Hier is n fototjie van n blouwildebees bul se horings wat ek n hele ruk terug geskiet het.
[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h41 ... CN0049.jpg[/img]
Ek het hierdie bul die eerste keer gesien op my ou skoolhoof se plaas(Malena) op Klippan(tussen Mafikeng en Ottoshoop) in 2001 toe ek vir Oom Fanus gaan help het met wildafname berekenige. Hy het daardie tyd net die plaas klaar ontwikkel en wou n idiee he van wat daai jaar geskiet moes word.
Ek het vir een van die plaaswerkers gese om af te klim en in wit my naam op daai bul te gaan verf! Wanneer sy ore reguit van sy kop weg was, was daar n goeie 1 1/2duim sonkyn wat deurgelaat was tussen die binnekant van die horing en die oor! Ek het daai jaar vir die eerste keer daai bul probeer jag maar tevergeefs. Die wetter was bitter uitgeslape en het die trop waarin hy was het hy soos n skild gebruik. Hy was absoluut in prima kondisie en het maklik 30cm bo enige ander blouwildebees uitgestaan. Ek het baie van my besigheidjagtrips op die plaas gedoen en n paar persoonlike trips ook oor die volgende jare. Ek het van die plaas gehou vir verskeie redes. My vrou se Oupa-hulle se grond was amper die buurplaas en Oom Fanus het my vrye teuls op die plaas gegee. Ek het trips bestuur soos ek goed gedink het en dit was vir my maklik om aan almal se behoeftes te voldoen vanwee die tipografie van die grond.
Die tweede jaar in Mei maand het die wolke oop gemaak en vir vier dae aaneen gereen. Uiteindelik kon ons die Saterdagoggend uitgaan. Ek het die trop van ver af met die verkyker bespeur en hulle bekruip. Ek is deur n groot stuk turf wat toe aangepak het aan my skoene wat my 1,92m gewaad seker toe verleng het na 2,00m toe! Ek het die laaste 300 geleopordcrawl in die nat turf en toe aan die rand van die bos gaan le en wag vir die trop wat stadig aan die wei was na my kant toe. Die spesifieke bul wou my net nie n skoot gee nie! Elke keer was iets agter hom of het iets voor hom ingeloop. Die trop was naderhand op 50m van my af en het trekke van my reuk begin kry. Hierdie was nou of nooit! Ek het aangele op sy kuiltjie met die wete dat die 260gr Nosler Partision teen 2900ft/sek uit die 375 AI nie sommer deur die hele dier sou penetreer nie. Wat gebeur toe? Oom Fanus kom salig deur die plaas gery reg voor my verby vanaf sy skoonseun se plaas!
Die volgende jaar het ons met die eerste trippie na die plaas n enorme luislang gekry van dig by die 5m wat besig was om in n erdvarkgat in te seil. Ek het hom aan die stert beet gekry en swaai daai man daai groot lyf terug en pik my rakelings mis verby my gesig! Ek kon nie glo daai groot slang kon so vinnig beweeg nie! Ek het baie van sy ontlasting in daai gebied gekry so was bewus dit moes sy tuisgebied gewees het. Ek het my ou bul net die eerste trippie vlugtig gesien maar nie weer nie. Die gidse het my wel verseker dat hy nog daar was maar hom al hoe meer skugter gehou het. Met die vyfde trip daai jaar op Malena het ek op die Saterdagmore almal gaan aflaai en besluit om na die luislang se voorkeurgebied te ry met die idiee om hom dalk te siene te kry in die vroee son. Ek het n entjie weg gestop en gelukkig my geweer saam gevat. Hierdie gedeelte van die plaas was maar redelik dood met net varke wat ek die jaar van te vore al daar gekry het. Uit die hoek van my oog het ek n beweging aan my regterkant gesien en gevries. Daar was n enorme kareeboom wat soos n tent n redelike stuk aarde toegemaak het. Ek het n blouwildebees lyf en toe nog n paar uitgemaak onder daai boom. Hulle het my gelukkig nie gesien nie en ek het vinnig afgesak grond toe. Ek kon nie verstaan hoekom hierdie trop onder die boom so vroeg gedoen het nie. Dit was nie besonder koud nie maar genoeg om die oggend sonnetjie uit te soek. Dit was amper volmaan so dit kon ook n effek op hulle gewoontes gehad het.
Ek het vir 20 minute op my hurke gesit, iets wat nie natuurlik vir my kom nie! Uiteindelik het n besonderse donker lyf uit die boom se skaduwee gekom. Dit was hy! Hy het dadelik skuins gedraai in die sonlig en perfek plankdwars gaan staan. Ek het die geweer opgetel en die veiligheidsknip in een beweginggeskuif. Ek kan nie onthou hoe die skoot geloop het nie behalwe dat ek vaagweg bewus was dat ek hom reg op die been opgevat het. Die "doep" teen die luf was hard vir die 60m of so en die bul het neergelaan na die oorkant toe. Sy bene het wild stof gemaak. Hy het seker na so 10 sekondes uit die stofwolk opgekom em n 5m sirkel gehardloop en basies weer neergeslaan daar op dieselfde plek as waar hy gele het. Hy was dood toe ek by hom kom. Toe ek besig was om n kameeltjie daar langs hom te rook het die oomblik amper te groot geraak. Snaaks hoe hierdie oomblike nie so soet is soos gedink nie?
Die maatband het bevestig dat hy iets besonders is. 32 1/2 duim nat. Hy het intussen gekrimp na 32 1/4. Sy gewig was 164kg en ek skat daar moes baie naby aan die 10kg vleis verlore gegaan het vandat ek hom die eerste keer gesien het. Dit was ook laat in die seisoen en Malena was nog nooit bekend vir swaer gewigte op diere nie. Ek het wel n 51kg rooibokram vroeg die een seisoen daar geskiet maar dit was ook die uitsondering op die reel.
O-ja ek het die Nosler aan die oorkanste been net onder die vel uitgesny. Gewig 157,2gr. Die hart was amper weg geskiet! Dat hy nog kon opstaan was n wonder.
Groetnis
Wouter

