Wildshoekie

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
Riaan E
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Fri Jul 11, 2014 10:56 am

Wildshoekie

Post by Riaan E »

More mense,

Ek post omtrent nooit nie , maar moet hierdie met julle deel. Ek het my eerste Waterbok gejag so paar weke terug omdat ek maar skrikkerig is vir die aflsag en hoe daai vleis kan uitdraai. Lang storie kort , hy het geval en ek het hom by Robbie en sy span ingegee om te verwerk.

Daai vleis is seker van die lekkerste wat ek al ooit geproe het , Robbie hulle ken van. Die wors , biltong,fillets, sosaties als is eerste klas en die verpakking het als soveel vergemaklik.

Dankie Robbie , julle sien my verseker weer
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Wildshoekie

Post by Springkudu »

Hier word gereeld mooi dinge oor Robbie gesê, so die man moet iets reg doen!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildshoekie

Post by ROBBIE1 »

Baie dankie Riaan, jammer ek lees nou eers, maar dit raak nou rustig, nou kan ek ook weer saampraat.

Dankie vir julle manne se ondersteuning!!
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Wildshoekie

Post by blaser »

ja robbie se vleis is puik maar hy luister nie altyd mooi nie
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2319
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Wildshoekie

Post by JAGTERSREG-JRM »

Dagse


Het self die begin van die jaar n waterbok laat val en uit die aard van die saak het Robbas die bewerking gedoen.......Soos gewoonlik mooi verpak en baie lekker. Niks fout met n kring gat as hy reg geslag is nie.

Kaaswors en Schnitzels is bobaas
Jrm Goods & Services
Kobus van den Berg
VUURWAPEN MOTIVERINGS
WAPEN & AMMUNISIE VERKOPE
Kontak my gerus!!!
082 619 7236
jagtersreg@firearmsa.co.za
http://www.firearmsa.co.za
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1184
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Wildshoekie

Post by heywillie »

blaser wrote:ja robbie se vleis is puik maar hy luister nie altyd mooi nie
Skryf dan neer, glo hy kan lees :P
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Wildshoekie

Post by blaser »

hy skryf dit self neer wanneer jy inboek ou maat
Sky King
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Sep 18, 2017 5:06 pm

Re: Wildshoekie

Post by Sky King »

blaser wrote:hy skryf dit self neer wanneer jy inboek ou maat
Ook so ervaring gehad. Wanneer hulle luister is dit wel top klas produk.

Hy help ook graag op Sondae wat baie gaaf is.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildshoekie

Post by ROBBIE1 »

Naandse manne.

Blaser en Sky King, jammer jong, ek is nou nie seker wie julle is ( die forum name onbekend)en wat die probleem is nie, maar kontak my asb, of stuur jou nommer dan bel ek julle, en ons sorteer dit uit!!!

Ek se altyd niemand is volmaak, maar ek try my bes, en was nog nooit te swak om n fout wat gemaak is hetsy deur myself,of my personeel, reg te stel nie, maar as jy nie praat nie, gaan ek nie weet nie my mater.

Asb stuur vir my n watsup met jou nommer en ek bel jou, of gee my n lui en ons kyk hoe ons die probleem kan takel!!

Groetnis.
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: Wildshoekie

Post by Krobb »

Dit is nou hoe n man n probleem uitsort, mooi Robbie.
Post Reply