Week begin mooi...

Post Reply
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Week begin mooi...

Post by Ben Remington »

Hartlike goeie môre...

Gistermiddag toe Myburgh van die skool af kom was die bakkie gepak en die Terrier was reeds op die bakkie. Ek was sommer net lus om saam met hom in die veld te wees as die son sak...ons twee het lekker rustig plaas toe gery en sommer net lekker gesels oor alles behalwe skool en diep in my hart was ek 'n baie gelukige pa en bevoorreg om saam my beste maat te kon wees. Myburgh vra my toe hoekom is die geweer by...ek sê hom toe mens weet nooit wat opduik nie. Ons het net lekker rustig deur die veld gery en die blesbok het mooi plankdwars gestaan op 166m en voor ek skiet sê Myburgh vir my of ek kan sien die son sit net 2 duim bo die horison en dat ek asb moet seker maak van die skoot. ;D ;D Ek het lekker lag gekry so by myself , die skoot het geloop en die bok het neus in die grond weggetrek en 15m verder geval met 'n mooi hartskoot. Wat 'n voorreg.

Groetnis

http://i592.photobucket.com/albums/tt4/bennie82009/20170515_174401_001_011mmmm_zpsxuh7iyhu.jpg
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Week begin mooi...

Post by DWB »

Lekker!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Week begin mooi...

Post by Springkudu »

Voorreg
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Week begin mooi...

Post by Plaashaas »

Ha ha ha die leerder word die meester
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Week begin mooi...

Post by FrancoisW »

Groot voorreg. Lekker om so storie te lees.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 998
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: Week begin mooi...

Post by partner »

Baie dankie vir die deel daarvan. Wat n groot voorreg om saam met jou seun te kan jag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Week begin mooi...

Post by PWV »

Ben is jy 'n beroepsjagter? Jy boer in die veld en skiet alles dood wat voorkom. >:D
Hoe moet ons nou voel?
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2487
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Week begin mooi...

Post by Flip Nel »

nice man
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Week begin mooi...

Post by Sean3006 »

Nes oom Pieter daar se Ben...
Jy maak ons jaloers deur om die voorreg te he om so baie tyd in die veld te kan deurbring.
Groete
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Week begin mooi...

Post by Ben Remington »

PWV wrote:Ben is jy 'n beroepsjagter?
;D .....nee wat ek is ñ gewone jagter wat net baie geleenthede het. ;D

Groetnis
Post Reply