Voorvereistes vir die opsit van inligting

Hou hierdie deel vir besprekings en klagtes ens.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by Christo »

Taffie

Registreer net die manne wat hulleself uithuur ?

As 'n jagter wat net jag vir die plase binne ons boerdery-maatskappy is ek nie een van die pro's ( teen vergoeding by ander te jag ) nie, maar voel ek dat ek reeds binne die riglyne optree en myself verbind het tot die gedragskode.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by Louis102 »

tafjak wrote: Dink jy die 20 of so jagters is genoeg om die land se jakkalse hel te gee? Ek weet nie, seker maar nog so bietjie skrikkerig om te registreer. My voorspelling van so 25 jagters was bietjie wyd gevat. Of wen die jakkalse die manne.
Tafjak

Caller s? nou net in sy reaksie oor hantering van teelgate, dat een van die grootste bates van 'n jakkalsjagter "geduld" is.  Ons moet seker nie oorhaastig wees nie.  Hierdie manne gaan hulle nie laat aanjaag nie, maar ek het geen twyfel in my gemoed dat die bus gaan vertrek nie.  Hoe voel jy?

Louis

Ns.  Christo, ek s? as jy jakkalsjag is dit 'n positiewe ding om te registreer.  Hoe meer manne hulle verbind tot die minimum standaarde en goeie etiese waardes, hoe beter vir die industrie.  Maak nie saak of jy jou dienste uitverhuur aldan nie.  Dit is my gevoel, maar ek is oop vir oortuiging.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak / Louis102
tafjak wrote:...Dink jy die 20 of so jagters is genoeg om die land se jakkalse hel te gee? Ek weet nie, seker maar nog so bietjie skrikkerig om te registreer. My voorspelling van so 25 jagters was bietjie wyd gevat.
...geduld soos Caller sou weet, ek glo die ouens sal stadigaan meer word... ;)

Ambessa
Ambessa

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by Ambessa »

Hallo Louis102 / Tafjak / Christo
tafjak wrote:...ek s? as jy jakkalsjag is dit 'n positiewe ding om te registreer.  Hoe meer manne hulle verbind tot die minimum standaarde en goeie etiese waardes, hoe beter vir die industrie.  Maak nie saak of jy jou dienste uitverhuur aldan nie.  Dit is my gevoel, maar ek is oop vir oortuiging.
Louis102, reg. Hoe meer ouens binne die kraal is en die dinge reg doen hoe beter.

Ambessa
User avatar
katjak
Full Member
Full Member
Posts: 246
Joined: Sat Jan 31, 2009 8:07 pm

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by katjak »

Oom Am.
  Jammer ek sit nog nie al my inligting op nie. Hier by ons werk dit so, al die boere betaal die begin van die jaar R500.00 per boer in n rekening in. wanneer jy dan n jak of kat by hom skiet bly dit by hom. Hy vat dit dan na sy landbou vereniging en dan betaal hulle hom weer R300.00 terug uit daai fonds. As die fonds dan op is betaal elke man weer R500.00 in en so subsidieer hulle elke man. So, ek sit met amper niks mates nie want om partykeer 3 uur in die more te wil meet by - 5 of -6 is nie meer so n lekker taak nie, want dan moet ek meet voor ek da ry want ek sien dan nooit weer die karkasse nie. Sal nou in die somer dalk beter gaan.

          Japie
A genious is someone who shoots at something no one else can see, and hits it.
Ambessa

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by Ambessa »

Hallo katjak
katjak wrote:Jammer ek sit nog nie al my inligting op nie...  ...want om partykeer 3 uur in die more te wil meet by - 5 of -6 is nie meer so n lekker taak nie, want dan moet ek meet voor ek da ry want ek sien dan nooit weer die karkasse nie. Sal nou in die somer dalk beter gaan.
Onthou my woorde onder "Profetiese Woorde"
(of stilsitindiekouenagteopjoustoeljieboopdielorrietjiemetnetdiesterreenjougedagtessonderomtepraat).
Het baie simpatie met die situasie. Probeer nogtans waar jy kan meet...

Ambessa
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by CHRIS »

Katjak

verduidelik die konsep bietjie meer breedvoerig. dit klink na goeie idee

dankie
Chris
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Voorvereistes vir die opsit van inligting

Post by tafjak »

My tel. nommer het verander en is reeds so aangebring onder Probleendier-jagter Register en is nou : 0agt2 2nege5 3136

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Post Reply