Ek reken die Mynahs is so 50m en daar was min wind so die skoot was aan. Met die optel van die geweer vra ek permissie en ek kan seker wees dit was 'n ja. Ek het aangelê oor die riempies stoel se ruglening nie oor die half gedekte tafel nie. Met die raak daai Mynahs mos wild - hulle 8ste sintuig sê mos vir hulle iemand erens gaan op hulle skiet. Dis dan tyd om Dubai toe te vertrek. Gelukkig was daar geen vlugte uit Waterkloof LMB nie. Toe daai koëltjie klap weet ek dis raak, die voël het so 10m gevlieg tot in 'n Litchi boom, toe val hy.
Nou ja toe word daar my vertel van die Sabbat, etenstafel, wyntyd, die rustigheid en dat dit nie eties is nie. Gelukkig het die 2 slukkies alles laat bedaar. Heng daar is darem niks soos 'n 50m skoot op 'n Mynah nie!!
Dis nou nie grootwild nie maar vir nou is dit jag.



