Lisensies

Post Reply
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: Lisensies

Post by james 303 »

Gister my kaart opgetel. Vir my 303 hulle sit met pakke en pakke kaarte gister was die polisie stasie druk vol van mense wat kaarte kom optel byt vas ouens hulle is opad
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Lisensies

Post by Christo Els »

Ek het vanoggend besluit om oorlog te maak tot ek my 303 kry

Ek het in 2009 jul aansoek gedoen vir 'n 303 wat ek present gekry het die een was gebruik om bisley mee te skiet.

'n Maand later gaan die eiennaar en gee hom in vir vrywillige vernittiging.
Ek het dit nie geweet nie en het dit hier die jaar eers uitgevind.
Wel my lisensie is goedgekeur en volgens my DFO is hy alreeds verniettig.

Van oggend het ek besluit dat ek nie sal loop uit die plek voordat ek nie die geweer het nie of dat hulle vir my 'n
ander een gee nie. Na 2 ure se soek in registers en alles ( ek bly staan en wag vir my wapen) het hulle die wapen gekry.
Hy is geskeduleer om vrydag na Bloemfontein te gegaan het vir verniettiging.
Ek dank die DFO vir stadige werk aksie indien geval.
Wel hy is darem nou in veillige bewaaring.

Ek wag nou net vir die kaartjie om hom te gaan haal
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Lisensies

Post by Pvdw »

Christo jy sny dit fyn  ;D ;D ;D. Bly vir jou part dinge het so uit gewerk.

Peet
Work to live, don"t live to work
300Winmag

Re: Lisensies

Post by 300Winmag »

Armand Steenkamp wrote: Nee wat nous ek gatvol!!! Ek wag nou al amper 4 dae!! En nog niks ;) ;)
Hahaha ai ek weet nie hoe ek die tyd om gan kry nie!!

Groetnis
Hiehie !! Ek het nogal die selfde gedink - gewonder wat sal hulle se as ek hulle die dag na ek die aanskoek ingegee
het gebel het om te hoor of hulle hom al verwerk het!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Lisensies

Post by JPS »

Het 'n. Fotokopie van my 25-06 aansoek Maandag oggend weer gaan aflewer by CFR. Het paar manne al laat soek vir daai aansoek wat ek ook persoonlik daar gaan aflewer het. Was binne 20 dae vanaf "capture" in Kempton park by oorweging. Maar le nou al 2 maande en 4 dae daar. Kol. Mashabana het toe ingestem dat ek die kopie van die aansoek kon bring. Sal baie bly wees as hy die aansoek sommer die week nog afhandel!!!!!!

Groete
JP
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Lisensies

Post by Christo Els »

ja nee Pvdw op my bas velle soos my sal s
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
300Winmag

Re: Lisensies

Post by 300Winmag »

Het nou net gebel - mens weet mos nooit  ;D

Wel die hulpvaardige man het ges? hy is in die proses en sal teen die begin
September afgehandel te wees, klink omtrent te goed om waar te
wees - maar ek sal dit so vat !!  8)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Lisensies

Post by DWB »

;DSal dit 'n skande wees om 2 keer in een dag te bel?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Lisensies

Post by Christo Els »

Nee wat ek bel soms 3 keer en al drie keer gee hulle 'n ander antwoord.

My sieninge is hoe meer jy met hulle praat en hulle op hulle fout of stadigheid wys het hulle nogal 'n manier om dinge vinniger te doen
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Lisensies

Post by DWB »

Gisteroggend reken die een ou my nog 2 weke en gisteraand reken die ander ou my nog 2 maande  :o

Eish, manne, my gat jeuk.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Lisensies

Post by baboonstalker »

Sal dit 'n skande wees om 2 keer in een dag te bel?
Nee glad nie, Ek bel sommer 23:00 of later in die aand net voor ek gaan slaap. Hulle is 24 uur op diens en help jou dan sommer vinnig.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Lisensies

Post by JPS »

Eish Boys, met Eish se ek vir julle, my lisensie vir die .25-06 is vandag goedgekeur ;D ;D ;D ;D ;D

Presies 3 maande en twee keer aansoek self by CFR afgelaai. Hel maar ek is redelik gelukkig met die.

Groete
JP
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Lisensies

Post by Flip Fouche »

Manne

Volgens RSG nuus vroeg oggend is daar baie lisensies wat by polisie stasies is.

Kyk of joune nie daar is nie!!

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Lisensies

Post by JPS »

Oom Flip,
Dis nou so erg hier in Kempton Park hulle ry nou al en laai dit af by die manne se huise. Kan nie verstaan daar is ouens wat nie hulle lisensies gaan haal by SAPS nie  ???
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Lisensies

Post by Armand Steenkamp »

Kans is goed dat hulle nie gelaat weet was dat hulle liksense goed gekeur is nie.
Hier by ons was dit die geval

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Lisensies

Post by Heinds »

Nee wat manne, as ek so na julle stories luister dan raak ek sommer huilerig.

Ek het in Feb 2011 aansoek gedoen vir my 2506 isensie en competancy.

6 Maande later en die competancy is nog nie goedgekeur nie, status: Completed at CRC on 10 May 2011 waiting for feedback (results).

Ek het nou al in totaal 8H45minute vanaf Mei maand spandeer op die foon na die manne toe volgens my oproep register.

Het al fakse gestuur, eposse. Hulle doen nie eers die moeite om terug te bel of 'n epossie te stuur nie.

Die week het 'n kaptein Du Toit vir my gese dit lyk of hulle nooit die goed aan my aansoek geheg het na dit teruggekom het nie en nou is dit soek.

Ek het vir hulle gese ek vlieg persoonlik op vanaf kaapstad as dit nie teen die einde van die maand beweeg het nie. Dink julle dit sal werk of sal ek my tyd mors?

Enige behulpsame kontakte wat 'n verskil gaan maak sal wardeer word. Ek is raadop.

Groete
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Lisensies

Post by FE »

Hein,

Ek sal jou bietjie moed gee, sodra jou bevoegdheid goedgekeer is gaan dit bietjie vinniger. Ek Januarie aansoek gedoen vir twee gewere, moet by s? dit is die tweede ronte. Het in April gehoor lisensie is goed gekeur. Byt maar net vas.

FE
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Lisensies

Post by Heinds »

FE, dankie vir die bemoediging.

CFR het vanoggend die nuus aan my gebreek (na 6 maande se wag) dat hulle my vingerafdruk verslag van CRC verloor het en dat ek nou by my polisie stasie moet gaan vra dat hule 'n duplikaat deurstuur met 2 stelle nuwe vinger afdrukke.

So dit beteken alles begin nou weer van voor af!

Ek is die MOER in om die minste te se...  >:(
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Lisensies

Post by DWB »

Eish, alle simpatie met jou.....
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: Lisensies

Post by Christo Els »

Sterkte Mater
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Lisensies

Post by FE »

Hein,

Jy dit probeer hier is die sentrale vuurwapen eenheid in Pta se nommer 012 353 6111. Hulle het toe ek begin bel het redelik vinnig geantwoord, so ek hoop dit is nog so. Daardie mense was redelik behulp saam tot 'n punt, die moeilikheid kom as hulle jou deur skakel na van die grootter mense toe. En as jou vrae moeilker word, soos hoekom en wanneer!! As daardie regte persoon antwoord gaan dit goed, maar hulle antwoord nie altyd nie. Laat weet as jy nie reg kom nie, ek het nog 'n paar ander nommer wat jy ook kan probeer.

Sterkte
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Lisensies

Post by Heinds »

Dagse Menere

Nuus ontvang dat my bevoegtheid UITEINDELIK goedgekeur is.

So nou is ons oor die eerste drimpel, het enige iemand 'n idee hoe die stelsels daar by CFR werk en hoe hulle weet om te begin werk aan jou lisensie?

Ek verstaan dat hulle eers begin werk aan dit sodra jou bevoegtheid goedgekeur is, hoe weet hulle die status het verander?

Enigeen met ondervinding?

Groete
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Lisensies

Post by Rooies »

Hein

Ek weet nie so mooi van daai een af nie, want my bevoegdheid is al in Junie goedgekeur en vandag die brief in die pos gekry wat s? my lisensie is afgekeur weens die feit dat ek nie bevoegheid het nie en die datum op die lisensie aansoek is 3 september, so lyk my hulle weet self nie hoe hulle moet maak nie >:(

reds
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Lisensies

Post by Beretta »

Rooies
Ek het dieselfde probleem gehad vir blou bloed die kaarte gefax.Long en short van die storie Martin Hood baie geld later maar ek het appel gewen.Hulle se as die brief gepos is kan hulle niks doen nie.Want hulle wil niks doen nie.
Beretta
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Lisensies

Post by Christo »

Wens my sterkte toe, more gee ek daai 22-250 se aansoek in met 38 bladsy motivering. Ek's nou bang daai DFO  :police:  raak aan die slaap van al die tegniese info  :o .
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply