Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Smous v.d. Vyver wrote:Nee Gawie man help die man!
Jy druk die arm knoppie en dan druk jy hom weer maar die slag hou jy hom in tot jy by die eerste skerm is wat jy kry wanneer jy hou sou aan en af sit.
Vir die rekord die app is stront. Los maar!
Baie dankie Smous, waardeur. As jy arm knoppoe druk raak hy oranje, druk ek hom weer en hou hom in dan?
Ek seker daai deel mis gelees in instruksies, het App al gebruik, maar bv gister was my cell se battery effens pap, wou spaar as iets langs die pad gebeur.
Groete
Morne
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Miskien het julle verskillende fone
Iphone vs andriod, miskien werk die iphone en nie die andiod of andrrs om.
Sal intresant wees om te hoor wat julle gebruik.
Smous v.d. Vyver wrote:Yes jy druk een keer as hy oranje was dan word hy blou en dan hou jy hom in tot hy by begin skerm is.
Baie dankie, gaan dit probeer.
die kere wat ek app op foon gebruik, het dit mooi gewerk. Wat lekke is, na die tyd kan jy kan jy al die info kyk op foon van al,die strings wat jy geskiet het.
Groete
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
Smous v.d. Vyver wrote:Yes jy druk een keer as hy oranje was dan word hy blou en dan hou jy hom in tot hy by begin skerm is.
Baie dankie, gaan dit probeer.
die kere wat ek app op foon gebruik, het dit mooi gewerk. Wat lekke is, na die tyd kan jy kan jy al die info kyk op foon van al,die strings wat jy geskiet het.
Groete
Morne, ek kry dit as tyd lank is tussen die skote. Al wat ek doen is swipe regs op de skerm en klick dan weer op die “device” Dan sync hy weer die data na foon toe. Al wys dit nie dadelik op foon nie bly data beskikbaar sodra jy die koneksie kry dateer hy dit weer op op die foon.
Andersins kan jy doen soos svdv hierbo noem. Ek hou net nie van posiesie agter geweer te verander wanneer ek skiet nie dus gebruik ek maar foo. En nie Lr om te sync.
Ek is saam Gawie, die app werk great en maak dinge baie makliker.
Ek het ook aan die begin ook ervaar wat Morné ervaar. Die data is op die LR, maar transfer nie dadelik na jou foon toe nie. Ek weet nie wat ek doen om dit reg te kry nie, maar op n stadium transfer die data wel. Ek dink jou antwoord lê in wat JPS hierbo gesê het. Jy hoef nie die LR af te skakel nie. Ek sal bietjie oplet wat doen ek en jou dan laat weet.
Ek lag nou lekker om te lees wat sê Smous. As daar nou een Chrony is wat ek al regtig per abuis wou stukkend skiet, dan is dit hierdie LR en veral sy kwessie aan die begin om met/nie met die foon te wou praat nie. Die woord "str0nt" het gereeld deur my gedagtes gegaan, maar nou dat ek die goggas uitgesorteer het, is dit wraggies 'n absolute plesier om hom te bedryf...veral van die foon af sonder dat ek van my stoel af hoef op te staan.
Smous, 'n mens se geduld met tegnologie raak baie minder as jy 50 al kan ruik. Jy is welkom om my te skakel as ek jou dalk kan help om jou foon en jou LR met mekaar te laat praat. Glo my, as jy hom het dat hy werk, is dit 'n groot plesier.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
As ek lees wat ek hierbo getik het en ek dink hoe ek Sondagmiddag gesukkel het met my LR, dan weet ek nie watter Hansie gaan nou begin tik nie.
Ek het 3 verskillende kwessies gehad :
DEEL 1 : My LR se sensitiwiteit is gestel op LEVEL 2. Binne sekondes na ek die LR ge-"arm" het, het ek begin spoedlesings kry. Ver weg van my was daar n man wat pistool geskiet het maar daar is verskeie walle en meer as 200m tussen hom en my gewees. Vir elke skoot van hom, was daar n lesing op my LR. Ek stel toe aan die sensitiwiteitsvlakke. Eers na 1 en toe na 4 en toe na 8. Steeds het ek lesings gekry. Sommige kere elke skoot, ander kere net die helfte, maar op enige sensitiwiteitsvlak het ek lesing gekry sonder dat ek self geskiet het.
DEEL 2 :
Sonder dat daai man sy pistool geskiet het, het ek ook lesings gekry op my LR
DEEL 3 :
Ek het foutboodskappe gekry. Een van hulle was iets soos "could not track....". Die ander een kan ek nie die bewoording van onthou nie.
Ek het later my bakkie se radio afgesit, die app gediskonnekteer, my foon afgesit, verander van kragbron na batterye en weer na kragbron en steeds het ek hierdie foutboodskappe en of spoedlesings gekry sonder dat daar enige ander skuts op die baan was. Na seker 'n uur (sonder dat ek 'n skoot geskiet het) was ek raadop. Eweskielik het daar vir 'n lang tydperk "Vo" op die skerm gestaan. Ek het weer my foon aangeskakel, weer die app gekonnekteer toe begin skiet en elke skootlesing gekry sonder enige issues.
Wat het hier gebeur ouens? Watse interference was hier?
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Wat maak julle manne met silencers? Tel julle LR's die skote op? Myne wil nie maak nie saam hoe ek die sensitiwiteit stel nie. Haal af en hy loop soos stroop.. External mic?
Blazer wrote:Miskien het julle verskillende fone
Iphone vs andriod, miskien werk die iphone en nie die andiod of andrrs om.
Sal intresant wees om te hoor wat julle gebruik.
Heinds wrote:Wat maak julle manne met silencers? Tel julle LR's die skote op? Myne wil nie maak nie saam hoe ek die sensitiwiteit stel nie. Haal af en hy loop soos stroop.. External mic?
Sit hom voor die loop en demper.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Heinds wrote:Wat maak julle manne met silencers? Tel julle LR's die skote op? Myne wil nie maak nie saam hoe ek die sensitiwiteit stel nie. Haal af en hy loop soos stroop.. External mic?
Sit hom voor die loop en demper.
En as dit nie werk nie skakel sy trigger funksie na Doppler
Heinds wrote:Wat maak julle manne met silencers? Tel julle LR's die skote op? Myne wil nie maak nie saam hoe ek die sensitiwiteit stel nie. Haal af en hy loop soos stroop.. External mic?
Myne dieselfde gedoen, sit LR 6" voor en regs (of links) van die KD. Raad wat LR vir gestuur het.
Groete
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
My Labradar en IPhone is met die nuutste sagteware gelaai, maar ek kon net glad nie hom connected kry kry vanaf die app nie.
Kom toe agter my Fitbit horlosie is permanent op Bluetooth connected . Ek het die fitbit gedisconnect (forget this device) en dadelik kon ek die Labradar connect vanaf die app.
Daarna het ek die Fitbit weer connect vanuit die Fitbit app en nou is altwee apps gelyk connected.
Sal gou vanmiddag op die baan toets of dit mooi werk
Goeie dag lede.
Ek het n lr aangeskaf en kon net die ding nie laat werk .Ek het demper op my geweer en lr voor loop ook gesit,maar geen lesings gekry.Ek weet nie of die settings nie reg was nie,maar Hy wou niks lees.Kan dit dalk verkeerde battery wees?
LR werk nie met demper as die trigger source gestel is om die interne mikrofoon te gebruik nie. Jy moet trigger source stel na Doppler. Probleem is dat hy baie vals lesings gee as jy hom so stel maar tel darem elke skoot op. Jy moet deur die vals lesings sif vir lesings wat sin maak.
Gbyleveldt wrote:Dan is daar verseker fout. Watse kaliber skiet jy mee? Ek sukkel partykeer met 22 kalibers as die LR nie 100% akkuraat gemik is op die teiken nie.