Gemsbok jag - Okahandja.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Gemsbok jag - Okahandja.

Post by GreyGhostGear »

Ek gaan nou eerste keer probeer fotos oplaai, so sal maar edit as dinge krom gaan of nog by sit as dit glad verloop.
Moes onbepland Windhoek toe en kon darem 'n draai in die veld maak, so 70 Noord-Oos van Okahandja. Het weer van vooraf verlief geraak op die pragtige land en sy mense.
Die wereld is ook maar klein en so waar as wraggies is my niggie getroud met Francois Marais op die forum se broer Wittes. Het so vinnig vir Francois ontmoet.
Die koei het 38 duim gemeet en 118kg uitgeslag. Spekvet. Was 'n lekker bekruip, met die wind perfek en die koei net anderkant 'n klompie bome, kon ons tot 50m bekruip. Het geskiet met die baas van die plaas se 30-06 en 180gr PMP. Het nog 2 ander Gemsbokke geskiet, wil net kyk hoe kom die fotos uit. Paar mooi fotos van plaas ook geneem...o ja, het nog nooit so baie vlakvarke op een plaas gesien nie, later ophou tel, was soos Rooibokke in die Kruger Wildtuin..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by GreyGhostGear on Mon Aug 22, 2011 4:05 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by Lourens »

Baie mooi jagmaar!! Geluk! My hart huil om weer 'n draai in daai pragtige land te gaan maak!

Groete,
Rooijakkals
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
ArnoldM

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by ArnoldM »

Wel done jagmaar, dis 'n mooi koei daai ou maat!!!!

Baie geluk.

Groete,
AM.
User avatar
Superdup
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Tue Jul 13, 2010 9:01 am

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by Superdup »

Geluk man

Lyk sommer spoggerig, netjiese foto!

Groete
Howa 243 AI , Howa 7mm RM , Sako.338 WM , Brno .22LR , Remington 12br Semi-auto , Beretta 9mm Short

".............. I'm a hunt saboteur. I go out the night before and shoot the fox." - Tim Vine
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by BLOK »

Presiese skootplasing, goed gedoen.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by JPS »

Innie middel van die hart sirrel,

Baie mooi gedoen daar.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by GreyGhostGear »

Dankie Blok,

Ja nee ou maat, die oom het my mooi laat verstaan daar word nie gekwes op sy plaas nie, so gelukkig tussen die bewe deur kon ek darem 3 Gemsies met 2 hart en 1 long skoot plat kry.
Arnold, ek en die gids het gedink daai koei is 'n bul met die bekruip,(sy was agter paar bosse) haar horings en basisse was dikker as wat ek al vantevore op 'n koei gesien het. Ek het die vorige aand 100% seker gemaak wat mag en mag nie geskiet word nie. Die oom wil klomp Gemsbokke laat afhaal, so dit was nie 'n issue nie. Die ander 2 was mooi volwasse bulle, maar 10kg minder as die koei uitgeslag..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by GreyGhostGear »

en no.3.
Wil nog later paar opsit van die plaas. Regtig mooi wereld en ek wil sommer net daar gebly het :)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 670
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by Nico de Jager »

Jis Jagmaar
Baie geluk met jou mooi bokke, ek stem 100% saam met jou oor die land en sy mense.
Groete
Ribbok
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by douw »

Baie mooi, geluk

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by GreyGhostGear »

Dankie manne,

was baie lekker, het die eerste oggend sommer draai deur plaas gery en alles van Steenbok tot Kameelperd gesien, behalwe sy Swartwitpense..
Die oom het blykbaar 'n probleem met Jagluiperds wat volgens hom 38 van sy 40 Blesbokke gevang het...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by GreyGhostGear »

Ek laai nou so lekker foto's, ek sit sommer gou die laaste 3 by...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
300Winmag

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by 300Winmag »

Mooi man - netjies geskiet daar. En ja mens verloor sommer gou gou jou hart in daai wereld.
ArnoldM

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by ArnoldM »

Hi Jagmaar,

Daai PMP maak darrem 'n mooi gatjie in die hart.... Was dit Pro-Amm's of die gewone bruin pakkie?

Weereens baie geluk, goeie skote en mooi bokke!

Groete,
AM.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by theedge »

Jagmaar - jag maar Baie netjies
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by GreyGhostGear »

[quote="ArnoldM"]
Hi Jagmaar,

Daai PMP maak darrem 'n mooi gatjie in die hart.... Was dit Pro-Amm's of die gewone bruin pakkie?

Weereens baie geluk, goeie skote en mooi bokke!

Groete,
AM.
Hi Arnold,

Ek het 'n permit gekry vir my geweer die middag voor ek gery het, maar was nie seker of hy reg was nie (port of export), toe los ek maar my roer na ek met die oom gesels het. Hy het toe 'n .308, 30-06 en 300. Die 30-06 het my oog en skouer die beste gepas met 'n 6x42 Lynx op. Die oom ruk toe daar 'n gewone bruin pak PMP'S uit, maar hulle het baie mooi gewerk. 2 hartskote het so 30m gevorder en die longskoot een so 80m. Ek herlaai nie, so skiet self gewoonlik ProAmms.  Groete, Petrie.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by DawieKotze »

Baie netjies en geluk!!

Daai bruin pakkies PMP's het seker al meer bokke laat bakkie ry as al die ander saam.... ;) ;) ..........of was dit nou die rooi en ligbruin pakkies waaraan ek dink??
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Gemsbok jag - Okahandja.

Post by Monrique (SJ) »

Petrie

Sommer netjies maat!! Mooi gegooi.

Groetnis
Post Reply