Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
dawiec wrote:dankie Wouter!
ja dit was my droom om weer 'n slag in die bosveld te kom (was 20jaar + laas daar) en toe word my droom bewaarheid deur 'n vriend van my (dis sy pa se plaas)
ek het die Woensdag oggend opgevlieg en ons is direk van die lughawe deur na Matlabas toe. Ek het gereken 4 dae is genoeg tyd om 'n mooi kudu te kry...die jaar was daar sovêr nog min geskiet met gewere want dit was oorwegend boogjagters wat gejag het. Ons het afgepak en afgesit na die skietbaan om te sien of my 375H&H se zero reg is. 3 skote geskiet om te bevestig en toe sê Wimpie vir my ons moet 'n sekere bos deurstap sodat ons sommer ons rekening met 'n rooibokkie vir die pot kan oopmaak. Die bos is ook reg teen die Matlabas rivier en ons is met die wind in ons gesigte stadig die bos in te voet. ons was seker nie 20 tree in nie toe ons by 'n omgevalle boomstomp kom. Winpie loer toe so deur die takke maar trek so vinning sy kop terug ek dog 'n slang het hom gepik!! hy fluister toe vir my hier staan 'n 50 duim koedoe net agter die boom. ons moes maar vinnig besluit skiet ons of nie...mens weet nie wat die volgende paar dae gaan oplewer nie maar ja ons is hier en die koedoe staan rustig en loer so skeef na ons...nou ja die res is geskiedenis. ek was na aan trane toe die skoot klap en die bul so 10 tree hardloop voor ons hoor hoe hy in die bos neerslaan...perfekte hartskoot. my droom is beslis bewaarheid. 'n amper 50 duim bul vir my 50ste verjaardag :-) ek dank ons Skepper vir die geleentheid wat my beskore was....die volgende paar dae was ons rustig en het toe nog 2 mooi rooibokke ook kon skiet.
Baie geluk Dawie.
Ek het presies so op 'n jag 6 jaar gelede my Kudu op die middag wat ons op die plaas gekom het so net voor skemer gekry op 5m.
Het vanjaar amper 4000km gery na Nico Harris om my "eerste Zululand" kudu bul te skiet....na baie kilometers het ek nie my bul gekry nie. Sy niggie het toe 2 weke later die bul geskiet
Ek glo Kudu bulle in die bos te voet is bitter baie geluk en geleentheid, so as jy kans kry vat hom.
hi Tau
dis soos jy sê...die Koedoes wag nie vir 'n mens nie...word nie verniet die "greyghost" van die veld genoem nie.
Diesel Dog wrote:Baie geluk met die mooi Kudu bull ,ek het so paar meer somers as jy agter die blad maar kon nog nie so mooi bull skiet nie .
Net vir interessantheid het jy die koeel onder die vel van die bok herwin ?
DD
hi Diesel Dog....soos hul sê aanhouer wen...dit het my ook 20+jaar gevat om so 'n meneer raak te loop. ek is seker joune sal een van die dae sy kop uitsteek agter 'n bos!
DD jy sal op die foto sien die punt steek net onder die vel uit agter die geweer...patroon het getumble na hy been geslaan het en net die mushroom gedeelte van die punt het gekeer dat hy nie dwarsdeur is nie.
Dankie vir die terugvoer ek sou verwag het dat n solid dwaarsdeur die bok sou penetreer,ek wonder wat sou n swaarder solid in die omstandighede sou maak.

DD die 230grein VRG4 is nie 'n solid nie maar het 'n plunger op die punt. Ek het al 'n plunger recover uit 'n vorige eland en die plunger weeg 7.1g. so met dit in ag geneem (221g +7.1g) kan jy sê dat die weight retention is 99%....ek is baie tevrede met die punte en skiet 1/2" groepering op 100m sonder enige lading ontwikkeling...net die resep gevolg op hul website
Last edited by dawiec on Wed Jul 31, 2019 10:47 am, edited 1 time in total.
Baie mooi Dawie.
Ek het in my lewe seker al 100 koedoes geskiet, van penkop tot my grootste 51 en bietjie duim, maar nog elke jagseisoen gee n mooi bul my die ritteltits.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber