Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Gistermiddag toe Myburgh van die skool af kom was die bakkie gepak en die Terrier was reeds op die bakkie. Ek was sommer net lus om saam met hom in die veld te wees as die son sak...ons twee het lekker rustig plaas toe gery en sommer net lekker gesels oor alles behalwe skool en diep in my hart was ek 'n baie gelukige pa en bevoorreg om saam my beste maat te kon wees. Myburgh vra my toe hoekom is die geweer by...ek sê hom toe mens weet nooit wat opduik nie. Ons het net lekker rustig deur die veld gery en die blesbok het mooi plankdwars gestaan op 166m en voor ek skiet sê Myburgh vir my of ek kan sien die son sit net 2 duim bo die horison en dat ek asb moet seker maak van die skoot. Ek het lekker lag gekry so by myself , die skoot het geloop en die bok het neus in die grond weggetrek en 15m verder geval met 'n mooi hartskoot. Wat 'n voorreg.