Biltong Stoor

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
SeeZet
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Wed Mar 06, 2019 6:54 am

Biltong Stoor

Post by SeeZet »

More Julle,

Ek wonder sommer hoe maak julle as jou lekker vleisies nou uit die droër kom (veral as jy 'n klompie gemaak het) en jy moet dit bêre vir 'n tyd?
Plastiek sakkies laat hulle sweet, en papier sakkies droog hom erg uit, moet hy maar vrieskas toe?


Dankie!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Biltong Stoor

Post by DWB »

Ek vries myne nat en gespesery en droog soos ek lus het.

5kg vakuum verpak.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Biltong Stoor

Post by Chris (vdB) »

Of jy kan jou biltong in vacuum sakkies pak en vacuum en vries. As jy nie n' vacuum masjien het nie kan jy dit sommer na jou naaste slaghuis vat dat hulle dit gou vir jou verpak en vacuum
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Biltong Stoor

Post by Carlc »

Ek sny myne klaar en verpak dit dan ook in 3 tot 5 kg pakke maar sonder dat dit gesout is en vries dit dan. So verseker jy dat jy deur die jaar biltong het wat hang.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Biltong Stoor

Post by FHM »

As dit n grootmaat is, maande se biltong - vacuum ek en vrieskas toe.
Paar dae tot so week of twee se voorraad sit ek in n kussingsloop in die spens.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
SeeZet
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Wed Mar 06, 2019 6:54 am

Re: Biltong Stoor

Post by SeeZet »

Dankie julle, reken ek sal vir my een van daai vacuum sealers moet aanskaf.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Biltong Stoor

Post by airhunter »

DWB wrote:Ek vries myne nat en gespesery en droog soos ek lus het.

5kg vakuum verpak.
+1
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Biltong Stoor

Post by Kubus »

Ek vries my vleis ook nat en vakuum verpak, en maak biltong deur die jaar.
Die geheim agter dit het n slagter my vertel is die volgende:
Deur die vleis te vries, bars die selletjies binne die weefsel, en daarom laat hy baie bloederigheid vry.
Dan as jy speserye en asyn bygooi om bilong te maak, neem die vleis meer daarvan in, as vleis wat nie gevries was nie, en smaak dus beter.

Soos ek noem, ek is dit vertel en dit maak sin.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Biltong Stoor

Post by PWV »

As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Biltong Stoor

Post by Boesman10 »

DWB wrote:Ek vries myne nat en gespesery en droog soos ek lus het.

5kg vakuum verpak.
+1
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 134
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Biltong Stoor

Post by 30-0Kwes »

Ek het altyd al my biltong gemaak en dan maar gevries. Hoe langer dit gele het hoe minder lekker het dit geproe.

Ek het van so 2jaar terug af net my biltong vleis gevries sonder sy sout en sous en uit gehaal soos ek lus kry en dan biltong gemaak. Baie beter!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Biltong Stoor

Post by Hein M. »

PWV wrote:As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
Doen dit ook so ;)
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Biltong Stoor

Post by Plaashaas »

PWV wrote:As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
"Brand" die biltong nie?
(Freezer burn)
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1874
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Biltong Stoor

Post by Ratel »

Soos almal hierbo se. Ek kerf my biltong terwyl dit klam is en vakuum dit dan (of soos jy daarvan hou). Daarna vrieskas toe. Ek het eenkeer gedink my biltong is klaar en toe op 'n gevriesde pakkie afgekom meer as 'n jaar later. Ek het dit vanself laat ontdooi en dit het gesmaak soos toe ek dit gevries het. Ek het gemerk dit werk beter as jy die biltong effens dikker kerf voor jy dit vries.

Hoe lus raak ek nou vir koedoe biltong met 'n effense gesoute botter saam. ><)
Maak 'n verskil
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Biltong Stoor

Post by PWV »

Plaashaas wrote:
PWV wrote:As ek my biltong gedroog het, sit ek dit in 'n katoen kussingsloop in die vrieskas. Kan so gehou word vir maande!
"Brand" die biltong nie?
(Freezer burn)
Nee, Paashaas. Ek het dit nie ondervind nie.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Biltong Stoor

Post by Smitstertjies »

Carlc wrote:Ek sny myne klaar en verpak dit dan ook in 3 tot 5 kg pakke maar sonder dat dit gesout is en vries dit dan. So verseker jy dat jy deur die jaar biltong het wat hang.
Net so. Beste manier
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Biltong Stoor

Post by Methos »

Eet hom voor hy oud raak - Ek het nog nooit die probleem gehad nie ... :)
Post Reply