoeveelheid rooi soos in hierdie "groukat" op die foto is so seldsaam hier by ons, dat ek sou vermoed het dat 'n verbastering sou wees. Ek praat van my waarneming in my omgewing en glo dat dit totaal kan verskil in ander omgewings.
Daarmee saam lyk die kat in die foto volgens my subjektiewe waarneming groter as die gemiddelde huiskat (as daar so iets is). Wat is die mates van 'n gemiddelde huiskat sou ek van die wetenskaplikes wou weet. ( En as hulle die grote van die gemiddelde huiskat weet, hoe het hulle daarby uitgekom.) Lyk nie vir my na 'n "Wetenskaplike" beskrywing nie, maar dit is nie waar dit eindig nie. Die kat op die foto se stert is redelik dik en nie merkbaar "getaper" nie, sou ek in subjektiewe oordeel s?. Wat is die wetenskaplike gemiddeld van 'n kat van hierdie soort se stert? Ek sou ook 'n Namibiese dollar daarop verwed dat die kat swaarder as die 4-5kg van jou wetenskaplikes was, maar besef dat gewig nie volgens Oom Ambessa 'n goeie maatstaf is nie - so het hy al voorheen oor roofdiere op die Forum ges?. Nou hoekom gebruik hulle dan sulke spesifieke gewigte om die katte te beskryf? (die "N=42" en "N=36" sou ek nie dink is goed genoeg in my subjektiewe opinie nie)
Dit nou daargelaat. Wil die slim Ooms nou vir my s? dat dit onmoontlik is dat die kat in die foto 'n goeie klap rooikat bloed in hom het? Wat is julle beste "boek gewapende raaiskoot" sonder DNA bewyse oor die kat in die foto?
En nou is ek katastrofies katvol vir die onderwerp.
Louis
Ns. Indien daar verwarring bestaan, ek het net die foto vir Benman geplaas en het geen idee waar die kat vandaan kom, wie dit op die foto is nie of wat sy details soos gewig en mates is nie. As ek naby was sou julle meer van die kat geweet het.
Goeie dade oortref goeie woorde.