Ackley of nie?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Ds J »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 08, 2022 12:44 pm
Ds J wrote: Wed May 18, 2022 10:10 pm Soos ek van die ervare manne verstaan het: jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.

Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.

In terme van die doppies is dit blykbaar n handige wins omdat hulle maklike werk en minder probleme veroorsaak. Vir die 243 sal ek dit oorweeg, maar nie vir die 30-06 nie.
Hallo Jaap

Mag ek vra waar jy al hierdie informasie oor Ackley's gekry het? Verder hoekom beveel jy nie aan om die 30-06 te Ackley nie?

Groetnis
Wouter
Goeiemôre Wouter,

Skuus vir die laat antwoord. So tussendeur moet ek werk ook ;)

Ek het my kennis soos volg ingewin:
jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.
Dit het ek hier op die forum gelees.
Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.
Hierdie het ek van n forum in die VSA, waar die skrywer volgens sy eie opgawe die saak prakties ondersoek het. As ek reg onthou het hy ook die data gegee om sy stelling te staaf. Hy het daar genoem dat die meeste kalibers 5-8% verbetering in spoed toon (ek is dalk met enkele persente uit, maar nie veel nie), en het verder gesê dat dit makliker is om n nuwe geweer in n vinniger kaliber te koop as om al die moeite te doen om n kamer te laat sny. Hierdie laaste argument geld uiteraard vir die VSA, en nie by ons nie.

- - - - - - - - - - -
Nou hierdie het alles te doen oor spoed, maar soos ek al hoeveel keer gese het Ackley gaan nie net oor spoed nie maar veel eerder oor die ander voordele. Dit was tog deels die ontstaan van die draad waar n man sukkel met doughnuts.
Hier het jy n baie groot punt beet, en dit sal ek heelhartig ondersteun. Onthou asb dat ek oor die algemeen die gemiddelde biltongjagter en geweereienaar in gedagte hou. Vir die meeste mense is dit nie die moeite werd om n bakkie te chip, n geweer te Ackley, of n verbeterde visier op n handwapen te sit nie. Dit verg oor die algemeen kundigheid en ervaring om werklik die verskil te waardeer. Die geld wat dit kos om die verbeterings te doen kan waarskynlik sinvoller aangewend word as die skut ammunisie koop of laai, en n bietjie meer daarmee gaan oefen.

Sodra n skut meer ervaring het en ernstig is oor die skietsport sal ek graag die voorstel ondersteun om n geweer te Ackley. Ek het egter al te veel keer in die lewe gesien en beleef dat mense onnodig geld uitgee op sake wat op die ou end net die ego streel, en nie werklik n noemenswaardige verskil maak nie.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Ackley of nie?

Post by Lategan1 »

James Wilson wrote: Thu Jun 09, 2022 10:16 am My 308 se loop is so te se uitgeskiet. Ek droom oor n 26 duim 308AI.
Wie op die forum skiet hiermee, spesifiek 26” loop?

Verneem graag bietjie data. Klink vir my na ‘n lekker droom.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Capt. Yoda »

Nous julle met 11.1.11 besig
Skiet eder n 30.06 met n poefter lading dan het jy daai 308AI...
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Blink Stefaans »

James Wilson wrote:My 308 se loop is so te se uitgeskiet. Ek droom oor n 26 duim 308AI.
James soos ek dit verstaan is daar BITTER min te win om n 308 te Ackley. Die dop ontwerp is klaar baie effektief

Sent from my SM-A325F using Tapatalk

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Ackley of nie?

Post by James Wilson »

Manne manne, julle dink steeds in terme van spoed as ons praat oor Ackley. Die feit dat jy meer spoed kry as jy Ackley, is maar een van vele voordele. Ek gaan net een voordeel noem wat min aandag kry. SEX APPEAL!!!!!. Daar is geen dop wat lyk soos n Ackley nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Blink Stefaans »

James dan moet jy hom kry. Ek dink net die feit dat mens nie elke keer te hoef doppe skil nie maak dit klaar die moeite werd....en jys reg...min goed so saxy soos n Ackley

Sent from my SM-A325F using Tapatalk

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Capt. Yoda »

Ja ek speel spomer oor die 30.06 comment, daai 08 dop lyk bitter netjies met so skerp skouer en ons weet die akurate kalibers is geneig om improved te wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Ackley of nie?

Post by joe rocket »

James Wilson wrote: Thu Jun 09, 2022 11:57 am Manne manne, julle dink steeds in terme van spoed as ons praat oor Ackley. Die feit dat jy meer spoed kry as jy Ackley, is maar een van vele voordele. Ek gaan net een voordeel noem wat min aandag kry. SEX APPEAL!!!!!. Daar is geen dop wat lyk soos n Ackley nie.
Man ek sien dit so, wanneer ek Desember maand op die strand le kyk ek maar so om my en ek sien 'n ou walvissie,' n ou dolfyntjie en dan netso poef is daar daai sexy meermin wat uit die branders voor jou kom le met kurwes wat haar liggaam omhels en haar van is Ackley, maggies dis mooi belowe.
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Blink Stefaans »

joe rocket wrote:
James Wilson wrote: Thu Jun 09, 2022 11:57 am Manne manne, julle dink steeds in terme van spoed as ons praat oor Ackley. Die feit dat jy meer spoed kry as jy Ackley, is maar een van vele voordele. Ek gaan net een voordeel noem wat min aandag kry. SEX APPEAL!!!!!. Daar is geen dop wat lyk soos n Ackley nie.
Man ek sien dit so, wanneer ek Desember maand op die strand le kyk ek maar so om my en ek sien 'n ou walvissie,' n ou dolfyntjie en dan netso poef is daar daai sexy meermin wat uit die branders voor jou kom le met kurwes wat haar liggaam omhels en haar van is Ackley, maggies dis mooi belowe.
Ek het ook al een keer so rondgekyk op die strand...vergeet nie weer my sonbrille by die huis nie

Sent from my SM-A325F using Tapatalk

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Skietstoel
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Skietstoel »

Manne, ek kan mos nie juis oor spoed kla nie as my 243 klaar 3270’/s draf met 85-87g punte nie, ook nie baie kla as my 30-06 by 2850’/s draf met 168 greiners nie. Wat ek wel oor bekommerd is is die vorming van doughnuts by my 243.
Dat die AI sexy lyk is waar ja! Kosmetiese operasies kan nogal duur raak en ja dit sal seker lekker wees om iets unieks te he.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Wouter Roets »

swc-tr wrote: Thu Jun 09, 2022 9:20 am Dankie Wouter, jy bevestig my vermoede.
Hallo Schalk

Wil jy my nie n guns doen en so bietjie gaan loer op Nosler se herlaai data blad nie? Dan kyk jy daar spesifiek na die data tussen die 280 Rem en 280 Rem Ackley. Sal bitter graag jou gedagtes daaroor wil hoor aangesien dit van die min getoetste data beskikbaar is. Hierdie is n rondte wat baie in die klas van die 30-06 moet wees as ons praat in terme van spoedverbetering.
Ds J wrote: Thu Jun 09, 2022 10:31 am
Wouter Roets wrote: Wed Jun 08, 2022 12:44 pm
Ds J wrote: Wed May 18, 2022 10:10 pm Soos ek van die ervare manne verstaan het: jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.

Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.

In terme van die doppies is dit blykbaar n handige wins omdat hulle maklike werk en minder probleme veroorsaak. Vir die 243 sal ek dit oorweeg, maar nie vir die 30-06 nie.
Hallo Jaap

Mag ek vra waar jy al hierdie informasie oor Ackley's gekry het? Verder hoekom beveel jy nie aan om die 30-06 te Ackley nie?

Groetnis
Wouter
Goeiemôre Wouter,

Skuus vir die laat antwoord. So tussendeur moet ek werk ook ;)

Ek het my kennis soos volg ingewin:
jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.
Dit het ek hier op die forum gelees.
Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.
Hierdie het ek van n forum in die VSA, waar die skrywer volgens sy eie opgawe die saak prakties ondersoek het. As ek reg onthou het hy ook die data gegee om sy stelling te staaf. Hy het daar genoem dat die meeste kalibers 5-8% verbetering in spoed toon (ek is dalk met enkele persente uit, maar nie veel nie), en het verder gesê dat dit makliker is om n nuwe geweer in n vinniger kaliber te koop as om al die moeite te doen om n kamer te laat sny. Hierdie laaste argument geld uiteraard vir die VSA, en nie by ons nie.

- - - - - - - - - - -
Nou hierdie het alles te doen oor spoed, maar soos ek al hoeveel keer gese het Ackley gaan nie net oor spoed nie maar veel eerder oor die ander voordele. Dit was tog deels die ontstaan van die draad waar n man sukkel met doughnuts.
Hier het jy n baie groot punt beet, en dit sal ek heelhartig ondersteun. Onthou asb dat ek oor die algemeen die gemiddelde biltongjagter en geweereienaar in gedagte hou. Vir die meeste mense is dit nie die moeite werd om n bakkie te chip, n geweer te Ackley, of n verbeterde visier op n handwapen te sit nie. Dit verg oor die algemeen kundigheid en ervaring om werklik die verskil te waardeer. Die geld wat dit kos om die verbeterings te doen kan waarskynlik sinvoller aangewend word as die skut ammunisie koop of laai, en n bietjie meer daarmee gaan oefen.

Sodra n skut meer ervaring het en ernstig is oor die skietsport sal ek graag die voorstel ondersteun om n geweer te Ackley. Ek het egter al te veel keer in die lewe gesien en beleef dat mense onnodig geld uitgee op sake wat op die ou end net die ego streel, en nie werklik n noemenswaardige verskil maak nie.
Hallo Jaap

Dankie vir die terugvoer. Jy bevestig my vermoede. ;D

Groetnis
Wouter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Ackley of nie?

Post by tripodmvr »

Een ding wat ek nog nie gesien het nie, is dat in baie gevalle die geweer beter akkuraatheid lewer omdat die kamers met meer sorg gesny word. Dit is nie nou meer 'n kamer wat een van duisende is wat gesny word in die normale vervaardigingsproses nie. Ek is glad nie spyt dat ek my Musgrave 243 so verander het nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Ackley of nie?

Post by swc-tr »

Wouter
Dankie, ek het gaan loer na die Nosler blad waarna jy verwys.
Ja, dit wys meer snelheid vir die AI, soos verwag en in ooreenstemming met interne ballistiek beginsels.

Wat egter nie duidelik uit hul data is nie, die volgende:
- wat is die maks druk waarteen beide kalibers getoets is?
- is dieselfde throat ontwerp/lengte gebruik?
- het beide die toetslope dieselfde aantal skote geskiet/loopleeftyd?

Ons moet pasop om aannames te maak, jy ken moes die betekenis van "assume?" 8)

In my beskeie opinie, is hierdie tipe vergelyking ideal geskik vir die interne ballistiese programme (QL of GRT) modulering om sinvolle onpartydig voorspelling te kry. My oorspronklike vraag was, met dieselfde throat ontwerp en teen dieselfde kamerdruk, met dieselfde looplengte en koeel, wat sou die snelheid voordeel vir die Ackley wees? Ek is deeglik bewus van die dopleeftyd/lengte vermerdering voordeel wat die Ackley ontwerp bied.

Doen asb die volgende oefening met QL of GRT:
Kies enige geskikte dryfmiddel (wat van RL22), dieselfde koeel (160gr?), teen dieselfde TPL (om dieselfde throat ontwerp/lengte voor te stel, gebruik SAAMI maks van 3.330") gelaai, en dieselfde looplengte teen dieselfde maks kamerdruk.
Vir die oefening, gebruik dopvolume van 70gr H2O vir die .280Rem, kyk asb wat is die voorspelde snelheid wat die program uitspoeg asb.
Verander nou slegs die dopvolume met 5% na 73.5gr vir die .280AI, vermeerder die ladingmassa tot dieselfde druk behaal word as voorheen, wat is die voorspelde snelheid?

Nou het ons appels met appels vergelyk.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Wouter Roets »

Schalk

Ek verstaan presies waarop jy sinspeel. Die rede vir my vraag en hierdie is n ding wat ek vir baie lank oor dink en dit is dat ek vermoed die Ackley ontwerp ballisties meer effektief is. In QL terme is die WF laer. Ek kon dit nog nooit staaf nie want ons het nie toegang tot drukkamers nie. Die rede hoekom ek jou verwys het na die Nosler handlyding is juis dat dit van die min plekke is waar ons relatief appels met appels kan vergelyk. Jy sal sien dat die 280 Rem se data ongelukkig met n 26 duim loop gedoen is en tog lewer die Ackley verbasende goeie snelheids toenames teenoor die voog, selfs met dieselfde poeier. Hulle sou sekerlik die standaard SAAMI kamer spesifikasies gebruik het, andersins skiet hulle hulself net in die voet.

Ek kry in die meeste van my Ackleys my "node" so rapsie vinniger(spoed) as wat QL voorspel so dit het my destyds op die lyn van hierdie denklyn gesit. Verder voel ek nie dit is regverdig om vergelykings te maak sonder dat jy na die optimale dryfmiddel vir n spesifieke rondte kyk nie. Dit is so goed ons wil die 300 WSM vergelyk met die 300 WM en ons wil dit doen met die poeier wat die beste werk in die WSM. Dit sal jou in die lewe nie die volle potensiaal van die groter rondte wys nie.

Groetnis
Wouter
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Ackley of nie?

Post by swc-tr »

Die rede vir al my "vrae" is om die nuwer, onervare lede beter toe te lig.
Daar word soveel BS op skietbane en in wapenwinkels vertel, dat baie mense daarvoor val en as die "waarheid" aanvaar word.
Kom ons los dit maar daar, daars niks fout met die Ackleys nie, hulle bied heelwat voordele vir die kundige entoesias.
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Blink Stefaans »

Wouter Roets wrote:Schalk

Ek verstaan presies waarop jy sinspeel. Die rede vir my vraag en hierdie is n ding wat ek vir baie lank oor dink en dit is dat ek vermoed die Ackley ontwerp ballisties meer effektief is. Ek kon dit nog nooit staaf nie want ons het nie toegang tot drukkamers nie. Die rede hoekom ek jou verwys het na die Nosler handlyding is juis dat dit van die min plekke is waar ons relatief appels met appels kan vergelyk. Jy sal sien dat die 280 Rem se data ongelukkig met n 26 duim loop gedoen is en tog lewer die Ackley verbasende goeie snelheids toenames teenoor die voog. Hulle sou die standaard SAAMI spesifikasies gebruik het andersins skiet hulle net in die voet.

Ek het kry in die meeste van my Ackleys my "node" so rapsie vinniger as wat QL voorspel so dit het my destyds op die lyn van denke gesit. Verder voel ek nie dit is regverdig om vergelykings te maak sonder dat jy na die optimale dryfmiddel vir n spesifieke rondte kyk nie. Dit is so goed ons wil die 300 WSM vergelyk met die 300 WM en ons wil dit doen met die poeier wat die beste werk in die WSM. Dit sal jou in die lewe nie die volle potensiaal van die groter rondte wys nie.

Groetnis
Wouter
Wouter. Net n vinnige vraag.
Met dieslefde kruit lading as die std 223Rem kry ek heelwat meer spoed. Op Ql moet ek die BRF n mal hoeveelheid aanpas om by die gemete spoed uit te kom. Glad nie in die lande gelaai nie.
Stywe loop????

Sent from my SM-A325F using Tapatalk

Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Wouter Roets »

Stefan

As jy meer spoed kry met presies dieselfde lading in die Ackley kamer kry dui dit daarop dat jy erens hoer druk genereer. Of dit in die kamer self is waar jou nekwande dalk hoer druk lewer of jou loop se toleransies self is n ope vraag. Feit bly staan iets is 10 teen 1 stywer as wat dit moet wees.

Schalk ek verstaan waar jy vandaan kom en my skrywes help hopelik met baie van die mense se vrae. Dit is vir my persoonlik nog altyd belangrik om raad te gee gebasseer op eerstehanse ervaring en nie gebasseer op iets wat ek iewers gelees of gehoor het nie. Verder geniet ek dit ontsaglik om te dink oor goed en natuurlik daaroor te praat en te redeneer, maar helaas meestal voel dit of ek maar net praat met myself.

Groetnis
Wouter
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Ackley of nie?

Post by swc-tr »

Wouter
Nog 'n rede vir die verskil in Nosler se herlaai data is die SAAMI maks toegelate druk specs.
280 Rem - 60,000psi
280 AI - 65,000psi
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Muishonde
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sun Aug 19, 2018 9:53 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Muishonde »

Naand se.
Wouter
Ek oorweeg n 22-250 ...nou my vraag, is dit die moeite werd om hom van nuut af, voor mens hom skiet telaat Ackley ?
Se ons praat van n Howa 1/12 twist om n 55gr v-max n bietjie vinniger teskiet. (Vir n platter trajek op gonge en makoue)
Om doppe nie so baie terug tesny nie.
Wat gaan dit kos as se Isak H hom gaan doen ?
Ek moet besluit voor ek die's koop, of wag mens tot nuwe loop ?
Groete Muishond
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Ackley of nie?

Post by Armand Steenkamp »

Muishonde wrote: Tue Jun 28, 2022 8:52 pm Naand se.
Wouter
Ek oorweeg n 22-250 ...nou my vraag, is dit die moeite werd om hom van nuut af, voor mens hom skiet telaat Ackley ?
Se ons praat van n Howa 1/12 twist om n 55gr v-max n bietjie vinniger teskiet. (Vir n platter trajek op gonge en makoue)
Om doppe nie so baie terug tesny nie.
Wat gaan dit kos as se Isak H hom gaan doen ?
Ek moet besluit voor ek die's koop, of wag mens tot nuwe loop ?
Groete Muishond
Muishond, ek het presies gedoen wat jy nou beoog. Ek het net die 22duim dunloop gevat en dadelik geackley. Ek reken dit was n fout.. As jy die 24duim dukloop gaan vat dan sal ek se laat sny hom.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Wouter Roets »

Muishonde

Soos jy seker al agter gekom het is ek die verkeerde mens om te vra. Ek sal nie twee keer dink nie, maar dit is seker te verstane en ek besef terdee dat die kool nie vir almal die sous werd is nie. Gaan sit mooi en dink hoekom jy dit oorweeg. Jy behoort op die staduim redelik die voor en nadele te ken en indien jy onseker is oor iets is jy meer as welkom om my te PM. Met die kostes kan ek jou nie help nie aangesien ek dit bitter lanklaas gedoen het. Meskien het iemand hier n idiee.

Armand ek weet nie hoekom jy se dit was n fout nie, maar een van die voordele en dit is een wat ek nogal baie by baat gevind het is juis om met n korter geweer te sit wat of dieselfde snelheid as n standaard of hoer gee.

Groetnis
Wouter
Muishonde
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sun Aug 19, 2018 9:53 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Muishonde »

Dagse.
Wouter nee ek dink jy is die regte man om tevra...as jy se n nuwe Howa se loop is goed genoeg om van die begin af te AI...dan is dit die regte pad om teloop op n 22-250.

Mooi dag
Muishonde
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Sun Aug 19, 2018 9:53 pm

Re: Ackley of nie?

Post by Muishonde »

Armand.
Skiet hy nie soos hy moet nie, of het jy meer spoed verwag ?
+- wat het dit jou gekos ?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3527
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Ackley of nie?

Post by Armand Steenkamp »

Muishonde wrote: Mon Jul 04, 2022 10:53 am Armand.
Skiet hy nie soos hy moet nie, of het jy meer spoed verwag ?
+- wat het dit jou gekos ?
Nee hy skiet nie. Of nie konstand nie. Eendag onder n duim 2uure later die blad vol met die selle lading. Dit kan mos nou baie goed wees, ek se nie dit was die Ackley omskakeling nie.. Maar jy weet mos hoe n man se kop is. Ek het hom nooit standaard geskiet nie so ek het eintlik geen idee hoe hy sou skiet standaard nie.
Omskakeling my so 2k gekos
Post Reply