Biltong Stoor
-
SeeZet
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Wed Mar 06, 2019 6:54 am
Biltong Stoor
More Julle,
Ek wonder sommer hoe maak julle as jou lekker vleisies nou uit die droër kom (veral as jy 'n klompie gemaak het) en jy moet dit bêre vir 'n tyd?
Plastiek sakkies laat hulle sweet, en papier sakkies droog hom erg uit, moet hy maar vrieskas toe?
Dankie!

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6969
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Biltong Stoor
Ek vries myne nat en gespesery en droog soos ek lus het.
5kg vakuum verpak.
5kg vakuum verpak.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: Biltong Stoor
Of jy kan jou biltong in vacuum sakkies pak en vacuum en vries. As jy nie n' vacuum masjien het nie kan jy dit sommer na jou naaste slaghuis vat dat hulle dit gou vir jou verpak en vacuum
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Carlc
- Sr. Member

- Posts: 271
- Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am
Re: Biltong Stoor
Ek sny myne klaar en verpak dit dan ook in 3 tot 5 kg pakke maar sonder dat dit gesout is en vries dit dan. So verseker jy dat jy deur die jaar biltong het wat hang.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Biltong Stoor
As dit n grootmaat is, maande se biltong - vacuum ek en vrieskas toe.
Paar dae tot so week of twee se voorraad sit ek in n kussingsloop in die spens.
Paar dae tot so week of twee se voorraad sit ek in n kussingsloop in die spens.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
SeeZet
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Wed Mar 06, 2019 6:54 am
Re: Biltong Stoor
Dankie julle, reken ek sal vir my een van daai vacuum sealers moet aanskaf.
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Biltong Stoor
+1DWB wrote:Ek vries myne nat en gespesery en droog soos ek lus het.
5kg vakuum verpak.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Re: Biltong Stoor
Ek vries my vleis ook nat en vakuum verpak, en maak biltong deur die jaar.
Die geheim agter dit het n slagter my vertel is die volgende:
Deur die vleis te vries, bars die selletjies binne die weefsel, en daarom laat hy baie bloederigheid vry.
Dan as jy speserye en asyn bygooi om bilong te maak, neem die vleis meer daarvan in, as vleis wat nie gevries was nie, en smaak dus beter.
Soos ek noem, ek is dit vertel en dit maak sin.

30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Biltong Stoor
As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Biltong Stoor
+1DWB wrote:Ek vries myne nat en gespesery en droog soos ek lus het.
5kg vakuum verpak.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- 30-0Kwes
- Full Member

- Posts: 134
- Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am
Re: Biltong Stoor
Ek het altyd al my biltong gemaak en dan maar gevries. Hoe langer dit gele het hoe minder lekker het dit geproe.
Ek het van so 2jaar terug af net my biltong vleis gevries sonder sy sout en sous en uit gehaal soos ek lus kry en dan biltong gemaak. Baie beter!
Ek het van so 2jaar terug af net my biltong vleis gevries sonder sy sout en sous en uit gehaal soos ek lus kry en dan biltong gemaak. Baie beter!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Biltong Stoor
Doen dit ook soPWV wrote:As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Biltong Stoor
"Brand" die biltong nie?PWV wrote:As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
(Freezer burn)
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1874
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Biltong Stoor
Soos almal hierbo se. Ek kerf my biltong terwyl dit klam is en vakuum dit dan (of soos jy daarvan hou). Daarna vrieskas toe. Ek het eenkeer gedink my biltong is klaar en toe op 'n gevriesde pakkie afgekom meer as 'n jaar later. Ek het dit vanself laat ontdooi en dit het gesmaak soos toe ek dit gevries het. Ek het gemerk dit werk beter as jy die biltong effens dikker kerf voor jy dit vries.
Hoe lus raak ek nou vir koedoe biltong met 'n effense gesoute botter saam.
Hoe lus raak ek nou vir koedoe biltong met 'n effense gesoute botter saam.
Maak 'n verskil
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Biltong Stoor
Nee, Paashaas. Ek het dit nie ondervind nie.Plaashaas wrote:"Brand" die biltong nie?PWV wrote:As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
(Freezer burn)
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Biltong Stoor
Net so. Beste manierCarlc wrote:Ek sny myne klaar en verpak dit dan ook in 3 tot 5 kg pakke maar sonder dat dit gesout is en vries dit dan. So verseker jy dat jy deur die jaar biltong het wat hang.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Biltong Stoor
Eet hom voor hy oud raak - Ek het nog nooit die probleem gehad nie ... 