Blouwildebees Bul

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Blouwildebees Bul

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Hier is n fototjie van n blouwildebees bul se horings wat ek n hele ruk terug geskiet het.
[img width=560 height=420]http://i1108.photobucket.com/albums/h41 ... CN0049.jpg[/img]
Ek het hierdie bul die eerste keer gesien op my ou skoolhoof se plaas(Malena) op Klippan(tussen Mafikeng en Ottoshoop) in 2001 toe ek vir Oom Fanus gaan help het met wildafname berekenige. Hy het daardie tyd net die plaas klaar ontwikkel en wou n idiee he van wat daai jaar geskiet moes word.

Ek het vir een van die plaaswerkers gese om af te klim en in wit my naam op daai bul te gaan verf! Wanneer sy ore reguit van sy kop weg was, was daar n goeie 1 1/2duim sonkyn wat deurgelaat was tussen die binnekant van die horing en die oor! Ek het daai jaar vir die eerste keer daai bul probeer jag maar tevergeefs. Die wetter was bitter uitgeslape en het die trop waarin hy was het hy soos n skild gebruik. Hy was absoluut in prima kondisie en het maklik 30cm bo enige ander blouwildebees uitgestaan. Ek het baie van my besigheidjagtrips op die plaas gedoen en n paar persoonlike trips ook oor die volgende jare. Ek het van die plaas gehou vir verskeie redes. My vrou se Oupa-hulle se grond was amper die buurplaas en Oom Fanus het my vrye teuls op die plaas gegee. Ek het trips bestuur soos ek goed gedink het en dit was vir my maklik om aan almal se behoeftes te voldoen vanwee die tipografie van die grond.

Die tweede jaar in Mei maand het die wolke oop gemaak en vir vier dae aaneen gereen. Uiteindelik kon ons die Saterdagoggend uitgaan. Ek het die trop van ver af met die verkyker bespeur en hulle bekruip. Ek is deur n groot stuk turf wat toe aangepak het aan my skoene wat my 1,92m gewaad seker toe verleng het na 2,00m toe! Ek het die laaste 300 geleopordcrawl in die nat turf en toe aan die rand van die bos gaan le en wag vir die trop wat stadig aan die wei was na my kant toe. Die spesifieke bul wou my net nie n skoot gee nie! Elke keer was iets agter hom of het iets voor hom ingeloop. Die trop was naderhand op 50m van my af en het trekke van my reuk begin kry. Hierdie was nou of nooit! Ek het aangele op sy kuiltjie met die wete dat die 260gr Nosler Partision teen 2900ft/sek uit die 375 AI nie sommer deur die hele dier sou penetreer nie. Wat gebeur toe? Oom Fanus kom salig deur die plaas gery reg voor my verby vanaf sy skoonseun se plaas! >:( Daar was nie n enkele vloekwoord in die Arikaanse taal wat sterk genoeg was nie! Nie eers daai een nie! Ek het daai aand nie vir Oom Fanus n verversing om die vuur aangebied nie! :)

Die volgende jaar het ons met die eerste trippie na die plaas n enorme luislang gekry van dig by die 5m wat besig was om in n erdvarkgat in te seil. Ek het hom aan die stert beet gekry en swaai daai man daai groot lyf terug en pik my rakelings mis verby my gesig! Ek kon nie glo daai groot slang kon so vinnig beweeg nie! Ek het baie van sy ontlasting in daai gebied gekry so was bewus dit moes sy tuisgebied gewees het. Ek het my ou bul net die eerste trippie vlugtig gesien maar nie weer nie. Die gidse het my wel verseker dat hy nog daar was maar hom al hoe meer skugter gehou het. Met die vyfde trip daai jaar op Malena het ek op die Saterdagmore almal gaan aflaai en besluit om na die luislang se voorkeurgebied te ry met die idiee om hom dalk te siene te kry in die vroee son. Ek het n entjie weg gestop en gelukkig my geweer saam gevat. Hierdie gedeelte van die plaas was maar redelik dood met net varke wat ek die jaar van te vore al daar gekry het. Uit die hoek van my oog het ek n beweging aan my regterkant gesien en gevries. Daar was n enorme kareeboom wat soos n tent n redelike stuk aarde toegemaak het. Ek het n blouwildebees lyf en toe nog n paar uitgemaak onder daai boom. Hulle het my gelukkig nie gesien nie en ek het vinnig afgesak grond toe. Ek kon nie verstaan hoekom hierdie trop onder die boom so vroeg gedoen het nie. Dit was nie besonder koud nie maar genoeg om die oggend sonnetjie uit te soek. Dit was amper volmaan so dit kon ook n effek op hulle gewoontes gehad het.

Ek het vir 20 minute op my hurke gesit, iets wat nie natuurlik vir my kom nie! Uiteindelik het n besonderse donker lyf uit die boom se skaduwee gekom. Dit was hy! Hy het dadelik skuins gedraai in die sonlig en perfek plankdwars gaan staan. Ek het die geweer opgetel en die veiligheidsknip in een beweginggeskuif. Ek kan nie onthou hoe die skoot geloop het nie behalwe dat ek vaagweg bewus was dat ek hom reg op die been opgevat het. Die "doep" teen die luf was hard vir die 60m of so en die bul het neergelaan na die oorkant toe. Sy bene het wild stof gemaak. Hy het seker na so 10 sekondes uit die stofwolk opgekom em n 5m sirkel gehardloop en basies weer neergeslaan daar op dieselfde plek as waar hy gele het. Hy was dood toe ek by hom kom. Toe ek besig was om n kameeltjie daar langs hom te rook het die oomblik amper te groot geraak. Snaaks hoe hierdie oomblike nie so soet is soos gedink nie?

Die maatband het bevestig dat hy iets besonders is. 32 1/2 duim nat. Hy het intussen gekrimp na 32 1/4. Sy gewig was 164kg en ek skat daar moes baie naby aan die 10kg vleis verlore gegaan het vandat ek hom die eerste keer gesien het. Dit was ook laat in die seisoen en Malena was nog nooit bekend vir swaer gewigte op diere nie. Ek het wel n 51kg rooibokram vroeg die een seisoen daar geskiet maar dit was ook die uitsondering op die reel.

O-ja ek het die Nosler aan die oorkanste been net onder die vel uitgesny. Gewig 157,2gr. Die hart was amper weg geskiet! Dat hy nog kon opstaan was n wonder.

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Fri Aug 12, 2011 7:39 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by henried »

Baie geluk, met 'n monster BWB.

Baie lekker storoe ook.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by .::Alwyn-U::. »

Baas Wout

Baie lekker storie gewees! Ek sal dit nog geniet om 'n luislang in die wild te kry! Dis sleg as mens nie 'n kamera daai tyd het nie :(, sulke goed gebeur nie baie nie..

Geluk met die mooi BWB..  Eerste keer dat ek so mount sien op 'n plat stukkie hout, dit is nie die normale europese mount nie. Lyk baie nice!

Groete
Alwyn
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Blouwildebees Bul

Post by Lourens »

Dis voorwaar n baie mooi bul daai Wouter!! 'n BWB bly maar een van my gunsteling spesies om te jag.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by BLOK »

Dis mos waarvan ek praat, n trofee met n storie het soveel meer waarde as net n trofee met horinglengte, mooi gedoen.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by Raven »

Wouter,

Geluk en baie dankie vir die lekker storie/ervaring wat jy gedeel het met ons.
Hierdie ervaring kan 10 jaar later vertel word, en dit sal voel asof dit gister gebeur het.

R
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by JPS »

Wouter,
Baie mooi storie en pragbul daardie.
Sal ook nog so BWB wil doodskiet ;) Kon nie die jaar een oop skoot op een wat ek in die oog het kry nie.

Groete
JP
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by spekieries »

Wout

Ek ken oom Fanus van my jare as pedagoog in Klerksdorp toe ons atletiek teen Lichtenburg gedoen het.

Hy was 'n besige mannetjie met sy wit kort broekie en rooi hempie. Sy bynaam onder die onnies was "Spanner" - As hy sy gat gedraai het was die moer los. Sy personeel  was maar ligtig vir hom.

Ander man wat jy behoort te ken was "Duitser" (Martin Marx) Hy was saam met my in die koshuis en ons het bietjie voetbal saam gespeel.

Geluk man dit is bul van 'n bees wat jy by oom Fanus geklop het.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Blouwildebees Bul

Post by Frederik »

Netjies jy moet maar miskien vir hom 'n cape kry en die ding opstop die horings teen die muur gee nie die groote weg nie. Mooi storie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by Wouter Roets »

Dankie Manne

Ja moet se bloubees bly tot vandag toe een van my gewildste boksoorte om te jag.

Spekeries

Oom Fanus het ongelooflike dinge vermag uit hierdie plattelandse skooltjie van ons. Ek het in 1988 vir Kempton Park Hoer Rugby gespeel toe ons in die finaal van die Direkteurstrofee teen Lichtenburg verloor het en in 1989 het ons Lichtenburg toe getrek waar ons toe wragtig teen Kempton gaan staan en verloor het in die finaal! Dink Oom Faans is tot vandag toe vir my kwaad daaroor!

Ek het onder Martin geswoeg onder die LO. Dit was sy eerste jaar hier op Lichtenburg toe ons hiernatoe trek. Hy is nou op Wartburg in die Kwazulunatalse middelande. Hoor dit gaan goed met hom. Ja-nee kyk n kein wereldjie!

Freek

Ek hoor jou! Het nou vir die eerste keer die jaar laat iets opstop. Snaaks was nog nooit werklik my scene nie.

Groetnis
Wout
Last edited by Wouter Roets on Fri Aug 12, 2011 7:38 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by JPS »

Wout,

Lyk my ons het so Amper teen mekaar Rugby Gespeel. Ek het 90 to 92 Gespeel vir Rhodesfield. (Spannervalley soos julle vir ons genoem het) ;D My dogter het hierdie jaar begin in Hoerskool Kempton Park.

Hel, dit is snaaks hoe klein die wereld is.......

Groete
JP
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by spekieries »

Ja Wouter

Nog snaakser ek het in 1995 begin skoolhou in Kempton na KHS. Was by Ho?rskool Jeugland. In daai jare het ons die septer geswaai maar ek sien die sake staan nou anders. Jy ken seker vir George de la Hunt. Hy het later hoof geword by Jeugland. Hy is vroeer die jaar oorlede.

Soos jy s? die w?reld is maar piepklein.

Groete
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: Blouwildebees Bul

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom Wouter

mooi horings daai

groetnis
BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
Post Reply