Red stag!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Red stag!

Post by .::Alwyn-U::. »

Kyk hierdie mooi dier, friende van my wat in Denmark hierdie Red stag plat getrek het. Wat 'n voorreg!
[img width=560 height=420]http://i1087.photobucket.com/albums/j47 ... EDSTAG.jpg[/img]
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Red stag!

Post by Gerhard »

Baie mooi bok
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Red stag!

Post by James Wilson »

sjoe, baie mooi. weet jy watse kaliber?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Red stag!

Post by .::Alwyn-U::. »

Ek weet hy skiet met 'n .308 so ek sal aanneem dit is hy wat hom plat getrek het. Dink julle daai red stag's is groter as ons koedoes?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Red stag!

Post by James Wilson »

ek is bly om te sien hy skiet met n 308..  denemarke is een van die lande(in europa) wat in die sestiger jare n simpel wet aangeneem het wat gese het geen kaliber wat ooit as n std militere kaliber gebruik is mag aan privaat persone verkoop word nie. dit sluit in 303;308;30-06;223;7x57 en nog so n paar. maar ek hoor al meer van jagters uit daardie spesifieke lande wat toegelaat word om die kalibers te koop. as jy weer met jou vriend gesels hoor asb wat is sy gevoel rakende dit.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Red stag!

Post by .::Alwyn-U::. »

Ja dit maak vir my sin. Kyk die man aan die linkerkant is die seun. Hy skiet met 'n .243 weet ek. Sy pa het die .308
Ek het hom hier ontmoeet terwyl ek op my PH kursus was 'n paar jaar terug. Sy pa besit 'n stukkie wild plaas naby Somerset-Oos alhoewel die wet hulle soortvan verbied om te mag werk as 'n beroeps jagter of outfitter in ons land het hulle die kursus kom doen net vir die lekkerte.
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Red stag!

Post by marno »

Dis regtig 'n baie mooi stag!!  Ek het nou die dag op ESPN gekyk toe daar 'n klomp ounes van die gejag het.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Red stag!

Post by Gerhard »

Ek het die Red Stag horings gesien in Abu Dhabi met n outdoor skou.

Die outfitter was van NZ gewees.

Ek was regtig verbaas oor hoe duk die horings op die basis was.

Vir my is Elk en Red Stag die bokke wat my die meeste beindruk buite afrika.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Red stag!

Post by marno »

Gerhard wrote: Ek het die Red Stag horings gesien in Abu Dhabi met n outdoor skou.

Die outfitter was van NZ gewees.

Ek was regtig verbaas oor hoe duk die horings op die basis was.

Vir my is Elk en Red Stag die bokke wat my die meeste beindruk buite afrika.
Ek stem saam Gerhard!! Net een wat ek nog sal by sit is Carabou.  Daai horings is ook pragtig.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Red stag!

Post by BLOK »

Wragtag n mooi bok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Red stag!

Post by PITSMIT »

Jagbehep! wrote: ek is bly om te sien hy skiet met n 308..   denemarke is een van die lande(in europa) wat in die sestiger jare n simpel wet aangeneem het wat gese het geen kaliber wat ooit as n std militere kaliber gebruik is mag aan privaat persone verkoop word nie. dit sluit in 303;308;30-06;223;7x57 en nog so n paar. maar ek hoor al meer van jagters uit daardie spesifieke lande wat toegelaat word om die kalibers te koop. as jy weer met jou vriend gesels hoor asb wat is sy gevoel rakende dit.
pragtige dier daai.  vir my lyk hy groter as ons kudus hier. het hulle al op espn gesien en daai bokke raak groot in new zeeland en in skotland.  ek dink n mooi stag kan ons kudubulle n go gee wat grootte aanbetref.

nou vir bietjie skerts. :P die .270 is een van baie min kalibers wat nie deur enige milit?r aangewend was ooit nie.  dit maak hom uniek as kaliber en dis waarom ek self een besit.  .270 of niks ;D ;D
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Red stag!

Post by .::Alwyn-U::. »

Pitsmit, die 270.... Hy is so "uniek" dat hulle hom nie eers oorweeg het nie.. En maar leiwers gehou het by die kaliebers wat eintlik doodmaak  ;D ;D ;)
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Red stag!

Post by PITSMIT »

alwyn

giggel giggel ek vang wat jy se ;D  maar dit bly darem n donnerse lekker roer my maat wat skiet jy as ek mag vra
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Red stag!

Post by .::Alwyn-U::. »

Nee ek grap sommer net. Ek is mal oor die 270, ek sal vir my een koop as die regte geleentheid verby kom.

Ek skiet met 'n 375H&H.. Daai meneer maak dood  ;D

Groete
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Red stag!

Post by PITSMIT »

puik kaliber ken twee manne wat met hom jag en ek stem daai roer gooi rooi dis n uitstekende all rounder en hy het daai bietjie meer oemf as jy iets groot wil klop

geniet hom

groete
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply