2022 seisoen hoogtepunte

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Dagsê. Ongelukkig is die jagseisoen vir my ook nou verby, ek deel graag 'n paar hoogtepunte. Meeste wild het ek as beroepsjagter opgetree vir trofeejagters, maar het darem self ook 'n paar mooi bokke geskiet en 'n paar lekker groepe biltongjagters ook gehad.


Ongelukkig gooi Tapatalk bietjie my foto kwaliteit af.

Dankie vir almal wat deel was van die seisoen. Ook aan die liewe Heer wat die pad saam met ons stap en Sy hand oor ons hou.


Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Elande:

Ek was bevoorreg om die seisoen paaie te kruis met 'n paar besonderse eland bulle. Ek heg die mooistes aan. Op 39 duim was die een bul ook die langste wat ek nog gemeet het persoonlik. ImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Varke:

Ek het baie min vark gejag die jaar, maar hier volg 'n paar hoogtepunte. Ek kon gister middag darem 'n stoet beer skiet vir eie gebruik. Bietjie salami, kaaswors en russians vir vrieskas! ImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Buffels:

Die is my eerste seisoen met 'n gevaarlike wild lisensie en ek kon 'n paar pragtige buffel bul jagte begelei die seisoen. ImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Wildebeeste:

Ons het lekker baie van hulle gejag die jaar, biltong sowel as trofee. Die grootste bul het 31 duim gemeet, ongelukkig lyk die horings nie ewe lank op die foto nie. In werklikheid was hulle mooi simmetries. ImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Rooibokke:

Soos gewoonlik het ons baie van hulle gejag die jaar. Ek wou graag bietjie ooi getalle afhaal, maar die jagters het ongelukkig bietjie gesukkel en ek sou sê die rooibokke het die jaar se rondte gewen. Die wat ons omgedop het, het wel pragtige karkasse gehad. Ramme was nou weer heelwat makliker om om te laat bakkie ry.
ImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Benoude boude:

Vanoggend het ek op 'n pofadder se stert getrap. Dat hy my nie gepik het nie is net genade!

'n Wildebees het my amper onderstebo gehardloop. Gelukkig het die glock se skote hul merk getref.

Een vlakvark beer was ook sterk oppad om my van my voete af te stamp, maar 'n kopskoot uit die 243 het hom kalmeer.

Daar het ook 'n swart mamba by my bakkie se venster ingepeul, maar ek was te besig om my onderbroek skoon te probeer hou om fotos te neem! ImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Carlc »

Mensig maar daai eland bulle is darem maar mooi. Ek sal glad nie omgee om so n trofee teen my muur te hang. Baie geluk met al die wild gejag Eduard. Dis voorwaar prima trofees daai.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Verskeidenheid spesies:

Hier is sommer so paar mooi bokke bo en behalwe dit wat ek reeds geplaas het. ImageImageImageImageImageImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2589
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by JohanvB »

Pragtig!!

Wat slag daai Rooibok ramme gemiddeld uit??
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Die wat ons geweeg het was almal so 30-38kg. Ons het ongelukkig niks van daai 40+kg monsters die jaar geskiet nie.

Daai karkas foto is wel 'n ooi. Ek dink sy was 'n rapsie oor die 30kg as ek reg onthou.


User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by ruaanb »

Hoe klim daai Swart gevaar so by n ruit in ?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by ruaanb »

Daai eland bulle is diep mooi.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Lategan1 »

Baie mooi en geluk Eduard.

Dankie vir deel.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2149
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Koos Barnard »

Mooi bokke en mooi foto's Eduard!!
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Pappabeer »

Baie geluk met n uitstekende seisoen Eduard
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Frederik »

Mooi seisoen ek hoop die slange plae minder volgende seisoen.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by DWB »

Baie Mooi Eduard!!!! Welgedaan!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Geno »

Netjies Eduard! Mooi bokke!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Eduard Venter »

Dankie julle
ruaanb wrote:Hoe klim daai Swart gevaar so by n ruit in ?
Hoe presies hy ingekom het is ek nie seker nie. Ek het baie stadig gery (idle 2de) en op my foon getik. Toe my oog iets vang wat by die venster inkom. Ek het omtrent 'n oorval gekry. Ek wonder of ek nie oor sy stert gery het dat hy omgeswaai het nie. Hy was darem net deels in die bakkie en ook net vir 'n oomblik.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13509
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by Capt. Yoda »

Is n diep mooi Rooibok op daai eertse foto
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by ruaanb »

Eduard Venter wrote:Dankie julle
ruaanb wrote:Hoe klim daai Swart gevaar so by n ruit in ?
Hoe presies hy ingekom het is ek nie seker nie. Ek het baie stadig gery (idle 2de) en op my foon getik. Toe my oog iets vang wat by die venster inkom. Ek het omtrent 'n oorval gekry. Ek wonder of ek nie oor sy stert gery het dat hy omgeswaai het nie. Hy was darem net deels in die bakkie en ook net vir 'n oomblik.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Joh joh daai tyd moet central locking nie aan wees nie…bly jy darem ongeskonde!
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by saswart »

Netjies Eduard, daar is 'n hele klomp mooi diere daar!
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by partner »

Pragtig. Dankies vir die deel.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1985
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: 2022 seisoen hoogtepunte

Post by sako 30-06 »

Eduard, julle het n paar droom trofees geskiet.

Daai vlakkie met die comb over bly my gunsteling ;D
Post Reply