Walk & Stalk 2 van 3

Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Walk & Stalk 2 van 3

Post by jaracal »

Dag 2
Ry weer na die deel waar ek die elande en blou wildebeeste gewoonlik kry. Ry weer op die groot beer sog en jonges af. Los hulle en gaan eers na die plek waar ek die ander vark die vorige dag geskiet het. Sommer met die intrapslag "spook" ek die gemsbokke en is alles tot verniet. Ongelukkig dat ek so dom en onoplettend kan wees ry ek terug. Ongeveer 400m van die plek waar ek die groot beer gesien het stop ek bo op 'n randjie en bekyk die area met die verkyker. Lyk my my luck is vandag ook in. Die vark is besig om op die vlakte naby 'n groterige bos te wei. My bekruip teen die heuwel af is maklik en die wind is in my guns. Ek beweeg stadig en kyk gedurig om my rond, wil nie nou ander diere skrikmaak nie. Het op 'n dag 'n blesbok nie op 25m gesien nie omdat ek te gefokus was op sy maatjie - uiteinde - nie een gekry nie. Alles loop mooi en na ongeveer 'n uur is ek 10m duskant die bos met die vark ongeveer 15m anderkant die bos. Nou vir die span van die boog en die stadige uitbeweeg. Die vark is gelukkig so besig om te wei dat hy nie die beweging sien of my opmerk nie. Die spasie tussen die 20m en 30m kom mooi in die killzone tot stilstant en ek laat die pyl gaan. Die vark spring op en hardloop so asof niks gebeur het nie. Ek sien egter die pyl aan die kant uitsteek en redelike vinnige vloei van bloed. Snaaks dat die pyl nie deur gegaan het nie - 70# 30" treklengte en 'n 515gr FMJ pyl. Ek staan doodstil en die vark draf gemaklik die vlak af. Hy gaan staan twee keer en kyk terug en draf weer verder. Hy raak weg so ongeveer 320m naby 'n boom. Ek wag nog 'n ruk en hou die area dop maar sien nie die vark uit die slootjie uitkom nie. Ek gaan haal solank die voertuig en kry my gps reg vir die bloedspoor volg. Loop op die bloedspoor en tot by die plek waar die vark verdwyn het. Lyk of hy net daar omgeval het nadat hy uit my gesigsveld verdwyn het.
Image
Image
Image
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Gerhard »

Mooi beer.

Kyk hoe mooi het hy sy regter kant se tand af gewerk...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by .::Alwyn-U::. »

Ja hy is lekker afgewerk! sommer baie korter
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Francois Marais »

Hein

Geluk man, mooi vark.....
Hy raak weg so ongeveer 320m naby 'n boom.
Gou so n stukkie ongevraagde opinie....Ek dink dat n vark seker een van die taaiste diere is om met n boog te jag, en het ek ook die meeste varke, van al die spesies wat ek al met boog gejag het, gekwes, of altans nie gekry na die skoot. Baie beginners is geneig om vir n eerste dier n vark te kies om te skiet, as die dier dan nie gevind word nie, is hulle baie afgesit teenoor boogjag, ek reken dat n Rooibok/Springbok n beter teikenspesie is vir n eerste jag met n boog....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Gerhard »

Francois,

Stem saam oor die otterjasie...

Maar selfs rooibok en springbok se reaksies is vinnig...

Vir die eerste jag sou ek n blesbok of kudu koei voorstel om n nuwe boog jagter in die ding te kry...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Skolla »

Francois Marais wrote: Ek dink dat n vark seker een van die taaiste diere is om met n boog te jag,
FM

Ek stem. Van alles wat ek al met n boog geskiet het, het ek nog altyd die verste op sy spoor geloop voor ek hom gekry het.

Hein, baie geluk met al die walk en stalk en suksesse.
Lyk my die gogga het vas gebyt.Dit bly maar n ander uitdaging as met n geweer?

Skolla
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Francois Marais »

Gerhard

Ek verwys na die taaiheid van n vark, selfs met n goeie skoot, weet die bokke se reaksietyd is vinnig, maar die kans om n bok met n halwe goeie skoot te kry is beter as om n vark met dieselle skoot te kry.......man moet ook maar n beginner boogjagter se budget in gedagte hou..... ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by jaracal »

Skolla en Kie
Dankie, ja die gogga byt nogal vas, wil nie los nie :D
Francois, twee van die 3 varke wat ek geskiet het het verder as 300m gegaan met long skote. Het nou ander b/h gekry sal bietjie kyk hoe hulle werk.

H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Francois Marais »

Hein

Watse BH het jy geskiet oppi varkies, en na watter toe het jy nu oorgeslaan......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by jaracal »

Francois
Het Slick tricks gebruik, wil nou kyk hoe die G5;T3 werk
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Dewie
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Fri Jul 01, 2011 6:53 pm

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Dewie »

Halo oom Jaracal

Geluk met oom se beer wat oom met die boog geskiet het ;)

Dewie
Brno .308
Howa .243
Brno .22
Gammo CFX
VMAX
Nosler Ballistic Tip
Barnes Tiped TSX
Wimpie le Roux

Re: Walk & Stalk 2 van 3

Post by Wimpie le Roux »

jaracal wrote: Francois
Het Slick tricks gebruik, wil nou kyk hoe die G5;T3 werk
Groete
Heinrich
Ek sal hou by die slick trics, ek glo 'n mens verander nie iets wat perfek werk nie en daai tricks skiet tonnels deur die diere. My 2 sent
Post Reply