so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by william007 »

Goeie dag manne
hier is so paar fotos van die jagte al hierdie jaar wat die manne geskiet het hier by ons.Die omgewing is daar in Kimberley Noord kaap.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by Flip Nel »

Baie Nice dankie vir die deel
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by FHM »

Mooi gedoen manne - daai bul het darem helse wye horings - shoe!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by theedge »

Baie Nice dankie vir die deel
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by JuanVE »

Baie Nice, wat het bokke uitgeslag?
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by william007 »

Dankie, die springbokke slag uit 22 tot 26 kg. ons nou nie daai bok geweeg nie maar met die ander jagte did die gemiddeld van hulle.

Daai koedoe het ons ook nie geweeg nie maar die bulle wat ons geskiet het wat soorgelyk is kaal karkas 160 tot 175kg. het al gekry van 180 kg maar is nie so baie nie uitsondering.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by skollie »

Dankie vir die onvergeetlike ervaring by jou, Boetie ........... hiermee n paar fotos
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by Gawie(13mm) »

Netjies!!!!
Darem 'n "kom kyk" Gemsbok daai. ;D
Nou wag ons vir die storie Skollie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by joe rocket »

Lekker Skollie mooi bokke daai, soos Gawie sê nou wag ons vir die storie en die biltong en droëwors. :laugh:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by skollie »

Dankie Gawie ............. jou hulp met my ladings was presies !

Alles met die nul-kwes geskiet 165gr TTSX @ 2750fps

Gemsbok was baie naby (80m) net agter blad, skoot dwars deur .........sy het seker so 15m gehardloop en toe omgedop (105kg met vel aan)

Blouwildebees op 240m - quartering away, net agter blad, bietjie laag en stukkie hart af .......... die bul het seker 100m gedraf en gaan stil staan asof daar niks fout is nie, na omtrent 5min kop gesak en omgedop. Hier moet die PH (Boetie) al die krediet vat, hy het gese dat die skoot goed was en dat ons geensins na die dier gaan haas, gee die dier tyd en hy sal omdop. (Ek het al voorheen gesien hoe so n bul tweede asem kry as n mens op hom afstorm om nog n skoot te skiet) - 145kg

Die Springbokke was maar bietjie wild en skote tussen 300m-400m sou die orde van die dag wees. Ek was maar huiwerig om met die nul-kwes so ver op hulle te skiet, maar het darem 2 gekry wat so 220m-230m stil gaan staan het. (24kg Ram en 19kg ooi)

Rooibokooi ook gekry vir die spit (sy gaan Saterdag oor die kole draai) 27kg

Ek moet se dit was maklik een van my lekkerste jagte ooit. Die diere was volop en in baie goeie kondisie, die veld was pragtig na al die reen. Die geriewe by Waterval was uitstekend en die PH baie gasvry en behulpsaam. Ons het ook nie net dood geskiet nie, ons het darem tyd gekry om te help met wildvang en lekker lang "game drives" gevat. Die hoeveelheid en verskeidenheid wild was verstommend .......... was regtig n voorreg om daar te kon jag.

(verskoon maar die Afrikaans ........ ons souties sukkel soms met die geskrewe woord) ;D
User avatar
skollie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by skollie »

joe rocket wrote:Lekker Skollie mooi bokke daai, soos Gawie sê nou wag ons vir die storie en die biltong en droëwors. :laugh:
Dankie Joe ........... ons sal nog uitkom by die biertjie wat ons nog saam moet drink ;)
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by Eduard Venter »

skollie wrote:Rooibokooi ook gekry vir die spit (sy gaan Saterdag oor die kole draai) 27kg
Dit klink nou baie lekker. Kom gee asseblief bietjie terugvoering oor hoe julle gemaak het en hoe dit geproe het.

Groete
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by Jurgen Visser »

Dit is darem lekker om die stories te lees , dankie manne
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: so paar bokke wat plat gemaak is waterval safari

Post by william007 »

Goeie dag manne
Ek wil net by se dat Skollie (Andre) en sy manne van die lekkerste kliente is, hulle skiet baie goed en hulle het so baie respek vir die natuur. Dit het vir my nie soos n werk gevoel nie maar soos om saam vriende te wees dit was ongelooflik lekker om saam die manne te jag en Andre julle is versekker welkom volgende jaar en enige tyd om te kom kuier.Ek wil so se dat ek nie meer kan wag vir volgende jaar nie om julle weer hier te he.
En onthou daai is nie n 30 0 kwes nie maar wel n 30 -0 sukses.
groete daar.
Post Reply